Hoofstuk 7

102 3 8
                                    

Landi het haar sleutels vir Nico gegee en hy bestuur halfpad tot sy hom maak stop om sy been te rus. Hulle stap 'n rukkie rond, gooi petrol in en eet gou iets, voordat Landi hom in die passasiers sitplek inboender. "Wat gaan ons nou doen? Hoe gaan ons van hier af aan? My Pa wag vir ons, jy weet en ek het hom nooit laat weet wanneer ons huistoe kom nie." Nico sit agteroor met sy oë toe. "Mmm, ek sit nou net en dink daaraan, ek is seker so diep in die sh... moeilikheid by Oom Karel, ek dink nie hy gaan my storie glo nie. Ek het 'n gevoel oor ons ontvoerders, maar ek is nie seker nie, iets krap aan my." Sy kyk vinnig na hom. "Jy weet ek het ook 'n gevoel gehad, maar ek was bang jy dink ek is mal. Jy dra dieselfde deodorant en aftershave as... wel... since forever... ek dink van jy seker begin skeer het. Ek sal jou maklik daaraan uitken as jy agter my staan en ek is geblinddoek, wel een van hierdie ontvoerders het my elke keer die gevoel gegee, dis iemand wat ek ken. As ek die kos by die deur vat, kon ek hom ruik. Dis 'n deodorant wat ek ken. Ek weet net nie... as ek naby hom is sal ek weet..." Nico kyk na haar terwyl sy bestuur en sit sy hand op haar bo-been wat haar vinnig na hom laat kyk, maar hy druk haar gesig vorentoe. "Relax Landi, ek sal niks simpels doen nie, ek wil ons nie altwee verongeluk hê nie. Ek wil net weet ek droom nie...dat jy wel hier langs my sit." Sy glimlag en ignoreer die groot hand op haar been of altans sy probeer. Sy foon biep in sy sak en hy haal sy foon uit en lees die boodskap. "Ek dink jy moet my by my woonstel aflaai, ek is gevra om te sorg dat ek en jy vanaand by my suster Kayla en Connor se verlowing op die dorp is. Dis glo 'n black tie geleentheid, ek hoop nie hulle try een of ander trick met ons nie. Verstaan my mooi Landi, jy is myne en ek wil met jou trou, maar hulle kan vergeet van 'n shot gun wedding. Ons doen dit soos dit ons pas en as hulle nie pasop nie, vat ek jou en gaan trou voor die magistraat, sonder enige een van hulle." Landi, glimlag. "Wel as jy nie uitstap as hulle ons try dwing tot enige iets nie, sal ek uitstap. Niemand gaan my van 'n ordentlike troue beroof nie en niemand besluit namens my oor so belangrike ding nie." Nico knik. "Nou goed, wat van ons gee hulle iets om oor te wonder en te praat. Ek gaan jou kom oplaai, dan stap jy eers alleen in en maak of niks fout is nie, kyk die storie uit. As hulle vra waar is ek sê net o hy sal seker net-nou hier wees. Ek sal 'n halfuur wag, dan kom ek in, maar ek gaan nie direk na jou toe nie. Ek gaan jou stalk deur die ballroom en ek gaan dit openlik doen en met jou flirt dat hulle kan begin wonder. Dan gaan ek jou vra om te dans en ek sal seker maak dat dit 'n romantiese slow dance is, 'n stomende dans. Hulle wil mos praat, dan gee ons hulle iets om oor te praat. En dan begin ons ernstig date en beplan ons troue." Landi lag nou. "Nou maar reg, is jy lus vir 'n goeie spy couple act. Ek voel ons moet gewapen gaan." Hy lag. "Het jy dan gedink ek gaan ongewapen tussen jou Neefs en Ooms en al die ander marines instap. Ek was onnosel in my optrede met jou vierjaar terug, maar wat hulle aanbetref gaan ek met een oog oop slaap van nou af, tot ons getroud is." Landi kyk weer vinnig na hom en hy druk haar been. "Wat van...um...wat van ons beplan ons troue en vang hulle vir suckers. Ons nooi hulle bv. vir 'n verjaardag of so iets en as hulle daar kom is dit ons troue." Nou glimlag hy breed. "Dis 