Karel kyk na Nico waar hy onder 'n boom sit en met 'n klomp seuns gesels en hy wonder hoe kan hy so goed met die seuns werk, maar hy sukkel om sy eie PTSD onder die knie te kry. Hy stap darem al makliker alhoewel hy nog kruppel is. Daar is egter iets wat vir Nico pla. Herman het gisteraand met hom kom praat na werk en hulle het lank gesels. Gelukkig het hy wat Karel is vir Bernice gehad om sy gat te skop toe hy morbied en depressed geraak het na hy sy been verloor het. As hy nie daai tyd teruggekom het na sy Oupa Jaap op die plaas toe nie, sou hy seker in 'n gestig beland het. Riaan kom die werf binnegery met een van die nuwe perde en spring af. "Môre swaer, as jy so rondstaan hier lyk dit my jy het nie werk nie." Karel lag en skud sy kop. "Nee, ek hou vir Nico dop en wonder hoe struggle hy met sy PTSD en is so goeie helper hier. Die seuns hang aan sy lippe en die spesifieke groep, is agtienjariges wat almal met die gereg gebots het, maar met hom is hulle so mak soos lammetjies." Riaan kyk na waar Nico besig is en sien hoe hy lag saam met die seuns. "Jy weet Karel, toe ek so agtien was en 'n knaap met so lyf en veral so paar arms moes my regsien, het ek ook eerder saamgewerk. Maar dis juis oor Nico wat ek wil gesels." Karel beduie hulle moet stap kantore toe. "Kom ons gesels liewers agter geslote deure. Ek het 'n gevoel ek moet sterk koffie kry." Hulle vat koffie en gaan sit in sy kantoor. Riaan val egter met die deur in die huis. "Jy weet Landi het bedank en is al tweeweke by Pa-hulle se strandhuis nê?" Karel knik. "Ek het so gehoor. Ek en Herman het lank gesels gisteraand. Hy vind dit vreemd dat Nico en Landi altwee so op dieselfde dag bedank het. Hy vertel van hulle kroniese botsings en toe dink ek aan my en Bernice en ook jy en Anrie tot 'n mate. Daar is iets wat hulle twee ons nie vertel het nie. Arno en Shevon is net so bekommerd oor Landi en hulle weet nie hoe om haar te help as sy nie praat nie." Riaan kyk skuldig by die venster uit en Karel gee 'n ongelowige laggie. "O ja, ek het skoon vergeet jy ken Landi se storie. Riaan as jy regtig so lief is vir daai kind sal jy iets daaraan doen." Riaan lyk half hartseer en Karel weet hy is baie kwaad toe hy begin praat. "Karel die ding is, ek weet daar was 'n man in haar lewe en hy het haar verskriklik seergemaak, ek het net nooit besef dis Nico nie. Ek is bevrees as ek hom vat, groot en gespierd en al, dat ek hom lelik gaan verniel, oor al die shit waardeur sy alleen moes gaan oor sy donnerse rang vir hom meer beteken het, as Landi se liefde. Ek wil jou vra om asb. weg te kyk en niks te doen of sê as die meneertjie vir 'n paar dae verdwyn nie." Karel besef Riaan is doodernstig en hy knik. "Nou goed, maar gee ten minste kans tot môre middag as hierdie seuns vertrek het. Nico het dan die volgende vier dae af." Riaan grinnik nou en staan op. "Dankie Karel, ek is bereid om te wag. Dit gee my kans om my en die manne se planne agtermekaar te kry." Karel kyk vraend na hom. "Manne?" Riaan lag nou. "Jou seun en myne het my genader met 'n plan om Nico te laat praat. Wat hulle en Nico wel nie weet nie, is dat ek meer weet as enige een van hulle, maar daai gedeelte sal Landi aan Nico en Nico alleen moet vertel." Riaan is daar weg en toe hy by die stalle aankom, soek hy dadelik vir Anrie op. Sy is in die huis besig met aandete en hy sluip die kombuis binne sit sy arms skielik om haar van agteraf. Sy lag en kyk oor haar skouer na hom. "Hallo Luitenantjie, het jy die rit geniet?" Hy lag met sy mond teen haar nek. "Mmm... baie... maar