Hoofstuk 9

76 3 11
                                    

'n Paar weke later is Landi is in 'n omgekrapte bui toe sy van die winkels af terugkom en Nico wat haar deur die venster sien aankom maak hom reg vir oorlog. Die manier wat sy die kardeur toeslaan en aangestap kom sê vir hom, hier is moeilikheid. Hy maak die deur oop van binne en vat van die sakke by haar. "Hallo my Lief, gee ek help jou. Shit ek haat dit as ek net so moet sit en kyk hoe jy alles doen." Sy glimlag darem en buk om hom te soen. "Hou op kerm, jy maak darem die deur vir my oop en jy help waar jy kan. Jy weet ek was lanklaas so kwaad soos vandag. Ek stap die winkel binne en ek vat 'n trollie, reg om gou 'n paar inkopies te doen en in wie loop ek my vas, daai vertraagde Roelof. Hy maak toe 'n spul aanmerkings, flirt met my en ek vervies my liederlik, los die trollie net daar en stap uit. Doen toe eers al my ander draaie in die dorp en toe ek jou pille by die apteek gaan kry, loop ek my vas in hom en Thuanette. Hy is die ene besorgdheid oor haar en maak of hy my nog glad nie vandag gesien het nie, grinnik sowaar vir my agter haar rug. Ek was lus en klap hom dat hy tol, maar moes my toe inhou, want ek wil haar nou nie ontstel nie, dan hoor ek dit nou weer later van Tannie Elna. Ek wag toe in die ry om my goed te betaal en kyk skuins oor my skouer na waar ek iemand hoor giggel. Weet jy wat sien ek? Die vrekselse Roelof is besig om die klinieksustertjie te bevroetel, terwyl 'n swanger onwetende Thuanette haar vitamine by die apteker kry agter die rak by die toonbank. Dan draai hy om na hy die suster warm gevry het en hy het die vermetelheid om vir my te grinnik en verby my te skuur." Nico word spierwit en daar spring 'n aartjie in sy wang. "Ek sal hom wragtig nog voos voeter, wat de hel gaan aan met hom?" Landi skud haar kop terwyl sy die goed wegpak wat Nico uit die sakke haal en aangee. "Nee ek weet nie. Ek het net nou die dag gehoor my Ma, tannie Anrie en tannie Bernice praat oor wat se opperste flirt en cassanova was Oom Derick toe hy jonk was. Hy het tot met tannie Anrie try flirt toe sy maar sestien was, maar Oom Riaan het hom vinnig op sy plek gesit en sy claim baie duidelik gelê op tannie Anrie. So Roelof aard seker na sy Pa, maar hel dan moes hy mos nie so vroeg met Thuanette getrou het, as hy nog wil rondspeel nie." Tweeweke later begin Nico kort entjies loop met twee krukke en hy kom heel goed reg. Die pyn in sy been is minder en hy is minder iesegrimmig as hy van die fisio afkom. Landi vat hom fisio toe die middag na middagete en sy gaan maak 'n draai by haar Ma om trougoed te bespreek. "Hey Mams, ek het net gou kom gesels oor die kaartjies." Haar Ma glimlag en kyk op van waar sy die laaste kaartjie in sy koevert gesit het. "Hallo my kind, kom dan maak ek tee vir ons. Ek is nou net klaar, jy kan dit vat en sommer per hand aflewer, dan weet ons dis gedoen. Is Nico by die fisio?" Landi knik en glimlag toe sy langs die tafel gaan sit en haar Ma die mandjie met troukaartjies op die tafel neersit. "Ja ek het hom by Ava afgelaai, hy stap darem nou kort entjies met die krukke. Hy hoop om oor sesweke darem sonder die krukke te kan trou. Ek het hom gesê dit maak nie saak nie, maar hy bly hardkoppig wees. Is alle mans so erg of is dit net sekere mans?" Shevon lag. "Nee ek dink dis meer die military mans wat sulke absolute hardkoppige control freaks is. Jou Pa, Oupa Juan, Oom Chris en Oom Johnie is nie so nie. Dis net die klomp met millitêre agtergrond wat so erg is. Jyself is ook