Hoofstuk 2

116 3 4
                                    

Bo pic van Majoor Nico Brody

"Wat 'n absolute gemors, en ek het dit net aan myself te danke...bliksem..." Herman kyk na sy seun Nico en weet hy gaan moet inspring en red wat daar te redde is, daarom gaan hy die gym binne en sluit die deur. "Nico...seun wat de duiwel gaan met jou aan? Jy is maar 'n week terug hier en almal loop deur onder jou humeur. Nou gaan jy sit en ons gaan praat..." Dit is dan wat Herman besef Nico sit plat op die vloer net in sy drafbroekie en daar is 'n helse gat in sy sy. Hy gryp die handdoek daar naby en druk dit in die gat. "Hoekom steek jy hierdie tipe beserings vir ons weg en hoekom gym jy as jy weet jy het steke wat kan uitskeur?" Nico kan aan sy Pa se sagte stem hoor hoe woedend hy is en selfs hy op een-en-dertig weet dis sy Pa se no nonsense stem daardie. Hy sug en sak terug teen die apparaat met sy rug. "Ek...ek het sekere oefening, eintlik fisio wat ek moet doen, om my been weer honderd persent te kry. Hy was nie net gebreek nie, die kruisligmente was af en is geheg so vierweke voor ek teruggekom het. Ek kan nie laat slaplê nie Pa, anders gaan ek nooit regkom nie en kruppel loop vir die res van my lewe. Dis erg genoeg dat ek nie nou kan saam met die manne deur die hindernisbane gaan nie. Ek staan net en kyk en ek voel soos 'n nuttelose failure." Herman weet waardeur sy kind gaan, maar hy weet hy moet hom nie bejammer nie. Dis soos met Karel toe hy sy been verloor het. "Ek gaan jou Ma kry om jou steke te fix, dan gaan ek vir jou 'n afspraak maak met Monique en dan is jy op desk duty vir die volgende ses weke. Jy gaan Monique elke dag besoek en jy gaan ook elke dag fisio toe, dat jy die regte oefeninge kan doen onder toesig...nee...dis nie jou Pa wat praat nie, maar jou Commander. Dis 'n opdrag en klaar." Nico knik net en later die aand, toe hy op sy stoel voor die tv sit en een of ander sinnelose speletjie-program kyk, is daar 'n klop aan die deur. Hy sukkel op en loop met die krukke wat die fisioterapeut vir hom gegee het. Monique glimlag toe sy hom sien, hou die ses biere uit na hom toe, leun vorentoe en soen hom op die wang. "Wow, klein Nico het sowaar 'n groot brawny marine geword. Kan jou tannie Monique inkom of het jy geselskap?" Nico gee 'n humorlose laggie. "Kom binne my liewe tannie, weet nie hoe kan jy dink dat enige jong bokkie vir so ou krok soos ek sal kom kuier nie." Monique gaan sit regoor Nico en kyk na hom. Sy het al so baie hierdie selfde gesig gesien, by vele marines. Nico is gestress. "Nico, daar is niks fout met jou nie, jy is definitief steeds 'n vangs. Praat met my...wat het gebeur op jou laaste tour, behalwe dat jou been seergekry het en jy 'n gat in jou sy het?" Nico gee vir haar 'n bier en sit vooroor met sy arms op sy bene. "Ek weet nie...alles het net fout gegaan...my aandag was nie by my team nie. Van die begin af het ek hierdie vae gevoel van onheil gehad. Ons briefing was swak gedoen, ons intel was maar power. Ek het geweet ek moet kapsie maak teen die hele operasie, maar ek het nie...ek het...ek weet nie...net nie omgegee nie, ek was roekeloos met my team se lewens. Ek voer al die laaste vierjaar 'n helse roekelose lewe en dis of die wêreld by my verbygaan...vier van my ses makkers het nie saam teruggekom huistoe nie...dit... was my skuld..." Monique besef Nico het 'n langpad van selfverwyt wat hy sal moet verwerk en hy gaan ondersteuning van sy familie en vriende moet hê. "Nico, jy sal met jou Pa hieroor moet praat. Jou mense moet weet waardeur jy is om jou te kan help en ondersteun