nie soveel soos om jou so in my arms te hou nie. Ek wil jou iets vertel..." Sy draai in sy arms om en sit haar arms om sy nek. "Nou vertel." Hy vat haar en gaan sit met haar op 'n kombuisstoel op sy skoot en skets vinnig vir haar die hele storie, maar hy laat Landi se geheime uit. "So julle is doodseker dit is Nico en dat hy en Landi iets aan die gang gehad het. Sy was dus 19 en hy 26, toe hy as jong offisier 'n verhouding aangeknoop het met 'n rookie marine, haar toe soos 'n warmpatat gedrop het en direk daarna is hulle in 'n operasie wat skeefgeloop het. Daar is meer wat jy nie sê nie, maar ek gaan jou trust om die regte ding te doen. Landi verdien 'n goeie jongman, maar soos dit my klink is hulle twee nooit oor gewees nie. As Nico dan daai man moet wees, sal ons hom onder die gat moet skop dat hy lewe kry. Bernice sê hy is so bek-af en wil ook niks saam met Helena-hulle doen nie." Riaan lag saggies toe Rohan, Nitta en Ally die kombuis inkom en hulle oë rol. Nitta klap haar tong. "Ons kom soek aandete en nou kry ons julle alweer aan die vry." Hulle lag almal en die kinders begin die tafel dek. Rohan kyk vir sy Pa en hy knik net voor hy en Rohan loop om hande te gaan was. In die badkamer stoot Riaan die deur toe voor hy vir Rohan fluister. "Kontak Bernard na ete en sê hom ons doen dit môre aand. Hy moet die voertuig regkry, ek sal môre met Oom Herman alles reël. Julle twee is op 'n secret mission vir die volgende week, jou Ma stuur my om na 'n 'perd' te gaan kyk. Ek sal die huis wat ek by my Ouma geërf het twee jaar terug, laat oopmaak en regkry vir ons. Daar is 'n kelder aan die agterkant van die huis en 'n boothuis voor by die see. Sorg dat daar darem een kombers en 'n matras, water en rantsoene is in die kelder. Julle vertrek sonder my, ek sal oormôre by julle aansluit. Versterk die kelder deur en sit 'n goeie slot reg. Hulle is marines nê en saam is hulle dalk potent. Pasop as julle hom binne het, dat hy julle nie oorval as julle haar insit nie. As julle vinnig maak kan julle haar inhê voor hy by is." Rohan knik net en hulle gaan eet asof hulle nie so pas 'n ontvoering beplan het nie. Landi is bruingebrand en sy voel heelwat beter. Sy draf soggens ver langs die strand en doen sommer haar yoga op die strand en saans draf sy weer 'n entjie. Bedags lees sy, besoek die dorpies al langs die kus af en eet sommer by padstalletjies en strandkafeetjies. Sy is nou twee weke hier en het heelwat van die locals leerken. Dit is meestal ouermense en hulle laat haar met rus. Sy lees baie en slaap vir 'n verandering ook baie vandat sy elke middag vir 'n uur met 'n ou oorlogsveteraan Omie gesels langs die water, waar hy visvang. Dis net naweke wat sy hom nie sien nie, of soms as hy en die tannie vir die middag hulle vriende in die ouetehuis gaan besoek. Hy het haar hele verhaal uit haar uit en elke operasie en hulle het dit saam ontleed soos hy dit noem. Hy is goed en sou 'n baie goeie terapeut/sielkundige gemaak het vir enige marine. Vanmiddag is hy nie op die strand nie en sy hardloop 'n bietjie verder as normaalweg. Die gedeelte van die strand is stil en die huise hierlangs is min. Daar is net die groot ou kliphuis op die koppie met sy eie boot dock. Vandag sien sy is daar oop vensters, so die mense het seker aangekom vir hulle vakansie. Sy gaan staan onderkant die rots waarop die huis staan en rus met haar hande op haar knieë. Die volgende oomblik voel sy 'n brandpyn in haar nek en toe sy vat, voel sy die pyltjie in haar nek. Landi trek hom vinnig uit en wil begin terughardloop huis toe, maar haar bene is jellie en haar sig raak blurry. Sy val op die klam sand neer en voel hoe alles om haar draai, toe 'n skaduwee oor haar val. Sy probeer 'n geveg opsit, maar haar arms is te lam en haar brein te foggy om eers paniekerig te raak. Dan voel sy hoe word sy opgetel en die laaste wat sy kan onthou, is dat sy dink hoe groot en sterk is die een wat haar optel. Haar ontvoerder sug verlig en stap met haar na die trappe toe en begin na bo klim. 