Ware Liefde 03

37 1 0
                                    

Leendra sit met n wulpse glimlag aan tafel en staar na haar ma wat besug is om deur haar dokumente te gaan. Sy sug swaar en kyk op na haar dogter wat haar aandag kon wen.
"Wat is dit?" Wil Anelle weet.
"Niks. Ek wonder maarnet." Antwoord Leendra en haal haar selfoon uit haar broeksak. Anelle kyk weer af na die papiere en voordat sy kon keer, neem Leendra n foto van haar. Sy kyk op na Leendra met wyd gestrekte oe. "Nou dis iets wat ek vir meneer Erasmus kan stuur."
"Leendra!"
Leendra spring uit haar sitplek en hardloop op na haar kamer met Anelle wat agter haar aan hardloop.
"Leendra Erasmus, kry jou voete terug!" Roep Anelle uit en val oor een van die bokse voor die trappe.
"Mamma!" Leendra hardloop terug na Anelle wat net wou opstaan maar dadelik stop toe daar n klop is aan die deur. Leendra stop voor haar ma en kyk na die voordeur wat oop staan. "Meneer Erasmus?"
"Is jy oukei?" Vra Andre en hardloop na Anelle wat na Andre kyk wat langs haar op sy hurke kom sit. "Het jy enige beserings?"
"Sy het geval oor die simpel boks." Leendra skop die boks woedend weg en sien hoe haar skoene uit val. "Nee."
Sy begin dit dadelik optel en terug sit in die boks. Sy tel die boks op en kyk na haar ma wat ook na haar kyk.
"Ek vat die solank op."

Anelle en Andre kyk hoe sy die boks op dra voor hy besluit om haar op te help. Hy vat haar om die lyf en help haar op selfde tyd wat sy toe eers by kom en ook haarself op help.
"Leendra was weer in n mal by gewees." Giggel Anelle en kyk na hom. "So, waarmee kan ek help?"
"Ek wou myself net eintlik kom voorstel het aan my nuwe bure maar ek het geen idee gehad dat julle hier bly nie." Vertel hy en volg Anelle na die kombuis. Sy gee n simpel laggie en trek die yskas oop.
"Enige iets om te drink meneer Erasmus?" Vra sy gasvryheid en kyk na hom wat knik.
"Aseblief."

"So, wat is die moeilikste saak wat jy al hanteer het?" Wil Andre weet wat langs haar sit by die tafel weet, elkeen met n glas sap en n bak marshmallows tessun hulle.
"Verkragting." Antwoord sy reguit en haal diep asem. Sy kyk af en toe weer na hom wat haar n vreemde kyk gee. "Die meisie was maarnet agt. Sy het eers gepraat toe sy bietjie ouer was en omdat daar geen bewyse was dat die man haar verkrag het nie, was ons op die punt om te verloor. Totdat die man my kom konfronteer het in publiek terwyl ek besig was om vir Leendra n video te maak. Die man het my gedruig dat as ek nie die saak los nie dat ek ook een van sy slagoffers sal wees, en niemand my sal glo nie."
"Ek sal hom mos vermoor. Die vark." Andre kyk woedend na haar wat af kyk en weer op na hom wat nie kon help om te wonder oor n paar goed nie. Sy help ander met hulle sakke. Help enige iemand haar met hare?
"Wel, ek is n prokureer. Ek het dit nie ernstig gevat nie want ek het toe bewyse gehad dat hy haar seer gemaak het." Vertel Anelle en vat a marshmallow. Sy sit dit in haar mond en kyk na Andre wat net na haar staar. "Verveel ek jou?"
"Glad nie." Pluk hy homself uit die gestaar en kyk af voor hy weer na haar kyk. "Ek wonder maarnet hoe iemand soos jy nog enkel kan wees."
"Wil jy weet?" Vra Anelle lagend.
"Aseblief."
"Wel, ek was n regte loslappie gewees. Selfs toe ek aan hofsakke begin het. En net na ek my eerste hofsaak gewen het, vind ek uit ek is swanger met Leendra. Dis toe ek besef het dat dinge moet verander." Vertel sy hom met n oop hart. Sy hoef nie die waarheid weg te steek nie. As hulle n goeie kans staan om vriende te wees sal hulle van die begin af moet oop wees met mekaar.
"Hoe was Leendra se pa?" Hy is vol vrae. Maar liewer vol vra as beoordeling.
"Leendra se pa?" Lag sy en kalmeer dadelik. "Wel, ek gaan eerlik wees. Ek het teen daai tyd gewerk met n skeisaak. Ek was die man se prokureer en die vrou waarmee hy geskei het wou vyftig persent he van sy besigheid. Toe moes ek hom verdedig. Ons het die saak bespreek by sy huis en toe...hy het sy hart uitgestort by my en toe...gaan dinge bietjies baie te ver. Pertykeer wonder ek of hy regtig die pa is, maar ek twyfel ook want rondom daardie tyd toe sien ek ook iemand anders."
Sy kyk af na haar skoot en weer op na Andre wat haar n snaakse kyk gee. Nie dat hy haar beoordeel nie. Net dat hy wonder. Wonder hoekom sy daardie pad gekies het en hoekom sy dit gedoen het.
"Weet Leendra?"
"Nee." Antwoord Anelle skamerig en gee n effense bloos toe sy vang dat hy diep in haar oe vasgevang staar met daardie bekende kyk in sy oe. "En jy kan haar nie vertel nie."
"Hoekom het jy my dan vertel?"
"Want ek vertrou jou. Weet nie hoekom nie, maar ek doen." Beantwoord sy en kyk af. Andre staar bewonderd na haar. Hierdie stilte maak hom ongemaklik. Hy kyk ook af en toe weer na haar wat oog-kontak probeer vermy.
"In daai geval moet ons meer as gereeld kuier." Stel hy voor en kry haar aandag. Haar gesig is bloedrooi gebloos. Hy vind dit nogal oulik om dit te sien. Maar hoe? Hulle het mekaar skaars ontmoet. "Ek is ook n enkelling. Die laaste verhouding waarin ek was, was agt jaar terug. Dit het nie lank gehou nie want ek het uitgevind dat sy vir my al die pad gelieg het. Sy het my verneuk."
"Het jy enige kinders?" Wil Anelle weet. Hy kon vra, sy ook.
"Nee." Antwoord hy reguit en gee n effense glimlag. "Ek kan nie kinders kry nie."
Sy kyk geskok na hom en sit haar hand op haar mond.

Ware Liefde (Afrikaans) Where stories live. Discover now