'n puik idee, wat van ons ontvoer hulle. Ek ken net die mense wat so iets sal kan doen." Sy laai hom by sy woonstel op die plaas by Oom Herman af en gaan self huistoe. Sy lê lank in die bad voor sy uitklim en deur haar kas kyk vir iets gepas en 'n rok uithaal wat sy nog nooit gedra het nie, oor hy bietjie gewaagd en te sexy is. Intussen ry Nico na Karel toe en gaan sien hom in sy kantoor. Hulle gesels lank en Karel begin lag. "Weet jy ek glo jou vêrregaande storie amper nie, maar ek dink jy is reg oor jou gevoel, dis iemand wat julle ken en 'n trick op julle getrek het. Jy weet Nico jou werk is veilig, ek ken jou lank genoeg om te weet jy sal nie net wegbly nie. Ek gaan jou ook nie na jou persoonlike sake vra nie, maar moenie met Landi mors nie, want dan gaan ek jou opdonner." Nico knik en skud blad met Karel. "Ek sal jou inlaat by ons geheim Oom Karel...ek is lief vir Landi, al sedert sy my rookie was, ons het 'n rowwe patch gehad, maar ons het dinge uitgesort. Moenie jou pak na vanaand te diep bêre nie, jy sal jou uitnodiging kry, behalwe as ons 'ontvoerders' probeer inmeng en met enige trick vorendag kom vanaand." By die saal staan almal se karre al en Nico neem Landi tot by die deur, waar hy haar soen en hy wegglip motor toe. Sy stap ewe doodluiters in en almal se oë val amper uit. Landi het haar gewaagde bloedrooi rok aan en haar hare is lang los krulle. Sy groet haar ouers, broers en suster almal met 'n druk en dan die ander mense soos sy oogkontak maak. Dis haar Pa wat die vraag vra wat op almal se lippe is. "Waar's Nico? Ek dog hy is saam met jou." Sy trek haar skouers op. "Hy sal seker later hier pitch." Sy draai om en stop in haar spoor en trek sodoende almal se aandag. Nico staan net-net aan die binnekant van die deur. Hy groet sy ouers, maar mens kan duidelik sien sy oë soek na iemand. Die oomblik wat sy blik hare vang, grinnik hy en gee haar 'n blatante smeulende kyk van kop tot tone wat haar Pa na hom laat gluur. Sy bloos en tree agter die pilaar in tot groot vermaak van haar neefs, niggies en vriende. Dis net Arno, Riaan, Bernard en Rohan wat dit nie amusant vind nie. Hulle gluur vir Nico en kyk vir mekaar. Shevon sit haar arm op Arno se arm en fluister dringend vir hom, maar hy skud sy kop en knik vir Riaan-hulle, terwyl Shevon kop skud en weer met Arno praat. Hulle kyk vir die volgende halfuur hoe Nico vir Landi stalk en hoe hulle met mekaar flirt. Daar begin 'n baie romantiese stadige dans en skielik is Nico by haar en neem haar sonder 'n woord in sy arms en dans met haar. "En? Het jy iets uitgevind Majoor Brody?" Hy is ernstig as hy in haar gesiggie afkyk. "Jip, ons het drie ontvoerders gehad. Die een het kastig oor daai drie dae 'n perd gaan haal êrens en die ander twee was op 'n 'geheime mission', en dis nie al nie. Hulle is reg om ons vanaand te dwing om te trou. Kyk mooi dan sal jy sien die deure van die saal is skielik toe. Daar is 'n rooitapyt, 'n podium en knielkussings net agter daardie gordyn met blomme en stoele reg in die ander ballroom langsaan." Hy kyk af na haar borste en weer op na haar blosende gesig en grinnik stout. "Waar in hierdie sondige sondige rok, het jy plek vir 'n wapen my liewe Luitenant?" Sy lag kliphard en dit laat koppe draai. Nico kyk ongesiens oor haar kop en strip sy moer toe hy sien hoe haar neefs en Oom Riaan en ook haar Pa, hulle basies omring het op die dansbaan elkeen met sy vrou of meisie. "Is jy reg om te fight vir jou regte Luitenant? Moet net nie skrik, as ek een van hulle