'n Deur word vir hom oopgemaak, maar nie 'n woord gepraat nie. Af met die kliptrappe en dan word die groot nuwe staaldeur oopgestoot. Hulle ander gas is gelukkig nog uit soos 'n kers en Landi word langs hom op die matras neergelê. Nou is dit die groot wag vir hulle om wakker te word, dalk kan die ontvoerders solank 'n vleisiebraai en 'n biertjie drink. Nico word wakker met 'n helse hoofpyn en hy kreun terwyl hy half regop kom op sy elmboog. Hy dink 'n oomblik hoe de hel het hy hier geland en hy weet nie. Dit is wanneer hy sy kop draai dat hy geskok na die liggaam langs hom kyk en haar naam sag oor sy lippe kom. "Landi..." Haar oë is toe en hy kan sien sy haal asem. Op die oog af lyk sy ongedeerd, maar hy is nie seker nie. Hy vat haar kop en draai hom, maar daar is nie bloed nie. Sy het dus nie 'n hou teen die kop gekry nie, maar hoe de hel het dit gebeur. Sy was dan veilig by die see volgens sy Pa-hulle. Hy luister vir 'n oomblik en ja wragtig hy hoor die see. Bliksem, die ontvoerders meen besigheid as hulle hom al die pad van Rosendal af gebring het see toe. Landi begin roer en Nico vee haar hare uit haar gesig en tik haar teen haar wang. "Landi, kom aan, ons kan nie hier bly nie ons moet uit. Kom nou Landi word wakker..." Sy kreun en haar oë gaan verwilderd oop en sy vlieg op, maar stamp haar kop teen iets hard en sy hoor iemand anders kreun. "Regtig Landi, dis nie 'n manier om my te groet nie..." Sy sweer sy hoor Nico se stem, maar hoe de hel is dit moontlik. Was dit hy wat haar...nee kan nie wees nie. Sy draai haar kloppende kop stadig en kyk vas in die bekende blou-blou oë van Nico. Sy sien die droeë bloed bo sy wenkbrou en langs sy slaap waar dit geloop het. "Wat...waar is ons...wie...?" Nico skud sy kop en kreun van die pyn. "Ek weet nie, ek was laaste in my motorhuis, waar ek uit my bakkie geklim het, iemand het my met iets in my nek gesteek en ek het 'n geveg opgesit, maar 'n geweldige hou teen my kop gevoel en toe ek wakker word, is ek hier. Is jy okay?" Landi gee 'n droeë laggie. "Behalwe vir 'n moerse hoofpyn en die feit dat ek iemand se gevangene is, nee ek dink nie ek makeer regtig iets nie." Nico vryf teen sy slaap en Landi kan sien hy het seer. Sy kom regop en kyk om haar rond en sien hulle moet in 'n soort kelder wees. Hulle lê op 'n nuwe matras en daar is 'n kombers by hulle voete. Sy staan stadig op en kyk na die leunstoel en rakke teen die muur met kos. Daar is heelwat bottels water en droeë army rantsoene. Sy sien die noodhulpkas teen die muur en maak hom oop. Daar is pynpille en als wat hulle sal nodig hê om Nico se wond skoon te maak. "Mmm...nogal decent ontvoerders, wat dink jy wil hulle van ons hê?" Sy kry alles en gaan kniel voor Nico op die matras. Hy kyk op en kyk vas in die tattoo, half op haar skouer en half op haar bors en hy sluk toe sy oë verder dwaal oor haar lyf en hy praat homself dadelik aan. Regtig Brody...julle is gevange erens en jou brein dink aan sex. Hy maak sy oë liewers toe en konsentreer op sy kloppende kop en die brand toe sy die wond bo sy