en wie beter as jou Pa of Oom Karel. Jy het darem nog jou been behou, maar as jy nie luister en die regte fisio doen en jou been laat rus nie, kan jy hom steeds verloor. Ek wil egter hê jy moet my elke dag kom sien. Onthou dat alles wat jy vir my sê of dit nou hier by jou woonstel is of by my spreekkamer, dit bly tussen ons. Enige iets onder die son waaroor jy wil praat kan ons oor gesels." Nico kyk op en gee 'n effense glimlag. "Dankie tannie Monique, ek wil egter nie my familie hierby betrek nie. Dit is iets waardeur ekself moet werk en ek gaan probeer, maar jy gaan in die proses, dalk nog moeg word vir my gekerm en gekla." Sy lag en skud haar kop. "Nee wat boeta hierdie tannie het veel erger pasiënte as jy gehad. Sê my net is daar 'n vrou in jou lewe, iemand vir wie dit dalk sou help deur in te sit tydens 'n sessie? Jy weet PTSD en hierdie tipe trauma is hard op die anderhelftes en gesamentlike sessies help dat hulle verstaan waardeer gaan julle marines." Nico se gesig raak geslote en hy kyk weg. "Daar was iemand...'n paar jaar terug, maar ek het alles opgeneuk en haar seergemaak en sedertdien het ek weggebly van enige vrou af. In die lyn van werk waar ek was, is enige verhouding moeilik en gekompliseerd. Meeste vrouens met wie ons te doen kry, verstaan nie ons commitment teenoor ons mede-marines nie of hulle is self marines en dit kan bevordering vir altwee bedonner." Monique weet dadelik daar is meer wat hy nie sê nie, maar sy sal baie versigtig moet wees. Nico gaan nie maklik oor die vrou in sy verlede praat nie en as hy praat gaan hy nie veel sê nie. "Um...het sy saam met jou gewerk? Dink jy nie dit sal dalk help as jy met haar kontak maak en dinge verduidelik nie." Nico lag bitter en tot haar verbasing antwoord hy wel haar vraag. "Ja, ons het saam gewerk, maar sy haat my en sal my eerder dood sien as om my te vergewe. Ek was 'n uiterse ass en sy glo ek het haar net gebruik, glo my daar is niks wat sy eerder sal wil doen, as om my te sien ondergaan nie." Hy vryf sy been en Monique kan sien hy het pyn, daarom besluit sy om hom te los tot die volgende dag se sessie. "Ek dink ons het genoeg gesels. Jy moet 'n warm stort vat, daai been smeer met die salf wat jy gekry het, pynpille drink en in die bed kom. Ek sal jou môre na fisio sien seker so 10:00." Hulle groet en lank na sy stort lê hy op sy bed en dink aan die een vrou wat hom steeds na al die jare kan wakker hou en sy bloeddruk so kan opjaag dat hy 'n aar wil bars. As hy net verdomp van haar kan vergeet, dan sal hy dalk makliker kan slaap. Die volgende oggend moor die fisio hom behoorlik en toe hy gestort en aangetrek is stap hy sy Pa se kantoor binne om te sê hy is by Dr. Monique as hy na hom soek. Landi sit in sy Pa se kantoor en hy stop in die deur. "Môre Commander, Luitenant le Clerq. Jammer ek steur, ek wil net sê ek is by Dr. Monique. Ek sal seker net voor ete terugwees. " Herman is bly om te hoor sy seun het geluister, maar hy stop hom toe hy wil loop. "Net 'n oomblik Majoor Brody, Nico jy sal voortaan saam met Luitenant le Clerq, Landi hier werk met die nuwelinge. Hulle bietjie touwysmaak en in beheer wees van hulle opleiding. Sy sal egter hulle uitneem vir fisiese oefeninge en jy sal toesien dat alles glad verloop. Korporaal Rohan Meyer gaan julle help op die hindernisbane en om hand to hand combat, asook tactical training te doen. Ongelukkig met rang kom daar die baie papierwerk wat voortaan op jou tafel gaan beland. Dis al dankie Majoor." Nico knik net groet en stap die gang af. Van alle verregaande goed moet hy nou weer help rookies