Anelle loop rond in die winkel met n mantjie. Sy sug diep. Dis duidelik dat sy ongemaklik voel om alleen inkoppies te doen...
"Anelle?"
Sy kyk geskok op toe sy die ou stemme hoor. Sy draai om en kyk in haar ouers vas. Sy probeer n glimlag namaak maar dis te onmoontlik.
"Nou dis mos n verrassing." Glimlag haar ma, Brenda vir haar. "Ek het nie gedink ons gaan jou hier kry nie."Andre loop al langs die rakke en stop toe hy die gesprek hoor. Hy kyk deur die rakke en sien vir Anelle met die twee ou mense.
"Hoekom nie?" Vra Anelle bietjie ongelukkig.
"Na alles wat jy deur was." Reageer Brenda en kyk na Anelle se pa, Braam. "Verras dit jou nie ook nie?"
"Dit doen eintlik." Reageer hy en kyk terug na sy dogter.
"Hoekom? Omrede julle my sien as n tweehandse slet?" Vra sy hulle woedend. Andre gee die mense n kwaai kyk voordat hy om stap na haar. "Ek het my voute, maar wat ek nou het sal ek nie vir enige iets wil inruil nie."
Haar aandag word getrek deur Andre wat langs haar kom staan en aan haar skouer vat. Sy kyk na hom en net so onverwags gee hy haar n soen op die mond.
"Hallo pragtig." Groet hy haar wat geskok na hom kyk. "Leentjies het gebel en gevra oor ons planne vir die vakansie. Ek het niks vir haar gese van die verrassing nie. En ek..."
Hy kyk na die twee gesigte wat verbaas na hulle staar. Anelle kyk ook na die twee ou mense en gee n glimlag.
"Ek is jammer, ek is Anelle se man. Leentjies is ons dogter Leendra. Sy raak maar groot jong." Glimlag hy en gooi sy arm om Anelle se skouer. "Ek is Andre."
Brenda kyk van Andre af met n wrakende glimlag na Anelle.
"Is hy ooit die kind se pa?"
"Ja." Antwoord Anelle en hou haar arms styf om sy lyf. "Hy is."
"Hoe seker is jy daarvan?" Wil Braam weet. Anelle kyk spraakloos op na Andre wat haar n smaakvolle glimlag gee.
"O ons is doodseker." Antwoord Andre met n lag en kyk na hulle. "Na sy my deur die moeilikste tye gehelp het, het ek besef dat ek verlief is op haar. Omrede dit eintlik net werk was, moes sy haar pad kies. Toe ek myself kom kry, klop sy aan my deur net na jul haar weggejag het en erken dat sy my kind verwag. Ek kon nie vir beter vra nie."
Anelle gee hom n dankie glimlag en raak aan sy wang.
"Ek sien nie enige trou ring nie." Kry Brenda hulle aandag terug.
"Dit het weggeraak. Of altens ek het dit weggebere sodat sy moes dink dis gesteel. Ek het vir haar n nuwe een van oorsee bestel. Ek wou haar eers nie se nie toe vang sy my uit." Lag Andre en kyk na Anelle wat ook na hom kyk. Hy raak saggies aan haar wang en gee haar n soen. Hy bly daar langer as wat hy wou. Omrede dit so liefdevol is? Of omdat dit so soet is? Niemand sal weet nie.
Die twee kyk weer terug na die twee ou mense. Anelle is bloedrooi gebloos in haar gesig. Sy gee n giggel en kyk op na Andre.
"Andre, dis my ouers." Glimlag sy en kyk weer voor haar. "Die is Andre, my man."
"Gelukkigste man." Korrek hy haar. "Julle moet een of ander tyd kom draai maak."
"Ja." Stem Anelle saam met n knik en kyk op na Andre. "Dan kan julle vir Leendra ontmoet."
"So ek het nog nie gevra nie, hoe het die hofsaak gegaan?" Vra hy en kyk na haar.
"Heel oukei. Ons het haar onder ons kloue. Dinsdag gaan ons uitvind wat van haar gaan word." Glimlag Anelle en kyk terug na haar ouers. "So ons sien julle dan gou weer?"
Sy staan weg van Andre af om in haar handsak te kom. Sy haal n kaartjie uit en gee dit oor aan haar ma.
"My nommer, adres en e-pos is daarop. Ek het genoeg slaapplek en julle is enige tyd welkom." Glimlag Anelle gee n giggel toe Andre haar van agter vas hou. Sy kyk na hom en weer na haar ouers wat na mekaar kyk toe weer na haar. "Ek wil nie n beter persoon wees deur geld nie. Ek wil n beter persoon emosioneel wees. Julle het my weggejag, maar ek verwelkom julle terug. Dalk is dit tyd dat julle dieselfde doen."
Anelle kyk af grond toe voordat sy omdraai en begin weg stap met Andre wat langs haar loop soos regte verliefdes.
"Dankie." Dank sy saggies en kyk na hom.
"Vir? Jy dra tog my van." Lag hy en raak tergerig aan haar boud. Sy skrik met n giggel en gooi haar arm om sy lyf. Hy sit sy hand in haar agterste broeksak om dit op haar boude te rus.
YOU ARE READING
Ware Liefde (Afrikaans)
RomanceLeendra en haar Ma, Anelle het nuut ingetrek in die dorp en raak vinnig tuis. Leendra se doelwit is om raak gesien te word maar voel skaam omdat haar pa nie teenwoordig in haar lewe is nie...