oog skoonmaak. Sy sien sy oë gaan toe en sy is bly, want anders het hy gesien hoe haar verraderlike liggaam op sy nabyheid reageer en nou het sy juis net haar oefentop of meer sportbra en drafbroek aan. Hel sy is darem simpel om opgewonde te raak, terwyl hulle gevangenis êrens is. Intussen sit een van hulle ontvoerders die kamera aan en sien hoe sy die wond skoonmaak. "Mooi hulle is wakker, sit af daai kamera, ons gaan nie nou spy nie. Gee hulle privaatheid boys en sorg dat daai vleis gebraai kom. Hulle en ons moet kos kry." Landi bêre al die goed wat sy gebruik het en kyk rond. Daar is niks wat hulle as wapens kan gebruik nie, net eetgoed, water en so waar twee dosyn bier. "Wel at least kan ons try dronk word, hier is twee dosyn bier." Nico lag en kom stadig regop, maar sy keer hom. "Kom sit op die stoel, drink hierdie twee pynpille, dit sal help vir daai hoofpyn." Sy gee hom die pille en 'n bottel water. "Mmm...bossy nê...ek like dit..." Sy gee hom 'n kyk en hy lag saggies, maar sê niks verder nie kyk net na haar. "Jy weet nê, ek weet nie wat die persoon of persone van ons wil hê nie, maar moenie dit nou nog moeiliker maak met simpel innuendo nie." Daar is beweging by die deur en Nico kom regop, reg vir 'n geveg. 'n Klein deurtjie onder op die deur glip oop en daar word 'n skinkbord met kos deurgestoot. Nico is naby die deur en druk Landi agter hom in. "Wie is jy, wat wil jy van ons hê?" Dit is stil vir 'n wyle dan kom daar 'n diep lag. "Nie veel nie, dalk 'n bietjie ransom by julle ryk families. Miskien 'n paar van julle persoonlike of marine geheimpies. So dink maar bietjie terug aan julle lewens en verskeie operasies, mense wat julle in julle lewens te nagekom het, geheime waarmee julle loop, wat dalk nie net julle s'n is om te hou nie. Eet julle kos." Nico tel die skinkbord op en kyk na 'n baie bleek Landi toe hy terug draai. "Kom ons eet, dan bedink ons 'n plan om hier uit te kom. Ek gaan beslis nie hier bly sit en nie eers probeer om uit te kom nie." Hulle gaan sit op die matras en eet die braaibroodjies en braaivleis met die hande, aangesien daar geen eetgerei verskaf is nie. "Ja Luitenant, en waar is jou mes in die boot nou?" Sy kyk na hom en trek 'n gesig. "Ek is met vakansie Majoor, maar jy het jou boots aan, so ek kan jou dieselfde vraag vra." Hy kyk na sy boots en steek sy hand in sy boot, maar daar is niks. "Dit is iemand wat ons ken Landi...iemand wat ons gewoontes ken..." Hulle eet in stilte verder en steek die leë skinkbord terug deur die deur. Vir drie dae is dit dieselfde roetine, na ontbyt oefen Nico en Landi vir 'n uur of twee. Dan staan Nico met sy hande teen die muur en sy rug na Landi toe terwyl sy stort en haar klere uitspoel en dan ruil hulle om. Gelukkig het hulle twee handdoeke, seep en elkeen 'n oorgroot t-hemp en drafbroekie gekry die eerste aand. Daarna speel hulle kaart met 'n pak wat vir hulle deur die deur neergesit is. Die 3de middag, loop Nico op en af met sy hande agter sy kop, sy vingers inmekaar gevleg. Hy is vandag super geïriteerd, sy liggaam reageer soos 'n skoolseun s'n op Landi en daar is niks wat hy daaraan kan doen nie. Twee nagte al lê hulle saam langs mekaar en as dit koel word vroeg oggende, dan trek hy hulle toe met die kombers en draai agter haar rug in met sy arm oor haar lyf. Soggens word hulle wakker en lê weg van mekaar af sonder 'n woord, en staar teen die dak, om die hele proses net weer te herhaal. Hy loer na Landi. "Het jy darem so ver jou vakansie geniet?" Sy sit met opgetrekte bene op die matras en