oplei, maar hy mag niks fisies doen nie, omdat hy fisies nie ander werk kan doen nie. Die ergste is hy moet met 'n vroumens werk en Landi is geen maklike enetjie nie, hulle het al etlike onderonsies gehad vandat hy terug is hier. As hulle mekaar nie vermoor in die volgende sesweke nie, sal dit snaaks wees. Intussen kyk Landi geskok na Oom Herman. "Commander...Oom Herman?" Herman sien sy wil iets sê maar bedink haar. "Ontspan Landi, Nico is net grumpy oor sy been seer is. Ek weet julle het al 'n paar maal gebots van hy terug is hier, maar julle sal maar net moet leer om saam te werk, dit is al." Sy sê niks verder nie, maar handel net die papierwerk vir Oom Herman af. Hy is en bly haar Commander en sy sal maar net moet luister. Terug in haar kantoor kners sy op haar tande tot Rohan kort voor middagete ingestap kom met 'n koffie en pak toebroodjies, dit op haar tafel sit en in 'n stoel neerval met syne en sy een been oor die lening. "So ek hoor ek werk nou saam met jou en Nico. Die ander vertel my, julle twee kan so lekker baklei, ek hoop net hy bly liewers in sy kantoor met daai seer been as wat hy ons skel oor hy goor voel." Landi sug terwyl sy haar kos oopmaak. "Hy is sommer net pleinweg 'n ass en haal sy stront op almal uit en ongelukkig is ek 'n vrou en hy 'n vrouehater en daarby is hy hoër in rang as ek, wat nie 'n goeie kombinasie is nie. Ek is jammer as jy nou betrek word by ons klein oorloggie." Sy eet terwyl Rohan kyk na haar opleidingsplan todat 'n knorrige Nico in haar deur verskyn. Rohan en Landi spring op en salueer hom. "So is dit hoe hier gewerk word. Dit is nie die plaaslike kuierklub nie, Korporaal Meyer jy kan in vervolg ordentlik op die stoel sit. Luitenant jy is veronderstel om te weet hy mag nie hier sit en kuier nie. Dis nie te sê omdat hy familie is, dat hy voorgetrek kan word nie." Landi vererg haar en haar twee wange word rooi terwyl haar oë blits. Rohan se oë rek toe sy uitdagend na Nico kyk. "Majoor dit was etenstyd en Rohan...Korporaal Meyer het na die opleidingsplan gekyk om homself te vergewis hoe ons te werk sal gaan. Daar is geen sprake van favourtism omdat hy my neef is nie." Nico staan naby haar en kyk af in haar blitsende oë. Sjoe selfs hy weet sy is nou lekker kwaad. "Ek kan nie omgee of dit etenstyd was nie. Hy het nie nodig om soos 'n vrotvel in die stoel te hang nie. Kom aan die werk asseblief." Hy draai om en loop uit, maar stol in sy spore toe hy haar onderlangs hoor praat. "Freaken grumpy asshole..." Hy draai om en Rohan se oë rek nou eers groot. Liewe hel, Landi het dit sowaar hardop gesê en dit lyk of Nico kan slange vang. "Ekskuus, het ek reg gehoor, het jy my so pas 'n grumpy asshole genoem of het jy nie?" Landi weet sy is in die sop, maar sy kan nie help om eerlik te wees nie. "Ek het ja Majoor, want die vet weet jy kan darem regtig onplesierig wees." Rohan het lus en sink in die vloer in. O genade, Landi is morsdood of gefire. Nico gee 'n beterwetige grimlaggie. "Mmm, laat ek sien, grumpy asshole, onplesierig...weet jy wat Luitenant, ek voel vere vir jou rang, ek sal jou wys hoe onplesierig kan ek wees. Jy beter ander meer appropriate klere aankry, jy het tien minute dan is jy, Korporaal Rohan en die nuwe Rookie team op hindernisbaan A." Twee ure later staan Charl, Paul en Herman deur Herman se kantoorvenster en kyk hoe menige rookie op hulle knieë staan en opgooi langs die baan. Landi en Rohan staan hande in die sye en snak na asem, Nico is besig om hulle te moor. "So...is jy happy Luitenant, dat jy die oorsaak is van hierdie rookies se toestand?" Landi sien