Anelle gryp haar tas oppad haatig en kyk na Andre wat langs Leendra staan.
"Baie dankie dat jy na Leendra sal kyk. Ek sou haar alleen gelos het maar vra haar wat laas gebeur het toe ek haar alleen gelos het. Plus, ons is nuut hierso en ek wil nie bekommerd wees oor my dogter nie." Dankie Anelle vir Andre.
"Geen probleem." Reageer Andre en som haar rofweg op. Sy dra n stywe rok met hak skoene. Netjies.
"Ek sien julle later." Anelle gee Leendra n drukkie en soen op die lippe voordat sy uit hardloop.
"Sterkte!" Roep Leendra uit en kyk na Andre met n glimlag op haar lippe toe sy besef hoe hy na Anelle kyk. "Ek ken daai kyk."
"Wat?" Andre kyk na Leendra wat haar oe rol en giggelend weg kyk.
Hy gee haar n vreemde kyk wat in sommer net so uit die bloute begin trane stort het.
"Leentjies." Hy trek haar na hom toe en gee haar n troos drukkie. Sy grawe haar gesig in sy bors in en gryp vas aan sy hemp. "Wat is vout?"
"Alles." Snik sy en kyk op na Andre met nat oe. Hulle laatgaan van mekaar af om mekaar se spasie te respekteer. "Ek wil nog altyd net weet hoe dit sou voel om te lewe met n man in die huis. Iemand om te vertrou. Iemand wat mamma gelukkig kan maak. Ek wou nog altyd net n papa he."
"Nou maak ek jou ongelukkig?"
"Nee glad nie." Antwoord sy dadelik. "Wat ek probeer sê is dat meneer en mamma het skaars ontmoet en julle kom al klaar so goed oor die weg."
"Leentjies, ek en jou ma is net vriende..." Probeer hy aan haar verduidelik.
"Maar die manier hoe meneer na haar kyk..."
"Dis n ander storie. Ek dink nie jou ma is gereed om in n verhouding in te tree nie. Jy is haar eerste prioriteit. Sy soek net wat die beste vir jou is." Troos Andre haar. Sy knik onseker en kyk af voor sy weer na hom kyk. "Plus, dis nog veels te vroeg vir my en jou ma om meer as vriende te wees."Anelle kom laat ingestap by die huis in en kry die kombuis afgeskeep. Sy gaan sitkamer toe en word omkant gevang met Leendra wat op die een bank le en slaap en Andre wat slaap op die ander bank. Sy gan na Andre toe en raak aan sy skouer.
"Andre." Fluister sy hom waker. Hy kyk eers verdwalend rond en toe na haar. "Ek is terug."
"Hoe laat is dit?" Vra hy en sit regop.
"Dis laat. Hoekom slaap jy nie maar vannaand hier nie?" Vra sy en staan saggies op. "Jy kan in die gastekamer slaap."
Sy buk oor na Leendra en raak ook aan haar skouer. Leendra skiet regop soos n meerkat en kyk met wye oe na haar ma.
"Dis bed-toe-gaan-tyd Leentjies." Fluister Anelle en gee haar n soen op die wang. "Kom."
"Nag meneer Erasmus." Groet Leendra en loop slaapend uit die sitkamer, na haar kamer op by die trappe.
"Jy moet ook bed toe gaan meneer Erasmus." Glimlag Anelle en loop na hom toe wat slaaperig opstaan en sy oe uitvryf.
"Hoe was dit?" Wil hy weet.
"Was oukei." Knik Anelle en staan uit die pad vir hom. "Wil jy hier slaap of maar huis toe gaan?"
"Seker huis toe. Volgende keer sal ek seker maak ek het my slaapklere dan oornag ek hier." Antwoord hy slaaperig en haal sy kar se sleutels uit sy broeksak uit.
"Goed dan meneer Erasmus." Giggel Anelle en loop met hom na die voordeur. Sy maak die deur vir hom oop en kyk hoe hy uit stap en wer omdraai om nanhaar te kyk.
"Lekker slaap Mejuffrou Erasmus. Ek sien u more." Hy hou sy hand uit na haar. Sy gee n groot glimlag en gee haar hand vir hom. N vuur wat binne haar begin brand, maak haar gou bewus van die soen wat hy le op haar hand. As sy verlief is op hom, is dit dan moontlik dat hy dieselfde sal voel?
"Lekker slaap." Bloos sy vir hom en sien hoe hy sy voete vind na sy huis. Sy oe grawe weer op haar terwyl hy in sy jaard in gaan en toe sy aandag terug gee aan die huis deur die mure wat hulle skei. N glimlag versmoor haar lippe. Daar is liggies wat skyn in haar oe. Sy is verlief. Ja, sy is verlief op n harte dief!
YOU ARE READING
Ware Liefde (Afrikaans)
RomanceLeendra en haar Ma, Anelle het nuut ingetrek in die dorp en raak vinnig tuis. Leendra se doelwit is om raak gesien te word maar voel skaam omdat haar pa nie teenwoordig in haar lewe is nie...