se vrouens om die nek gryp nie, lyk my hulle wil regtig 'n shotgun wedding hou vir ons." Sy kyk ongesiens om hulle en glimlag. "Dan gaan hulle 'n helse fight op hande hê." Hy draai haar swierig oor die baan. "Gaan vir Larisa, dit sal Bernard in sy spore stop, die sot is smoorverlief." Alles gebeur blitsig. Riaan en Bernard probeer Nico en Landi in 'n hoek druk met die oop balkondeure agter hulle, maar Nico is vinnig en gryp vir Larisa om die lyf en pluk haar met haar rug vas teen sy bors en sy arm gaan om haar nek terwyl hy vir haar fluister. "Staan net stil, ek sal jou nie seermaak nie, ek wil hulle net op hulle plek sit." Landi staan reg langs Nico, met 'n vuurwapen in haar hand sekuur gerig op 'n spierwit Rohan wat vir Allegra agter hom indruk. "Landi?" Sy antwoord hom nie, maar Nico kyk na Bernard se ontstoke gesig. "Mmm...ons like dit niks dat iemand anders ons girlfriend man handle nie nê." Bernard wil vir Nico storm, maar sy arm verstyf om Larisa se nek wat Bernard stop. Herman loop na hulle toe en skud sy kop. "Nico wat de hel gaan aan?" Nico en Landi gee saam elk 'n bitterlaggie. "Pa durf jy vra wat gaan aan? Hoekom vra ons nie hierdie twee kapokhaantjies en hulle familie nie? Hulle kan verduidelik. Dis nie lekker om aan die ontvangkant van 'n gevangeneming of gyselaarsdrama te wees nie nê Bernard? Dalk moet julle twee begin om die res te vertel van my en Landi se ontvoering." Jy hoor hoe trek die ander hulle asems in en Karel staan dreigend nader. "Bernard, Nico moes vandag kom omverskoning vra, dat hy nie gister en vandag opgedaag het vir werk nie. Hy het my 'n verskriklike far fetched storie kom vertel en ek het gedink, ek moet Monique kry om hom dringend te help. Jy beter begin verduidelik Seun." Bernard kyk na Nico. "As hy vir Larisa los sal ek praat." Nico lag net. "Probeer 'n ander een Bernard." Riaan tree vorentoe. "Ek het hulle gehelp, maar dit was 'n briljante plan om jou en Landi te kry om te praat. 'n bietjie onkonvensioneel, maar seker op die ou einde 'n sukses as ons so na julle twee kyk." Landi praat van langs Nico. "Ons sou een of ander tyd gepraat het, julle inmenging was onnodig, ek het goed gehad om deur te werk en hy ook." Riaan beweeg so dat hy vir Landi kan sien, maar ook voor Rohan in. "Landi...laat sak daai vuurwapen..." Sy kyk nie na hom nie. "Nee, hy moet sommer nou al leer, hoe voel dit om die dood in die gesig te staar. Ons is nie dom nie en ons gaan nie dat julle ons in 'n huwelik inboelie nie. Ek kan nie glo Pa en Ma kan so iets doen nie." Shevon lyk skuldig en Arno loop nader en skud sy kop. "Landi asb. sit neer daai vuurwapen dat ons kan praat. Jy is my dogter en ek sal alles in my vermoë doen om jou gelukkig te sien, maar ek gaan ook nie toelaat dat Nico jou in die steeklaat, nadat jy erken het, julle het die laaste hoeveel dae saamgeslaap nie." Landi bloos en skud haar kop. "Pa ek is vier-en-twintig, ek het saam met Nico geslaap toe ek net agttien was en..." Dit laat monde oopval en Nico draai hom effens en kyk na Arno, Shevon, sy Ma Helena en sy Pa. "As ons wil trou sal ons trou. Julle het julle tyd en geld gemors, om my suster se verlowing te probeer gebruik om ons in 'n troue in te dwing. Bernard, jy of Oom Riaan beter praat." Bernard vertel so kortliks van hulle plan, die ontvoering en toe hy klaar is skud die helfte hulle koppe in ongeloof. Nico laat gaan stadig vir Larisa en sy loop verlig in Bernard se arms in. Nico vat Landi en druk haar agter sy rug in en begin retireer na die balkon