maar so, ek het gewonder of jy en Nico mekaar nie soms wil vermoor nie." Landi lag. "Weet Ma dis tog snaaks dat ons so rustig is bymekaar. Ons stry ja en ons het ons geite, maar ons gaan slaap nooit kwaad vir mekaar nie en ons baklei en skreeu nie op mekaar nie, of altans nie meer nie. Daai eerste maande na hy teruggekom het om vir sy Pa te werk, het ons mekaar amper vermoor." Shevon kan sien iets pla vir Landi, maar aangesien dit nie klink of dit sy en Nico is wat probleme het nie, moet dit iets anders wees. "Landi, wat pla jou my kind?" Landi vertel haar Ma van die hele Roelof-saga en dat sy te bang is om Nico van die nuutste voorval te vertel. Hy gaan vergeet van sy been en vir Roelof in sy kantoor byloop en goed voeter. "Maar Landi, dan moet ons vrouens mos 'n planmaak met hom. Die stomme Thuanette is onbewus van alles en so opgewonde oor die baba en jy is reg Nico gaan hom vermoor as hy hoor wat het gebeur." Landi is moeg gedink, sy het tot al met Roelof gepraat gister en hom gevra wat de duiwel gaan met hom aan. Hy het haar egter net uitgelag en gesê, wat Thuanette nie sien of weet nie, kan haar nie seermaak nie. "Dit sal een bielie van 'n plan moet wees Mams, ek het my kop al gebreek oor die probleem." Heelwat later ry Landi en stop by al die vriende en familie om die kaartjies gou af te lewer. Oor sesweke word sy Nico se vrou en dit voel eintlik alles nog onwerklik. Hulle het nog nie eers gepraat oor waar hulle gaan bly nie. Nico het net gesê hy trek na sy eie woonstel toe terug volgende week, tot na die troue. Hy kom goed reg sonder haar, maar sy het so gewoond geraak om langs hom aan die slaap te raak en langs hom wakker te word, dat sy dink sy gaan sukkel om alleen te slaap. Sy stop voor Thuanette en Roelof se huis en klim uit met die kaartjie in haar hand. Alles lyk so toe en stil, sy wonder of Thuanette tuis is. Landi klop maar niemand maak oop nie en sy besluit op die ingewing van die oomblik om buite om te stap. Sy sien Thuanette kop onderste-bo by die lapa langs die swembad sit. Toe sy naderstap hoor sy die rou snikke en sy gaan sit langs Thuanette op die lapa se trappie. "Hey, Nettie, moenie so huil nie, kom praat met jou ou niggie..." Thuanette lig haar kop, kyk na Landi en sy kan sien Thuanette huil al seker die hele oggend. "Landi... ek... ek kan nie meer nie, ek het probeer, maar die Vader weet hy het my al so seergemaak. Ek..." Landi sit haar arm om haar skouer en wag tot sy haar alles vertel het. "Ek weet... ek het al lus om hom te moer, ek kan nie glo hy het so laag gedaal nie. Ek is nie blind nie en die hel try tot by my aanlê. Ek dink ons moet hom 'n les leer Thuanette." Thuanette skud haar kop. "Ek dink nie dit gaan help nie. Hy het belowe na die eerstekeer wat ek hom uitgevang het, hy sal stop en dit het nie eers tweeweke goedgegaan nie, toe sien ek hom saam met een van die jongmeisies by die kunswinkel, sy is nog 'n student. Hy loop rond, maar as enige man in my rigting kyk, wil hy stuipe kry. Selfs die ander jong mansonderwysers by die skool is vir hom 'n probleem." Landi het 'n plan wat begin vorm aanneem in haar kop en sy wonder of Thuanette sal saamspeel. "Ek het 'n plan, maar jy sal moet saamspeel en ek gaan eers met 'n paar ander vroumense praat voor ek my plan reveal." Thuanette kyk ingedagte na Landi. "Nou goed, sê my net wat ek moet doen, sodra jy jou planne agtermekaar het." Landi gaan sien al die jongvrouens wat sy weet by wie Roelof al flikkers gegooi het. Sy verduidelik aan elkeen, dat hy 'n getroude