Hoofstuk 3

71 3 1
                                    

Hierdie hoofstuk dra ek op aan Roxana929800 net omdat sy moeite gedoen het om my boeke te lees en te comment. Maar ook dankie aan al my ander getroue lesers.

Arno en Shevon besluit om vir die agtienjarige Callum en Kelsi 'n groot braai te hou vir hulle negentiendeverjaardag. Dit sluit sommer sy en Shevon se huweliksherdenking ook in. Dit beloof om 'n groot funksie te wees, want hulle het heelwat familie en vriende. Landi het vanoggend voor werk gou kom groet. Sy het haar ouers 'n hele tweeweke laas gesien. "Landi het jy iets anders as langbroeke my kind?" Landi lag en kyk na haar Ma. "Natuurlik Mams, ek kan net nie rokke durf dra met Daniël en Craig naby nie, daai twee helions van julle trek my te veel pranks. Hoekom vra Mams?" Shevon glimlag, dis steeds vir haar wonderlik as Landi haar Mams noem, al is sy nie haar eie kind nie. Die vyfjarige vrolike Landi het egter verander in 'n geslote, stil, vier-en-twintigjarige jongvrou. "Ons wil 'n braai hou vir Callum en Kelsi se verjaardag en ons huweliksherdenking, maar ons wil dit 'n smart casual braai maak. Jy gaan dus 'n cocktail rokkie benodig." Landi sug. "Ai Mams hoekom maak julle dit nie net 'n gewone braai die Saterdagmiddag nie, dan kan die klomp jonger kids nog perdry en buite van hulle energie ontslae raak. Jy weet wat het hulle aangevang met Ava en Wynand se fancy troue." Shevon lag as sy dink aan die konsternasie toe Callum, Kelsi, Daniël, Craig, Nita en Ally vir Ava try ontvoer het, om seker te maak of Wynand agter haar sal aankom omdat hy regtig lief is vir hulle nig Ava. Bernice wou hulle vermoor, maar almal het darem agterna daaroor gelag. "Nou goed ons doen dit dan 'n Saterdagmiddag van so 12:00 af. Dan kuier ons en eet vingerkos so by 13:00 en gaan deur tot die aand en braai dan vir aandete. Ons kort almal 'n goeie kuier. Ouma Loraine hulle sal ook hier wees en Ouma Susan en Oupa Juan het gesê hulle mis dit vir niks nie. Kan ek jou stuur om die tweeling by die skool te gaan haal môre middag, want ek gaan eers direk van skool af na tannie Elna toe. Dan moet hulle wag en dan is hulle dikbek en jy is mos Vrydaemiddae gewoonlik af van 14:00 af." Landi knik. "Ja hopelik is Majoor Grump ook vroeg weg, anders kry hy nou weer iets, om my oor laat te hou." Shevon kyk na Landi en haar stemtoon sê dis iemand wat haar redelik omkrap. "Nou wie is Majoor Grump?" Landi waai met die hand en begin uitloop. "Sommer daai vertraagde Nico Brody wie se rang kop toe gegaan het. Moes hom verongeluk het vierjaar terug, toe ek die kans gehad het om dit soos 'n ongeluk te laat lyk. Bye Mams, sien later, ek het Paps gegroet." Sy is by die deur uit voor Shevon nog iets kan sê en Arno verskyn in die deur tussen die kombuis en gang. "Moenie so verbaas lyk nie skat, Riaan het my Maandag vertel van die twee se fight en hoe Nico haar en Rohan laat draf het vir 'n hele middag. Blykbaar baklei hulle al van hy haar instrukteur was vierjaar terug. Haar laaste operasie toe sy MIA was, was onder sy bevel, ek wonder net of hy ons sal kan vertel wat met haar gebeur het, tydens daai laaste operasie. Sy praat nie daaroor nie, sy het in vierjaar nie openlik gesels met ons nie. Dis nie my Landi soos ek haar geken het nie en dit pla my geweldig." Soos dit met baie tweelinge werk, is Anrie bekommerd oor Arno. Sy het hierdie gevoel oor hom en sy ry dus deur die dag, terwyl dit stil is by die teëlery, gou