kyk na hom. "Ja, dit was rustig tot drie dae terug. Hierdie is net vir my die vreemdste ontvoering. Ons ken geen geheime wat enige iemand by kan baat vind nie. Ek is al vier jaar nie meer 'n marine nie. Jy is die laaste ses maande nie 'n marine nie. Hoekom sal juis ons twee saam ontvoer word en wat het ons in gemeen? Ek sê jou ek trust nie daai Pieter Coetzee nie. Hoekom is hy so skielik by jou Pa se agentskap?" Nico gaan staan stil en gaan sit in die stoel voor die matras. Hy sit eers kop onderste-bo, voor hy opkyk na haar. "Wie ken ons geskiedenis van toe jy nog in die marines was?" Sy skud haar kop. "Niemand nie, nie eers dr. Monique nie. Ek het nog nooit oor jou met iemand gepraat nie." Sy dink aan Oom Riaan, maar sy het nooit Nico se naam teenoor hom genoem nie. Sy kan nie dink wie sou so konneksie gemaak het nie. Nico se volgende gefluisterde woorde laat haar vinnig na hom kyk. "Iemand wat weet jy is my achilles heel..." Sy kyk na hom asof hy mal is. "Wat!" Hy kyk op en die uitdrukking in sy oë is vreemd. "Jy't my gehoor...hulle gaan jou teen my gebruik om een of ander geheim oor 'n operasie uit my te kry, maar ek ken geen geheime meer nie." Landi gee 'n onvroulike snork. "Wie sê nie hulle gaan jou teen my probeer gebruik nie. Dis beslis iemand wat ons ken en weet ons was in 'n soortvan verhouding..." Nico vervies hom en verhef sy stem. "Ekskuus...'n soortvan verhouding! Soortvan se gat. Ek het jou gevra om met my uit te gaan, ons het saamgeslaap en saamgebly tydens jou naweekpasse, ek het sovêr gegaan om 'n verl..." Hy bly skielik stil. "Ja jy wou sê...?" Hy antwoord haar nie. "Jy weet ons gaan tien teen een hier doodgaan, jy kan nou maar net sowel eerlik wees." Nico staan op en kniel voor haar op die matras, hy het nou genoeg gehad van draaie loop om haar. "Nou goed, as jy dink dis dalk die laaste keer wat ons eerlik met mekaar kan wees..." Hy leun vorentoe en vat haar gesig tussen sy hande en soen haar, eers sag, asof hy haar kans gee om hom te stop en toe dringender asof dit 'n afskeidsgroet is. Sy kom nie eers agter dat sy hom terugsoen en dat haar hande op sy polse rus nie, tot hy sy kop lig. "Ek het 'n verloofring gekoop...ek wou propose, maar toe hoor ek stories wat Pieter oor ons versprei. Dat jy net jou volgende offisierseksamen gaan deurkom, omdat jy by die Majoor slaap. Onthou ek het my rang gekry kort voor ons ontplooing daai laaste maal en jy sou jou eksamen geskryf het die dag voor ons gaan. Ek wou nie hê hulle moet sê jy het by my geslaap vir jou rang nie. Ek was stupid en het alles met jou gestop. Jy wou weet hoekom en ek kon jou nooit sê nie...ek het soos 'n opperste skurk gevoel." Landi se mond hang oop en hy vryf oor haar lippe met sy duim. "Ek...ek voel steeds presies dieselfde oor jou Landi. Jy is in my gedagtes as ek opstaan en as ek gaan slaap. Jy...is steeds my alles en hierdie vuilgoed sal dit uitvind en teen ons gebruik." Landi begin onbedaarlik huil en snik die woorde behoorlik uit. "Jy mag nie so oor my voel nie, ek is vuil en besmet. Ek het vreeslike geheime...ek is 'n moordenaar." Hy gaan sit langs haar en trek haar op sy skoot en sus haar heen en weer. "Komaan Landi, hou op huil asseblief, ek kan baie dinge doen en hanteer, maar nie jou trane nie. Jy het gesê ons moet eerlik wees met mekaar en nou was ek. Dis jou beurt my lief." Sy lig haar kop en klim van sy skoot af. "As ek eerlik is met jou, sal jy nooit weer dieselfde na my kyk nie. Jy sal my haat...en...en...ek kan nie..." Nico skud sy kop. "Nee Landi, maak nie saak wat