Toe Anelle by die huis kom, was die glimlag op haar gesig breud. Sy stap in haar kombuis heel verbaas om André en Leendra aan die werk te sien, besig om aandete te maak. Hulle albei kyk na haar.
"Sy het erken!" Spring Anelle op en af.
Leendra hardloop in haar ma se arms in en gee haar n stywe drukkie.
"Sien, ek het gesê mamma gaan goed doen," lag sy en staan terug. André stap na haar toe en gee haar n stywe drukkie.
"Geluk," glimlag hy vir haar. Sy druk hom styf vas en kyk na hom wat haar n soen op die lippe gee. Sy kyk geskok na hom toe na Leendra wat rooi raak in haar gesig met n groot glimlag.
"Mamma het n boyfriend," lag sy opgewonde en spring op en af. Anelle en André lag vir haar en kyk weer na mekaar."So, sien ek jou môre?" Vra Anelle vir André, oppad om hom te groet. Sy vou haar arms en kyk na hom.
"Definitief," glimlag hy en vou sy arms om haar lyf. "Ons kan n vliek of so saam kyk, handjies vas hou," hy begin haar nek soen. "En soet wees."
Sy giggel en kyk na hom wat na haar ook kyk.
"Klink na n plan," fluister sy en vryf haar hande oor sy bors. Sy kyk af toe weer na hom. "André...toema."
"Jy gaan my huis toe stuur met n vraag," hy reis n wembrou vir haar. Sy gee n harde sug en vou haar arms om sy nek.
"Hoekom kan jy nie kinders kry nie?" Vra sy en kyk hom hartseer aan. Hy kyk met n sug af toe weer na haar.
"Ek en my eks het probeer, maar kon nie. Toe gaan ons dokter toe. Hulle het toe gesê dat my sperm nie sterk genoeg is nie. Hulle het medikasie voorgeskryf wat ek nooit gevat het nie, want ek het iets vreemd opgetel aan Tia se gedrag. Was nie lank nie toe ek haar betrao het met n ander man," vertel hy haar. Sy gee hom n vreemde kyk.
"Hoe was sy?" Vra Anelle en raak aan sy gesig. Hy haal diep asem in en gee haar n klein glimlag.
"Sy was baie los. Sy het altyd gehang aan mense en was baie lief vir inkoppies doen. Sy het altyd die styfste, kortste goedjies gedra in publiek. Sy was baie hard, menend party-spirit en rof. Jy is niks soos sy nie. Jy is alles wat ek nog altyd na opsoek was in n vrou. Niemand kon my bewys tot jy gekom het nie," glimlag hy en gee haar n soen. Sy soen hom terug. Blosend kyk hulle weer na mekaar.
"Wou jy nog kinders hê?" Vra hy haar bangerig. Sy lag saggies en skud haar kop.
"Op my ouderdom? Hoë risiko meneer Erasmus," giggel sy. Hy gee haar n glimlag vol liefde en vreugde. "Ek het maarnet gewonder."
"Ek sal baie graag kinders van my eie wil hê," glimlag hy en haal diep asem in. "As ek kon..."
"As jy kon..." Sy gee hom n tergende glimlag. Sy kyk spelerig af na sy bors en vryf haar regter hand af teen sy bors op oor sy nek na sy gesig. "As jy kon, sou ek met liefde help om hulle in die wêreld te bring."
Hy glimlag met trane in sy oë na haar. Sy byt haar onderlip en kyk diep in sy oë.
"Ek sal enige iets vir jou doen, André en belowe met my hele hart, lewe en gees dat ek jou nooit ooit sal seer maak nie," fluister sy en kry ook trane in haar oë. "As jy voel dinge gaan nie werk tussen ons nie, kan jy met alle eerlikheid na my toe kom en ons kan rustig daaroor gesêls."
"Alles gaan tussen ons werk," fluister hy en druk haar styf vas teen sy lyf. "En al kan ek nie kinders kry nie, het ek tenminste vir jou en Leendra gekry. Sy pas al klaar in my lewe in as n dogter."
"André," sy gryp hom vas tussen haar twee hande en druk haar lippe op syne. Hy soen haar terug en hou haar styf vas. Sy kyk weer na hom wat aan haar lang sagte blonde hare vat. "Kom ons los die movie more aand en speel n speletjie saam met Leendra, agter in die jaard rondom n bonfire."
"Okay," knik hy maarnet en gee haar nog n soen.
YOU ARE READING
Ware Liefde (Afrikaans)
RomanceLeendra en haar Ma, Anelle het nuut ingetrek in die dorp en raak vinnig tuis. Leendra se doelwit is om raak gesien te word maar voel skaam omdat haar pa nie teenwoordig in haar lewe is nie...