Anelle stop voor die skool. Sy klim uit haar kar, sluit en loop in die skooljaard in. Sy loop in by die voorportaal en gaan na die ontvangsdame wat dadelik toe opkyk na haar.
"Kan ek help?" Glimlag die dame ewe vriendelik.
"Ja, ek wil Leendra Erasmus se boeke geld kom betaal." Antwoord Anelle met n glimlag en klou vas aan haar handsak. Haar aandag wprd getrek deur Andre wat langs haar kom staan en haar rofweg kyk. Hy kyk weer voor hom en toe weer dadelik na haar wat voor haar kyk na die dame wat haar aandag benodig het.
"Leendra Erasmus? Dit word by die finansiele kantoor gedoen." Reageer die ontvangsdame en staan op. "Ek sal mevrou nou..."
"Mejuffrou." Korrek Anelle haar met n giggel en kry haar dadelikke aandag terug. "Ek is nie getroud nie."
"Ag askies." Lag die ontvangsdame en kyk na Andre. "Meneer Erasmus, waarmee kan ek help?"
"Ek moet die nuwe klaslys kom kry." Reageer hy en kyk langs hom na Anelle wat terselfde tyd ook na hom kyk. "Is u familie van Leendra Erasmus?"
"Ja, ek is haar ma." Glimlag Anelle trots en kyk na die klaslys wat die ontvangsdame voorentoe skyf na meneer Erasmus.
"Dankie." Dank hy die ontvangsdame en neem die lys. "Ek sal sommer vir mejuffrou Erasmus wys waar die finansiele kantoor is."
"Dankie meneer Erasmus." Dank sy.
Andre wys vir Anelle om eerste te stap en natuurlik, volg hy haar en wys haar waar om te gaan. Hulle is nie ongemaklik omdat hulle vreemdelinge is nie. Hulle is net stil reeds omdat hulle nuut is aan mekaar.
"So, Mejuffrou?" Besluit hy om n gesprek te bou en die vreemde atmosfeer te vernietig.
"Ja. Leendra het nie n pa nie." Reageer sy daarop en kyk na hom wat haar n vreemde kyk gee. Sy gee n harde sug en besluit om maar oop te kom. Waaroor moet sy dan nou skaam wees? Of moet sy liewer stil bly vir haar dogter se onthawe. "Haar pa is afwesig wat beteken dat hy nie deel is van haar lewe nie. Dis as hy ooit nog lewe."
"Hoe so?" Vra Andre uit naskurigheid net om die gesprek lewendig te hou. "Weet hy ooit van Leendra?"
"Nee en Leendra weet ook nie van hom nie." Reageer Anelle eerlik en stop voor die finansiele kantoor saam met hom wat na haar draai. "So is meneer n onderwyser?"
"Ja ek gee vir Leendra Drama, Afrikaans en L.O." Beantwoord hy haar vraag en sit n glimlag op sy lippe. "En wat doen jy vir n lewe?"
"Ek is n prokureer." Antwoord sy en glimlag terug op haar gemaklikste. "Ek werk met sake en al daardie dingetjies."
"Dis interesant." Knik hy beindruk en hou sy hand uit na haar. "Ek is Andre."
"Anelle." Sy skud sy hand en gee n simpel giggel. "Help seker nie ons gee ons vanne nie."
"Glad nie." Stem hy saam en kyk saam met haar af na hulle hande. Hulle laat gaan en groet mekaar met n kyk. Hy sien hoe sy draai na die finansiele kantoor om haar dingetjies te doen.Andre hardloop soos n verlore straat hondjie agter Leendra aan wat oppad uit was.
"Leendra."
Sy stop en kyk na Andre wat ook stop en wag tot die res van die leerders uit die klas uit is. Sy kyk weer op na hom wat haar n glimlag gee.
"Ek het jou ma vandag ontmoet." Begin hy die gesprek wat haar bietjie agterdogtig maak. Enige dogter sal agterdogtig raak as haar enkel moeder iemand anders ontmoet het wat vir haar bedoel kan wees. "Sy lyk nie soos jy nie."
"Ja ek weet. Sy lyk baie mooier." Rol Leendra haar oe laggend.
"Nee man. Wat ek probeer se is dat ons vreeslik lekker gesels het en...sien sy dalk iemand op hierdie oomblik?" Wil hy weet. Net weet? Hmmm... Sy gee hom n snaakse kyk en twyfel of sy hom die waarheid moet se of lieg vir ingeval haar ma dit dalk so sou wou verkies.
"Nee." Kies sy om die waarheid te vertel. Hy lyk bietjie verlig na daardie antwoord en verander van kleur in sy gesig na bloedrooi.
"Sy is goeie mens." Voeg hy by en vryf sy hand oor sy gesig.
"Ja?" Giggel Leendra spos n stoute skooldogtertjie. "Ek hou maar vir meneer duim vas dat sy ook so sal voel. Sy le nie juis meer haar hart neer op mans nie. As sy haar hart op meneer kan neerle, sal dit my eintlik verbaas."
Hy gee n growe lag en knik maarnet sy hoof. Met n wonderende glimlag kyk Leendra af vloer toe en weer op na Andre wat dit nie kan help om te wonder oor die dame wat hy vandag vroeer ontmoet het nie. Wat van as hy, wat ook nie gelukkig is met die liefdes lewe nie, n kans staan met haar? Of is hulle albei te badluck om gelukkig te wees?
YOU ARE READING
Ware Liefde (Afrikaans)
RomanceLeendra en haar Ma, Anelle het nuut ingetrek in die dorp en raak vinnig tuis. Leendra se doelwit is om raak gesien te word maar voel skaam omdat haar pa nie teenwoordig in haar lewe is nie...