jy gedoen het nie, ek sal nooit anders oor jou kan voel nie. Jy is daardie een groot liefde in my lewe. Jy skuld my dit, want ek was eerlik met jou. Vertel my...asb?" Sy kyk nie na hom nie, draai net weg en begin praat. "Ek het my eksamen geskryf en ek was siekerig vir 'n paar oggende...my maag was nie lekker nie, en ek het begin pak vir ontplooing. Met die pak van my toiletries, het ek besef... ek kon nie onthou, wanneer laas ek my period gehad het nie. Ek was paniekerig en ek het apteek toe gegaan en...en...twee toetse gekoop. Ek was positief en ek het toe eers paniekerig geraak, ek het geweet ek mag nie op daai ontplooing gaan nie. Ek is terug dorp toe en het by jou woonstel aangekom, waar jy my gevra het om te gaan, en dat dinge verby is tussen ons, want jy het maar pas jou rang gekry en jy weet wat jy als gesê het. Ek was behoorlik in 'n toestand en ek kon nie met iemand daaroor praat nie, ek was twintig, swanger met my Majoor se kind...en...en ek het sy doodsvonnis geteken toe ek op daai vliegtuig geklim het. My aandag was nie by my werk nie en ons drie is gevang. Na drie dae het hulle my uitgehaal en...en die leier het my herhaaldelike kere...ver...verkrag, ek het elke keer baklei en sy manne het my vasgedruk terwyl hy my geslaan en verkrag het. Twee dae later is ons gered en ek het terug in die militêre hospitaal uitgevind ek is tienweke swanger gewees...maar dat ek 'n miskraam gehad het. Ek het geweet dis nie protokol nie, maar ek het reëlings getref dat die suster hom vir my kon veras. Die dag toe ek ontslaan is, het ek sy as gekry, uitgevind ek het my eksamen geslaag en gaan bedank. Ek kon jou nie op daardie stadium in die oë kyk nie, want ek het jou gehaat..." Landi het nie eers agtergekom sy huil nie, tot Nico haar teen hom vastrek en sy ook sy rou snikke hoor. Haar arms gaan om hom en hulle staan lank so en huil, onwetend dat hulle hele gesprek deur hulle ontvoerders aangehoor is. Rohan en Bernard vee oor hulle klam oë en kyk na Riaan se stil gesig, nou weet hulle hoekom hy niks gesê het oor Landi se verhaal nie. "Nou wat nou Pa? Maak ons hulle oop en laat hulle weet, dat ons weet en dat ons die ontvoerders is? Of sit ons hulle uit en deliver hulle by Oupa se strandhuis en ons maak gatskoon huistoe?" Riaan dink 'n oomblik na en knik. "Ja jou laasgenoemde voorstel klink vir my die beste. En onthou geen woord oor wat julle gehoor het nie, dit bly net hier, as hulle dit wil vertel dan sal hulle. Berei hulle kos voor en sit die nodige daarin. Pak solank ons goed. Ons laai hulle agterin. Ek sal julle naby die basis aflaai en ek gaan huistoe. Die perde was nie die moeite werd nie en hopeloos te duur." Binne twee ure is Nico en Landi afgelaai en daar is geen teken van lewe by die klipstrandhuis nie. Nico word wakker met Landi in sy arms en sien dis skemer buite en hulle is in 'n regte kamer. Toe Landi roer soen hy haar saggies op die voorkop en haar oë gaan oop. "Ek is nie seker wat gebeur het nie maar ons is in 'n properse bed in 'n kamer." Sy kyk rond en herken die gordyne. "Dis my Oupa se strandhuis en dis my kamer." Sy draai om en kyk na die spieëlkas en daar sit Madame Rosy, veilig in haar hokkie. "Wat de hel, ek verstaan nie..." Nico begin lag en val terug agteroor op die bed. Hy lag verskriklik en sy kom regop oor hom, om te kyk of is hy okay. Die volgende oomblik bedaar hy en sy arms gaan baie stadig om haar en hy lig haar bo-oor hom dat sy wydsbeen oor hom sit. "Landi...is ons twee nou okay...ek meen...jy en ek...ons...ag dammit, jy weet wat