hoe hulle na haar loer en sy wens Nico kry 'n kramp. "Nee Majoor..." Nico loop om Landi waar sy staan en grinnik. "Staan regop Luitenant, ek dog jy is een van die fikstes hier op die basis...nou wonder ek darem..." Hy draai na die rookies wat absoluut poegaai daar uitsien, net toe Karel, Riaan en Bernard by Herman in sy kantoor aansluit. "Herman is Nico wragtig op die baan met daai been?" Herman draai na Karel en knik. "Jip maar darem nie om die baan te doen nie. Hy en Landi het 'n meningsverskil gehad en ja, dis die eindproduk of begin van die skermutseling wat julle nou sien, ongelukkig is Rohan in die middel betrap. Hy is veronderstel om Landi by te staan met die opleiding van die nuwe groep rookies en Nico moet net raadgee...toesighou...nou ja wat kan ek meer sê." Intussen probeer die rookies opstaan en Landi staan steeds hande in die sye, kop skeef gedraai en kyk na Nico. Nico staan ook met sy hande in die sye en sien die uitdagende kyk wat Landi hom gee. "So menere en dames, sal ons gou vasstel hoe fiks is julle bekkige Luitenantjie?" Hulle kyk hom met groot oë aan en Rohan se oë rek. Hy ken moeilikheid as hy dit sien, plaas dat Landi net haar mond gehou het. Hy kyk van Landi na Nico en Nico kyk skielik vir Rohan en gooi sy kop agteroor soos hy lag. "Relax Korporaal, jy kan daar by die rookies gaan sit onder die bome, ek sal nie dit familie-straf maak nie." Rohan skud sy kop. "Is reg Majoor, ek was saam die Luitenant, ek sal die straf saam haar vat." Nico kyk met waardering na Rohan. "Nou goed, as jy so braaf voel, daar gaan julle om die baan tot ek moeg is." Landi gee hom 'n kyk en glimlag vermakerig voor sy omdraai en begin draf, maar eers oor haar skouer kyk. "Freaken asshole..." Hy staan verbaas, draai om en hinke pink kantore toe. "Julle rookies gaan shower en wag vir aandete, terwyl julle bekkige Luitenantjie en haar korporaal nefie vir ons wys hoe fiks hulle is." Nico gaan sit op die kafeteria se stoep, waarvan af hy Landi kan sien hardloop en sit sy been op 'n stoel. Bernard verlaat die ouermans en koop twee koffies vir hom en Nico. Hy gaan sit oorkant Nico. "Majoor, jy weet jy gaan baie lank hier sit, Luitenant Landi is 'n langasem kriek?" Nico kyk op na Bernard en vat die aangebode koffie terwyl hy effens suur glimlag. "Ek behoort dit te weet Bernard, ek het haar in my groep rookies gehad vir haar driemaande basies. Ek wil haar net vandag 'n les leer, sy moet leer om my nie name te noem nie. Ek weet sy kan vêr hardloop en het uithouvermoë, maar ek het ook uithouvermoë en ek kan lank hier sit, ek het tyd en niks beters om te doen nie. As jy klaar is met jou koffie, gaan kry vir my die blokraaiselgids en my potlood in my kantoor asb." Bernard lag effens. "Jy weet haar gehardloop het begin toe Oom Arno en tannie Shevon nog in Bloem op die plot buite die dorp gebly het. Oom Arno het vertel dat sy op hoërskool landloop gedoen het en nie altyd vir tannie Shevon gewag het, tot laatmiddag by die voorskoolseklas nie, dan sit sy haar tas op haar rug en draf die vyf kilometer huistoe. Kan jy nog onthou as sy vakansies baie hier kom kuier het by tannie Monique-hulle of by my Ouma-hulle en saam die belhamels by die jeugkamp deur die hindernisbane gegaan het of selfs saam ons hierdie einste bane deur is. Dit was epic tye..." Nico lag nou. "Jip, ek onthou dit. Sy het julle jongerseuns gewoonlik laat les opsê op hierdie hindernisbane. Onthou jy die dag wat sy my plat geval het bo van die klimmuur af in die gym. Sy was sestien daai jaar en ek drie-en-twintig en in my vyfdejaar in die marines en julle het