man is. Die meisies is woedend oor hy so vermetel kon wees om vir hulle ogies te maak terwyl hy getroud is, en val maklik by Landi se plan in." Landi bel vir Thuanette en maak spesifieke reëlings met haar en elkeen van die meisies, voordat sy vir Nico gaan oplaai by Ava. Die volgende middag is daar 'n string vroumense wat so een na die ander vir Roelof besoek by sy kantoor. Elkeen maak met hom 'n afspraak vir 'n aand uit en hy belowe om terug te kom na hulle toe, want almal wil die Vrydagaand uitgaan. Hy sal nou besluit watter een sal hy uitvat en die ander maar net elk 'n ander dag beloof. Thuanette vertel hom die aand sy het vir hulle plek bespreek by een of ander restaurant in die buurdorp en hy laat weet die ander ses vrouens dat hy ongelukkig besig is Vrydagaand en 'n siek tante moet gaan uithelp. Vrydagaand is hy en Thuanette dan ook net besig met hulle voorgereg, toe 'n lawaaierige groepie jongvrouens inkom by die restaurant en by die tafel reg agter hulle gaan sit. Roelof erken 'n stem en loer oor sy skouer, maar word doodsbleek. "En nou my skat, as jy so bleek is, voel jy sleg?" Roelof kyk vinnig na Thuanette en gee 'n bewerige glimlag. "Ja ek voel skielik sommer net olik, dalk moet ons liewers gaan en dan iets bestel by 'n wegneemplek." Thuanette skud haar kop. "Ag nee, ek het dan nou so uitgesien na vanaand. Maar nou goed, roep die kelner." Hy kyk op en trek die kelner se aandag, maar intussen is hy so bang hy trek die groep vroumense agter hom se aandag, dat hy skoon bewerig voel. Die geluk is egter nie aan sy kant nie en een van die vrouens staan op, om die kleedkamer te gebruik. Sy stop reg langs hulle tafel. "O so Roelof, is dit dalk die siek tante wat jy moes uithelp en my nie kon uitneem vanaand nie? Jou lae luis!" Thuanette sit terug en sien hoe die ander vroumense omkyk en almal opstaan en naderstap. Elkeen vat 'n beurt om hom te skel met dieselfde storie van die siek tante. Toe hulle nou 'n groot genoeg scene gemaak het, staan Thuanette op en hulle vergaap hulle aan haar toestand. "Hallo, ek is Thuanette, Roelof se vrou." Hulle stel hulself voor en dis toe dat sy haar handsak vat en oor haar skouer na hulle kyk. "Hy is julle s'n dames. Roelof gaan slaap maar liewers by jou ouers vanaand, as jy weet wat is goed vir jou. Ek sal jou Ma laatweet jy soek slaapplek vir 'n onbepaalde tyd. Totsiens dames." Toe sy 'n laaste blik na agter gee, sien sy 'n beteuterde Roelof sit, met strepe tamstiesous, mosterd, sy bord slakke in garlicsous wat loop oor sy kop en haar half geëete mayo-visvoorgereg. Buite wag Landi en Nico vir haar en sy klim vinnig in die motor. Sy begin histeries lag en val agteroor teen die sitplek. "Ek wens julle kon sy gesig gesien het, toe daai vroumense almal op hom afstorm. Dit was nou priceless." Landi kyk bekommerd in die tru-spieël. "Is jy seker jy is okay Nettie, wil jy nie maar liewers by my en Nico oorbly vir die aand nie?" Thuanette vee trane uit haar oë. "As julle nie omgee nie, laai my by my Pa-hulle af. Dis tyd dat hulle weet wat aangaan. Mams sal wel vir my nagklere hê..." Thuanette huil te veel, toe sy haar Ma sien en laat Landi toe om te verduidelik. Chris en Elna is woedend toe Landi en Nico vir hulle vertel wat aangaan en die streep wat hulle vir Roelof getrek het. "So vuilgoed, ek sal hom vermorsel." Chris stap uit studeerkamer toe, skakel vir Derick en sê hom hy beter sy seun slaapplek gee, en weghou uit die strate, want hy wat Chris is, sal hom vermorsel as hy hom in die hande kry. 