ek bedoel...ek is lief vir jou..." Sy begin glimlag, leun vorentoe tot teen sy mond en kyk in sy blou oë. Wat sy daar sien laat haar snak na haar asem. "Ons...ons is okay...ek dink. Ek het jou nooit ophou liefhê nie, al het ek gedink ek haat jou. Nico, jy is my alles...ek is lief vir jou..." Sy soen hom en vergete is die hele wêreld. Landi word wakker toe die son se strale deur die oop gordyne begin skyn. Sy lê dwars oor Nico se bors en lig haar kop, net om te sien hy is wakker. "Is jy lank wakker?" Nico glimlag. "Jip...maar ek kon nie ophou kyk na die mooi vrou hier oor my bors nie, toe los ek jou maar om nog te slaap." Sy klik haar tong en probeer wegbeweeg maar sy arms gaan net stywer om haar. "Ek is swaar, ek gaan jou doodlê." Hy lag egter net. "Ek is bang as ek jou los is jy weg en dat dit alles net 'n droom is, buitendien is jy so lig soos 'n veer." Sy kyk na hom en druk met haar ken op sy bors dat sy na hom kan kyk. Sy het al vergeet wat se awesome lyf en manlike gesig hy het. Sy grote is natuurlik intimiderend, maar in die bed is hy 'n regte cudly beer. "So...ek is nog hier en ek is nie van plan, om gou baie ver van jou af weg te gaan nie, maar wat nou? Moes jy nie al by Karel gewees het nie?" Nico vlieg op en laat rol Landi tot op die bed, kyk op sy horlosie, sien die datum en kreun. "O liewe hel, ek is so in die moeilikheid, ek gaan definitief nie meer 'n werk hê nie. Dis Dinsdag en al 9:00, ek moes 7:00 al aangemeld het. Hy gaan nooit glo ek was ontvoer nie, hel hoe verduidelik mens hierdie bizarre ontvoering? Dink jy ons ouers het die ransom betaal? Ek het nie eers my foon nie..." Hy het nog nie klaar gepraat nie, toe lui sy foon wat op die bedkassie lê. "Hallo Pa, ja...ja ek is okay...mmm sy is hier by my...um...ek dink nie julle gaan ons bizarre ontvoering glo nie, maar ons sal alles kom vertel wat ons weet. Um...ek is nie seker nie, nee ons is by Oupa Juan-hulle se strandhuis. Ek weet nie Pa, ek...um...hallo Oom Arno...ja sy is fine...um...ek dink Oom moet dit liewers vir haarself vra. Nee Oom natuurlik gaan ek haar nie in die steek laat nie...Wat! Nee Oom ek dink nie sy gaan daarvan hou nie. Ek dink ek en Oom moet liewers face to face hieroor praat. Reg Oom ek gee vir haar..." Nico kyk na haar en hou die foon uit. "Jou Pa wil met jou praat..." Landi vat die foon. "Hallo Paps, ja ek is heeltemal fine. Um...ja Pa..." Nico sien hoe sy bloos en hy kan net dink wat haar Pa haar gevra het. Sy kyk egter op en kyk direk vir Nico terwyl sy praat. "Pa ek is vier-en -twintig, dis my lewe, ja Pa ek is lief vir hom. Ek weet nie, ons try dinge nog uitwerk. Ja ek weet hy moes vanoggend by Oom Karel gewees het...ja en ons is gisteraand hier gedump, na die vreemdste ontvoering denkbaar. Wat se ransom het hulle julle gevra...Wat! Ek glo dit nie, nou wat de hel het hulle eintlik met ons try doen? Ek sal Pa nou-nou bel en sê wanneer is ons by die huis. Ja ek verstaan Pa, daar is egter meer rondom ons verhouding en ons moet goed op ons eie uitsort. Reg Pa, groete vir Ma en die brats...bye Pa. Sy druk die foon dood en val terug op die bed. "Kan jy glo hy vra my of ons sex gehad het? Hel ons families is te erg. Daar was ook geen ransom gevra nie. Kom ons shower en maak breakfast, dat ons behoorlik wakker is en kan gesels." Die idee van shower was toe nie heeltemal so goed nie, want hulle spandeer toe 'n hele ruk in die shower en toe Landi die handdoek van haar hare afhaal en hare kam, kom Nico agter haar uit die badkamer met net 'n baie klein handdoekie om met 'n smug