haar gedare om die muur uit te klim en het tot haar tyd gevat. Toe sy heelbo kom het ek die gym ingestap en geraas en geskree 'Wat de hel maak julle hier sonder toesig of klimtoue'. Sy het geskrik en haar hande het gegly. Ek hét haar try vang, maar sy het my voor die bors getref en ek het plat op my rug geland met haar reg bo-oor my. Sy was bloedrooi en ek het letterlik en figuurlik gelê soos ek lag. Soos jy sê epic tye...maar weet jy hoe het ek gelag toe sy basies gedoen het. Daai eerstekeer wat sy die muur in ons gym moes uitklim, het ek dit opgehaal voor die ander en sy het vergeet ek is haar instrukteur en het bietjie rang. Sy het my 'n vuilkyk gegee en gesê. "Nou toe grootmond, vertel hulle ook sommer dit was jou skuld dat ek geskrik en geval het...die ander rookies se monde het oopgehang, maar ek het besluit om dit te laat slide en haar aangepor om hulle te wys, sy is darem beter as op sestien. Ek kan jou baie stories van haar en daai driemaande vertel. Soos die keer toe een van haar mede-rookies 'n ene Pieter Coetzee haar gesoen het in die locker room en sy sy neus gebreek het, deur hom met die kop te stamp. Sy was soos 'n warrelwind deur daai basis en hou tot vandag nog die rekord vir die troep wat die langste onderwater kon bly. Sy het die dag toe sy daai rekord opgestel het, gesê dis danksy haar tweeling boetie en sussie Callum en Kelsi en haar neefs, Bernard en Rohan se pogings om haar in Oom Karel se dam te versuip dat sy so goed is." Bernard lag. "Ja hel, ons was afgryslike kinders nê, veral as ons almal saam was tydens vakansies. Veral as jy en Wayne, Wynand en Roelof bygekom het. Dan het my sussies Eva en Hazel en Larisa, Allegra en Thuanette behoorlik deurgeloop. Landi en Kelsi was gewoonlik aan ons seuns se kant met kleilat en oorlogmaak." Terwyl Nico en Bernard agteroor sit en lag oor die verlede draf Landi en Rohan rustig voort en Rohan dink vreeslike wraak gedagtes teenoor hulle liewe Majoor en gesinsvriend uit. "Ek sê jou Landi ek gaan hom 'n poets bak wat hy nooit sal vergeet nie, ek gaan net wag tot hierdie strawwery van hom se stof bietjie gaan lê het, dat hy ons nie kan verdink nie." Landi gee net 'n humorlose laggie en draf voort. Dit raak naderhand skemer en Landi tel nie meer hoeveel keer is hulle om die baan nie. Bernard is huistoe saam met sy Pa en Nico sit verdiep in sy blokraaisels tot Herman 'n skinkbord kafeteriakos voor hom neersit." Jou Ma gaan nie daarvan hou as jy jouself starve, terwyl jy vir Landi en Rohan straf nie." Nico kyk op en frons, want hy het nie besef dis al so laat nie. Die ligte op die stoep en die spreiligte op die baan is al aan en hy sien Landi en Rohan draf steeds. "Dankie Pa, ek het bietjie tred verloor met tyd." Herman kyk na sy seun en wonder wat deur sy gedagtes gaan as hy so frons. "Dink jy nie daai twee is nou genoeg gestraf nie? As ek mag vra wat het hulle gedoen dat hulle so gestraf word?" Nico kyk van hulle na sy Pa en weer na hulle voor hy opstaan en 'n harde fluit gee, wat Rohan en Landi na hom laat kyk. Hy steek sy hand op en gee 'n teken wat hulle dadelik verstaan. Hulle begin stadiger draf in Nico se rigting terwyl die rookies in die eetsaal hulle duidelik kan sien en nuuskierig wonder wat nou gaan gebeur, want hel hulle korporaal en luitenant is definitief super-fiks. Landi en Rohan salueer Herman, maar hy beduie hulle kan relax voor hulle na Nico draai. Herman se wenkbroue lig toe hy sien hoe uitdagende kyk gee Landi vir Nico. Genade die twee is soos olie en vuur saam. "Het julle twee nou besluit om my rang te respekteer en my nie weer