se kant toe en fluister. "Gaan...daar is 'n klimtou links aan die balkon, ek volg jou..." Sy druk haar pistool in haar pistoolskede aan haar been ten aanskoue van die hele familie en vriende. Dit laat hulle oë rek en sommiges grinnik. Dis so Landi om almal uit te boul. Toe Landi op die balkon se muurtjie klim is daar 'n ritseling onder die mense en Shevon stap vorentoe , maar nie verby Arno en Nico nie. "Landi...asb...klim af daar...ons het gedink om te help, maar ons sal julle nie dwing nie. Dit is soos jy sê julle is oud genoeg om julle eie besluite te maak. Asb?" Sy kyk oor Nico se skouer na haar Ma. "Nee Mams julle het julle kans gehad om te wys julle ondersteun my in my besluite. Ek is nie kwaad vir jou en Pa nie, net teleurgesteld soos julle seker ook maar teleurgesteld in my is. Julle ken egter nie die helfte van ons storie nie en ek weet nie eers of julle moet weet en of julle sal verstaan nie." Sy klim van die reëling af en stap tot by Nico en sit haar hand in syne, terwyl hy op haar afkyk en bemoedigend knik. "Net as jy wil my lief..." Sy glimlag en kyk na haar Oom Riaan. "Ek is steeds lief vir jou Oom Riaan, net effens kwaad, maar dankie dat jy my geheim steeds probeer hou het. Obviously het my liewe neefs Rohan en Bernard, alles gehoor waaroor ek en Nico gepraat het, tydens ons gevangenskap in daai kelder. Ek gaan dus vir julle almal ons storie vertel, sodat daar geen verdere stories agterna is nie." Sy kyk op na Nico en fluister vir hom. "Ek gaan niks uitlaat nie, maar as ek klaar gepraat het, sorg jy dat ons met spoed oor daai balkon kom asb. Ek wil nie die jammerte op hulle gesigte sien nie, want dan gaan ek tjank en ek wil nie voor almal vou nie." Hy knik en gee haar hand 'n druk. "Nou goed, ek en Nico het mekaar net beloer terwyl ek op skool was, maar nooit meer as vriendskap tussen ons gehad nie. Tydens my driemaande basies het dinge tussen ons verander en aan die einde van my basies het hy my uitgevra. Ons het uitgegaan, maar nooit gegaan na waar ons kollegas of familie en vriende ons kon sien nie. Ek het meeste van my passe in sy woonstel deurgebring. Soos dit nou maar is, het ons ernstig begin raak en ja teen my laaste offisierseksamen, was ons reg om saam in te trek en public te gaan met ons verhouding..." Landi sluk en Nico neem die verduideliking oor. "Ek het 'n verloofring gekoop...ek wou propose, maar toe hoor ek stories wat Pieter Coetzee, oor ons versprei. Dat sy net haar volgende offisierseksamen gaan deurkom, omdat sy by die Majoor slaap. Onthou ek het my rang gekry kort voor ons ontplooing daai laaste mal en sy sou haar eksamen geskryf het die dag voor ons gaan. Ek wou nie hê hulle moet sê sy het by my geslaap, vir haar rang nie, ek wou haar nie benadeel nie. Ek was stupid en het alles met haar gestop. Ek het soos 'n opperste skurk gevoel." Landi kyk na hom en begin dan weer verduidelik. "Ek het my eksamen geskryf en ek was siekerig vir 'n paar oggende...my maag was nie lekker nie, en ek het begin pak vir ontplooing. Met die pak van my toiletries, het ek besef... ek kon nie onthou, wanneer laas ek my period gehad het nie. Ek was paniekerig en ek het apteek toe gegaan en...en...twee toetse gekoop. Ek was positief en ek het toe eers paniekerig geraak, ek het geweet ek mag nie op daai ontplooing gaan nie. Ek is terug dorp toe en het by sy woonstel aangekom, waar hy my gevra het om te gaan, en dat dinge verby is tussen ons, want hy het maar pas sy rang as Majoor gekry en hy het my van die stories op die