smile en soen haar in die nek. "Mmm...was die beste stort in die laaste vierjaar...jy weet ons gaan trou nê. Jou Pa en Ma wou die troue reël vir as ons daar aankom, maar ek het gesê jy gaan nie daarvan hou nie." Landi kyk na Nico in die spieël. "Hulle kan vergeet, hulle gaan ons nie in enige iets indwing nie. AS ons trou sal dit ons eie keuse wees." Hy trek haar aan haar hand op en trek haar teen sy bors vas. "Maar jy gaan met my trou, ek gaan nie enige kanse vat, nadat ons geen beskerming gebruik het nie. Hierdie keer gaan ek daar wees elke tree van die pad." Sy lag. "Vra jy my of sê jy my Majoor?" Hy lag ook, maar raak dan ernstig. "Eerstens vra ek jou Landi le Clerq, sal jy met my Nico Brody trou? Tweedens gee jou Majoor jou 'n opdrag Luitenant, jy sal aanmeld by die kerk vir 'n lewenslange commitment met jou Majoor en dis klaar, maar dit sal op ons tyd wees, nie enige iemand anders s'n nie." Sy knik. "Dankie Nico ek sal met jou trou, ek het egter vrede met die Majoor. Hy kan sy opdragte vir die belhamels by Oom Karel hou." Hy soen haar en trek haar deur toe, maar sy stop hom dik van die lag. "Nope, ek dink nie jy kan so gaan breakfast nie, trek eers aan." Hy kyk na homself en begin lag. "Jy sien hoe begogel jy my, ek vergeet skoon my klere." Sy loop solank kombuistoe en begin met koffie en ontbyt. Deur die ete deur steel Nico soentjies by haar en na ete gaan stap hulle langs die strand. "Wanneer sou jy teruggegaan het huistoe?" Sy kyk op na hom en lyk skuldig. "Ek sou nie...ek het gedink om hier werk te kry, dan hoef ek...jou nooit weer te sien nie, behalwe dalk as ek eenmaal 'n jaar gaan kuier. Nou dink ek, ons moet môre oggend ry. Dis ver en jou been gaan stokstyf word van die lang sit. As ons vroeg ry, kan ons 'n paar maal stop en bene rek." Hy kyk in die verte oor die see. "Jy weet ek gaan altyd kruppel loop nê. Gaan jy okay wees met 'n kreupel man?" Sy draai sy gesig na haar toe. "Nie een van ons is volmaak nie, ek is lief vir die persoon wat jy is, nie jou looks nie. Alhoewel dit nie seermaak dat jy 'n awesome gespierde marine is nie, ek like dit, want ek weet hoe beny baie vrouens my..." Hy skud soos hy lag voor hy ernstig word. "Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar...ek moet weet...wat het jy met sy as gemaak..." Sy verstil en draai huistoe. "Ek het dit saamgebring ek wou dit hier strooi...maar ek het nog nie kans gesien nie..." Hy sit sy arm in die loop om haar. "Kan...kan ons dit saam doen voor ons teruggaan. Dit sal dalk vir jou bietjie closure bring en ek sal darem voel of ek deel is van hom. Jy het hom nie 'n naam gegee nie..." Sy skud haar kop. "Nee ek het nie, maar ons kan dit saam doen, alhoewel volgens wet hoef ons dit nie te doen nie." Hulle stap huistoe, waar sy die kissie met as uithaal en hulle terugstap strand toe en bo-op 'n rots gaan staan. "Wat sou jy ons eerste seun wou genoem het? " Hy sien sy dink 'n oomblik. "Ek dink hy sou 'n Marcus gewees het, nie afrikaanse Markus nie, maar 'n engelse Marcus Brody." Nico knik. "Dan is dit reg so." Sy maak die kissie oop en keer hom om in die terugtrekkende branders en daar is trane in hul albei se oë, voor hulle wegdraai en hand om die lyf huistoe stap en begin pak.

YOU ARE READING
Rosendallers boek4 Liefde vir Landi
RomanceDie Rosendallers Bernice, Karel, Anrie, Riaan, Arno, Shevon het geen bekendstelling nodig nie, maar wel die nuwe generasie en al hulle manewales, vreugdes, hartseer, liefde en teleurstellings. Daar is Bernice en Karel du Pont met hulle Jeugkamp en h...