'n Besmeerde Roelof kom voor sy ouers se deur tot stilstand, om begroet te word deur 'n helse vuishou eers in die maag en toe teen die kakebeen. Yvonne keer toe Derick nog 'n hou wil slaan. "Stop Derick, laat die klein blikskottel inkom dat ons kan hoor wat aangaan." Roelof verduidelik, maar Derick wil niks hoor nie. "Gaan slaap in jou ou kamer en sorg dat jy môre oggend by 9:00 gereed is om na jou skoonpa se huis toe te gaan. Ek gaan saam en jy gaan jou gemors regmaak en jou stront laatstaan. Jy het 'n pragtige vrou en 'n kind oppad en dan gaan staan en foes jy alles op. Toe ek so oud soos jy was, het ek my kuiery laatstaan na ek jou Ma ontmoet het. Was ons nie al die jare vir jou 'n goeie voorbeeld nie? Vanaand skaam ek my wragtig vir jou, loop liewers voor ek jou weer bliksem..." Roelof verdwyn vinnig en Yvonne vat Derick kamer toe dat hy kan kalmeer, anders is hier kuikenmoord vanaand. Intussen kom Nico en Landi by haar huis aan en terwyl sy vir hulle koffie maak besluit sy om die saak van 'n blyplek na die troue aan te roer. "Umm... Nico... umm... het jy al gedink waar gaan ons bly na die troue? In my plek hier of..." Hy glimlag geheimsinnig en slaan sy arms van agteraf om haar lyf. "...ek... e... ek het 'n plek vir ons, maar jy gaan my tot so Maandag moet kans gee, dan sal ek jou vat om te gaan kyk of jy die plek wil hê. Dis op 'n plot, maar ook nou nie in die grammadoelas nie en ek dink jy gaan daarvan hou." Sy wonder wat voer hy in die mou, want hy lyk sommer skuldig. "Nou goed, dan gaan kyk ons wanneer jy tyd het." Nico is bly om van die onderwerp af te stap, want hy is bang hy praat sy mond verby. Die volgende Woensdagmiddag vat Nico vir Landi om te gaan pizza eet in die dorp en toe hulle huistoe ry, draai hy langs die pad af, en stop onder 'n koelteboom. "Landi, ek hoop jy vertrou my, want ek het 'n verrassing vir jou, maar ek gaan jou blinddoek." Sy kyk stil na hom en knik. "Nou goed, maar dit gaan 'n groot verrassing moet wees om die geblinddoekery te regverdig." Hy lag net voor hy 'n serp om haar oë draai, die motor aansluit en begin ry. Hy voel skoon op sy senuwees. Sê nou net Landi hou nie van die huis nie..." Hy stop 'n ent van die huis af en nadat hy haar uitgehelp het, vat hy sy een kruk, want die grond is nog te ongelyk in die oprit vir sy beseerde been, om sonder die kruk te waag loop. As hy skeef trap, moet hy met krukke trou en dit wil hy nie doen nie. "Landi...jy weet hoe lief is ek vir jou...of ek sê dit in elk geval altyd vir jou... ek... hierdie huis is om vir jou te wys hoe lief is ek vir jou..." Hy draai haar met haar rug na die huis toe en haal die blinddoek af voor hy haar soen. Dan stoot hy haar weg en draai haar om. Sy staan absoluut verstom, voordat haar hand opgaan oor haar mond, sy in trane uitbars en teen Nico se bors vasdraai en huil. Toe sy effens bedaar kyk hy bekommerd in haar gesiggie af. "Landi...ek wou jou nie ontstel nie liefie, as dit nie is wat jy wou hê nie, dan verkoop ek hom en ons kan saam iets gaan uitsoek..." Sy gee hom nie kans om verder te praat voor sy hom vurig soen nie. "Moenie jou laf hou nie, dis ons huis hierdie... kom dat jy my gaan wys." Landi kan nie glo hy het alles so presies gedoen, soos haar Pa-hulle se eerste huis in Bloemfontein nie. "Liefling jy moet net weet daar is 'n paar dinge wat nie presies soos julle ou huis is nie. Die kombuis en ons slaapkamer is anders en die ander kamers het elkeen 'n eie badkamer, dit is mos wat jy wou hê."

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now