basis vertel... Ek was behoorlik in 'n toestand en ek kon nie met iemand daaroor praat nie, ek was twintig, swanger met my Majoor se kind... en... en ek het sy doodsvonnis geteken, toe ek op daai vliegtuig geklim het. My aandag was nie by my werk nie en ek Alwyn en Kevin is gevang. Na drie dae het hulle my uitgehaal en...en die leier het my herhaaldelike kere...ver...verkrag, ek het elke keer baklei en sy manne het my vasgedruk, terwyl hy my geslaan en verkrag het. Twee dae later is ons gered en ek het terug in die militêre hospitaal uitgevind ek is tienweke swanger gewees...maar dat ek 'n miskraam gehad het. Ek het geweet dis nie protokol nie, maar ek het reëlings getref dat die suster hom vir my kon veras. Die dag toe ek ontslaan is, het ek sy as gekry, uitgevind ek het my eksamen geslaag en my rang as Luitenant gekry...ek het direk gaan bedank. Ek kon hom nie op daardie stadium in die oë kyk nie, want ek het hom gehaat... Ek het teruggekom en hom tweekeer in die laaste vierjaar vinnig gesien met sy Ma en Pa se verjaardae wat hy wel kon maak. Ek het hom egter vermy tot ons ongelukkig tweemaande terug begin saamwerk het en hy beseer van sy laaste ontplooing afgekom het. Ons het so ietwat gebots en nou ja, die res is die storie wat Oom Riaan, Bernard en Rohan julle vertel het. Ons het in die strandhuis wakker geword en ons het vrede gemaak en vanoggend vroeg saam ons kind se as in die see gegooi en daai hoofstuk van ons lewens afgesluit..." Nico stoot haar balkon toe want hy voel hoe sy bewe en hy sien die trane blink. Sy stap en klim oor die reëling soos 'n pro, en gly rok en al af ondertoe. Nico weet hyself is na aan trane en dis een ding wat hy hulle nie die genot van sal gee nie en dis om hom te sien huil nie. "Laat ons net 'n ruk in vrede asb?" Hy volg Landi en kry haar onder waar sy staan en huil. Hy vou haar toe in sy arms, waarna hy haar optel en wegdra kar toe. Hulle praat nie 'n woord nie en hy vat haar eenvoudig na sy woonstel toe. Hy dra haar binne en stap direk deur badkamer toe met haar en sit haar op die toilet neer. Sy sit en kyk hoe Nico water intap, haar dan laat staan en en haar ontklee. Hy vat haar hare behendig bymekaar en trek die kabinet se laai oop, terwyl hy die flos uithaal en haar hare met 'n stuk flostou vasmaak. Dan tel hy haar in die bad, gee haar 'nuwe waslap en sy showergel, voor hy haar los om te bad. Nico gaan maak vir hulle koffie en sit dit in die kamer neer, voor hy die badkamer binne stap en 'n vinnige stort vat. Toe hy uitklim en die handdoek om hom draai, staan sy net in haar handdoek by die deur en kyk oor haar skouer na hom. Hy grinnik, vat haar hand en loop met haar bed toe, waar hy haar en sy handdoeke vat en oor die stoel oopgooi. Doodeenvoudig haar kaal in die bed sit en self langs haar inklim. "Ek het vir ons koffie en beskuit gebring, want ons het nou glad nie geëet nie." Hy vat die skinkbord en sit hom op die bed en hulle eet in stilte elkeen 'n paar beskuite, voor hy die skinkbord bo op die laaikas sit en terugklim in die bed. Nico trek haar in sy arms in en sit die lig af. "Slaap my lief, jy kort 'n goeie nagrus en ek ook. Ons sal môre praat..." Sy giggel en beweeg haar hande oor sy lyf. "En as ek nou skielik nie moeg is nie..." Hy grinnik stout. "Dan het ek en jy 'n baie groot probleem, want dan gaan ek jou beslis nie nou laat slaap nie... en... jou vir 'n wyle nog uit die slaap hou..."

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiDonde viven las historias. Descúbrelo ahora