te back chat nie, of eintlik net jy Landi, kon Rohan sense in jou kop inpraat?" Sy gee 'n bitter laggie wat Herman verbaas na haar laat kyk en hom nog meer verbaas toe sy Nico antwoord en klem lê op sy rang. "Los Rohan hieruit, hy was nie veronderstel om gestraf te word nie...en nee... Májóór Brody... respect is earned, honesty is appreciated, trust is gained en loyalty is returned. Dit is wat my instrukteur my in my basiese opleiding ingeprent het..." Nico kyk na haar en skud sy kop. "Loop liewers Landi...voor ek my humeur verloor en ten aanskoue van 'n hele basis se mense in die eetsaal, jou 'n donderse pakslae gee." Landi sien nou eers hoe almal kyk deur die groot glasvensters. Sy groet Herman dus net en draai weg. Sy en Rohan is net deur die deure toe Herman vir Nico aanvat. "Wat de hel is fout met julle? Waaroor het dit nou gegaan? Van wanneer af respekteer jy nie 'n vroumens of jou mede-marines nie. Sy het darem al in vreeslike situasies vir my gewerk as geheime-agent." Nico kyk na sy Pa. "Wat Pa nie van Pa se liewe agent weet nie is dat sy 'n parmantige damm vroumens is, met idees van haar eie en enige gesag om elke hoek en draai bevraagteken. Ek was haar opleidingsbeampte en later ook een van haar offisiere voor sy weg is uit die marines na jou agentskap toe. Sy het twee operasies onder my bevel gedoen en Landi is net eenvoudig moedswillig." Herman kyk ingedagte na Nico. "Het jy geweet dat sy met PTSD gediagnoseer is na haar laaste operasie saam met julle? Weet jy dat sy snags nie slaap nie? Sy is al vierjaar hier by my agentskap en ek kan steeds niks uit haar kry van daai laaste operasie nie. Wat het daar gebeur?" Nico skud sy kop en kyk ingedagte uit oor die baan. "Pa sy was MIA vir drieweke, hulle het haar en twee van my troepe gevang en in 'n ondergrondse gat aangehou. Kevin se been was gebreek en Alwyn het sy arm verloor omdat daar infeksie in sy skietwond gekom het. Volgens hulle twee het sy gekla van maagpyn en toe die bliksems haar daar uitgehaal het was sy weg vir 'n paar ure. Hulle het haar half doodgeslaan en bebloed teruggegooi in die gat en dit is hoe ons hulle gered het twee dae later. Wat met haar gebeur het, weet niemand nie. Sy het nooit daaroor gepraat nie. Sy het egter kort na sy uit die hospitaal ontslaan is, ons verlaat en ek het haar eers nou weer, vierjaar later hier raakgeloop." Herman knik. "Dit verklaar die PTSD, sy het vierjaar terug hier aangekom en vir tweeweke by Arno en Shevon gekuier, maar haar nagmerries het die ander kinders gepla en sy het in Bernice se ou tweeslaapkamerwoonstel op haar Oupa Juan se plaas ingetrek. Jy weet, die een wat nog Bernice se Ouma-hulle se huis was. Sy was dwalende en ek het haar leêr van julle hoofkantoor aangevra en haar die werk aangebied. Sy het die werk geniet en baie goed gedoen en ja wat kan ek sê, sy is een van my beste vroue-agente en opleidingsbeamptes. Maar as julle vassit, sal ek jou iets anders gee om te doen, terwyl jou been aansterk en jy weer jou eie opleidingsgroep kan vat. Jy weet hier maak rang eintlik nie saak nie. Hier noem ons mekaar op die naam, dis net met die rookies wat ons bietjie rangtrek om hulle in shape te kry. Jy hoef nie rang te trek met Landi nie." Nico skud sy kop. "Toemaar, ek dink ek sal voortaan net een of tweemaal 'n week na hulle progress kyk en haar los dat sy die opleiding doen. Ek sal liewers konsentreer op my fisio en my eie PTSD onder die knie probeer kry." Daarmee is Herman tevrede, groet en vertrek huistoe met heelwat stof tot nadenke.

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now