Ware Liefde 05

29 2 0
                                    

Leendra loop onseker in die klas in saam met die res van die leerders. Sy kyk met n wonderende kyk na Andre wat een en elkeen wat verby hom gestap het te bestudeer om seker te maak almal is daar.
"More klas." Groet hy hulle en wys hulle om te sit. "Vandag gaan ons n gedig doen. Dis n roman."
"Het meneer dan iemand in die oog?" Vra Joané en byt aan haar wys vinger.
"Niemand behalwe nog n Erasmus nie." Antwoord hy eerlik en kyk na sy lesenaar voor hy weer op kyk.
"So meneer is getroud?" Blaf Joané in effense skok.
"Nou dis wat mens noem, naskurig." Verander hy die onderwerp en kyk na Leendra wat ook na hom kyk met daardie vraende uitdrukking op haar gesig. "Leentjies, kan ek jou na die priode sien in my klas? Wil hy desperaat weet met n reisende wembrou. "Dis oor die werk wat ons nou doen teenoor die werk wat jul gedoen het in die ander skool."
"Reg so MENEER Erasmus." Druk sy die woorde 'Meneer' uit. Almal gee haar n snaakse kyk voordat hulle weer kyk na die meneer. Vermoed hulle dan of hy n skelme affair het met een van sy leerders?

Almal stap uit die klas behalwe Joané wat wil seker maak oor haar feite. Sy pak ekstra stadig op en hou n klein oogie oor Leendra en Andre.
"Julle vlak by die ander skool was hoër as wat ons s'n is, reg? Ek het met mamma gepraat en sy het saam gestem dat ons jou gaan toelaat om n buitemuurse sport te doen soos model, tienertoneel of..." Vertel Andre en steek sy hande in sy sakke.
"Regtig?" Vra sy beïndruk en gee n groot glimlag. "Dan wonder ek pertykeer hoe jy en ma paaie gekruis het. Sy is n taai enietjie. Ek kan jou net so wel pa begin noem voor almal. Die liefde tessun julle twee blom net aan en aan."
"Ons het nie verniet dieselfde vanne nie." Lag Andre en groet Joané wat toe ook uit stap en hom groet met n snaakse kyk op haar gesig.
"Wat probeer meneer my ma bewys?" Vra Leendra en laat val haar hande soos n vyf ton hammer op sy lesenaar.
"Leendra..."
"Nee, my ma is meer werd as enige iets en dis tyd dat sy met n prys kom. Ek mag dalk nie pa ken nie as gevolg van haar verlede maar pertykeer verstaan ek hoekom sy so was. Mans raak vinnig verveeld. Sy is die pragtigste dame wat ek ken en as meneer regtig vir haar lief is, stop hierdie speletjies en wees eerlik met haar." Blaf Leendra op hom en gryp haar tas, gereed om uit te storm.
"Leendra wag." Kry Andre dit reg om haar te keer. Sy kyk terug na hom om na hom te luister. "Ek weet hoe dit voel om oor en oor en oor seer te kry. Dit is glad nie iets nuuts vir my nie. Ek het myself belowe om nooit weer verlief te raak nie maar toe ek jou ma sien staan by die voortportaal, was ek van my bootjie af geruk. Ek wou keer, maar toe ek na haar kyk en n gesprek met haar begin bou het, was dit te laat. Ek is oor die muur verlief op haar, al lyk dit of dit net te gou is. Ek sal haar kans gee vir so lank as wat sy nodig het, want ek gee om. En jou sê in dit maak saak."
"Dis net...is dit nie te gou nie?" Vra Leendra met n sagte kyk op haar gesiggie.
"Dit is. Dis hoekom ek nie al van die begin af moves maak nie." Beantwoord Andre eerlik en kyk na een van die onderwysers wat aan sy deur klop. Leendra sug hard voor sy haar voete ook uit die deur vind.

Ware Liefde (Afrikaans) Where stories live. Discover now