"My male kom oor!" Roep Anelle uit en hardloop by die trappe af na Andre wat daar staan en op kyk na haar. "Hulle oornag hierso vanaand. Hulle ry more oggend vroeg terug!"
"Wat beteken ek gaan hierso moet slaap?" Vra hy en staan op.
"Ja." Antwoord sy en stop voor hom. "Net as jy wil."
"Ek wil." Antwoord hy dadelik.
"Andre..." keer sy hom net toe hy wou uit gaan. Hy kyk na haar wat bietjie ongelukkig lyk. "Wat gaan presies aan tessun ons twee?"
"Ons is vriende wat uit kyk vir mekaar." Antwoord hy. Hy gaan staan voor haar en raak saggies aan haar wang. "Om eerlik te wees, hou ek vreeslik baie van jou Anelle. Maar ek is net bang dat dinge nie tessun ons gaan uit werk nie. Ons kan maak asof ons getroud is en daarna besluit wat ons wil he."
Sy knik haar kop en gee n klein glimlag.
"Dankie." Dank sy.
"Jy is welkom." Glimlag hy en gee haar n soen op die voorkop. "Ek gaan haal vir Leendra. Langs die pad sal ek haar al die detail gee."
"Reg so!" Roep Anelle uit en kyk hoe hy vinnig uit draf. Sy gee n harde sug en raak saggies aan haar lippe.Leendra hardloop in en stop geskok toe sy sien dat al die bokse al uitgepak is.
"Hallo Leentjies!" Groet Anelle en hardloop sukkelend in n lang rok van die trappe af na haar.
"Hallo mamma." Groet sy haar ma terug met n soen op die mond. "Dit gaan so weird wees om my onderwyser 'pa' te noem."
"En dit gaan weird wees as jy daaraan dink." Giggel Anelle en wys haar om solank op te gaan. Nadat haar deur klokkie gelui het, stap sy na dit en maak dit oop. Sy kyk in haar ouers vas wat daar staan en in die huis in kyk. "Welkom. Kom gerus in."
Die twee ou mense stap in en kyk rond in die vertrek. Anelle gee Andre n bloos toe hy vir haar oog knip.
"Ma..." Almal kyk na Leendra wat afgehardloop kom sonder om na hulle te kyk. Haar oe is vas geplak op n tydskrif. "Ek het hierdie tydskrif by Tasha gekry. Hier is..."
Sy kyk op na die vier gesigte en stop dadelik. Sy kyk na die twee ou mense, toe na haar ma.
"Leentjies, die is my ma en pa." Glimlag Anelle en gooi haar arm om Leendra se skouers. "Die is my dogter."
"Enige kerels?" Wil Brenda weet.
"Nee, en vir as julle gewonder het, ek is nog n virgin." Kap Leendra haar terug en kyk na haar ma. "Hulle adverteer n rock kompetisie. Ek wil deelneem mamma. Tasha het n garage vir haarself. Ons was daar binne en het n paar goedjies getry net so sonder oefening. Sy speel klavier, haar broer speel die tromme en ek speel die bass guitar."
"Wat?" Giggel Anelle verras. "Ek het nie geweet jy kan guitar speel nie."
"Wel, ek het mamma net nooit vertel nie. Ek sing ook." Glimlag sy helder en kyk Andre wat haar n groot glimlag gee. "Papa sal mos nie n probleem het nie, reg?"
"Glad nie." Glimlag Andre en gaan staan langs Anelle. "Ek sal jou later betaal as jy ja se."
Sy gee hom n skok kyk en voel sy asem op haar skouer.
"Oh please. Get a room!" Roep Leendra uit en loop yskas toe met n groot glimlag. Anelle kyk in sy oe en trek haar gesig terug met n wulpse glimlag op haar lippe. "So wat eet ons vir aandete?"
"Wildspastei." Reageer Anelle en kyk na Leendra wat haar n stoute glimlag gee.
YOU ARE READING
Ware Liefde (Afrikaans)
RomanceLeendra en haar Ma, Anelle het nuut ingetrek in die dorp en raak vinnig tuis. Leendra se doelwit is om raak gesien te word maar voel skaam omdat haar pa nie teenwoordig in haar lewe is nie...