dorp toe, na sy en Chris se praktyk toe. Sy glip in sonder dat Chris haar sien en gelukkig is Arno vir die volgende uur oop. Toe sy in sy deur verskyn, kyk hy op en lag. "Hoe de hel gebeur dit...jy weet nê?" Sy lag, sit sy gunsteling melkskommel voor hom neer voor sy in die gemakstoel voor sy tafel gaan sit en haar voete op sy tafel sit. Iets wat sy weet hy haat. "Jip ek weet...iets pla jou, jy is ongedurig. Praat met my, my liewe broer..." Hy skud sy kop en lag, terwyl hy sy voete op die anderkant van sy tafel sit. As sy ontvangsdame Lucy hom nou kan sien, kry sy 'n hartaanval van skok. "Ek weet nie, maar ek is bekommerd oor Landi. Jy weet van sy teruggekom het vierjaar terug was sy anders. Sy is soos menige marine gediagnoseer met PTSD, maar sy was gevang tydens hulle laaste operasie en vir drieweke aangehou en dis al wat ons weet. Sy praat nie met ons daaroor nie, alhoewel ek weet sy het met Monique daaroor gepraat en sy kuier steeds af en toe saam met Monique. Die laaste paar weke is sy meer gespanne en in haarself gekeer. Sy help jou soms uit by die stalle, lyk sy nie vir jou anders nie?" Anrie lyk of sy diep dink voor sy antwoord. "Ek en Riaan het daaroor gepraat aan tafel Sondagaand en toe kom Rohan met 'n hele klomp stories uit. Ek glo Riaan het jou Maandag vertel van haar en Nico se skermutselinge die afgelope paar weke. Rohan is maar eers van laas Maandag af by die agentskap, maar Bernard het hom goed ingelig en in die kort tydjie van tweeweke, wat hy onder Nico en Landi werk, het Nico en Landi al driemaal gebots. Herman vind dit glo vreeslik vreemd, want soos jy weet was Nico haar instrukteur toe sy net in die marines ingekom het en later ook haar bevelvoeder tydens die twee operasies wat sy gedoen het. Ek het egter agtergekom Landi is vreemd stil en vermy enige human contact. Sy groet my bv. altyd met 'n druk, maar vandat sy vierjaar terug hier aangekom het klop sy vir Riaan net altyd op die rug om hom te groet. Sy doen dieselfde met Karel en Chris. Sy is sku vir mans, iets wat sy nooit was nie. Sy was al die jare baie lief vir haar Ooms en nefies, maar nou...nou is sy ook vreemd stil. Sê my, het sy nog daai vieslike harige tarentula Charlie?" Arno lyk hartseer. "Ja...ja sy het steeds vir Charlie, maar hy is darem ook al twintigjaar oud. Hy het die tweejaar wat sy in Simonstad was, by ons gebly terwyl Shevon hom versorg het. Jy weet Anrie ek het so gehoop ek kan haar beskerm na Freda se dinge, dat sy 'n normale jongmens en jongvrou sal word. Daar is Thuanette en Ava en Hazel en hulle is reeds getroud, maar nee my Landi wil marines toe soos haar Ooms en kom gebreek terug." Anrie kan sien hierdie ding krap Arno vreeslik om. "Ek moet gaan, maar ek sal kyk of ek dalk met haar kan gesels, dalk iets uit haar kan kry, as sy my vanmiddag by die stalle kom help. Jy moet nie dat hierdie ding jou omkrap nie, ons gaan agter die kap van die byl kom, al vat dit 'n tydjie." Landi het net die tweeling afgelaai en koers gevat na Tannie Anrie toe. Die perdeteëlery het so uitgebrei dat hulle Oupa Juan se plaas se grensdrade gelig het en 'n pad van Anrie en Riaan se plaas langsaan gemaak het. Nou is dit maklik vir Anrie om by die stalle te kom, as daar in die nag 'n siekperd of merrie is wat moet vul. Landi trek net eers haar uniform uit by haar huis so kilometer anderkant Oupa Juan en Ouma Susan se huis. Sy los haar kar daar en stap sommer stalle toe. By die stalle kyk sy eers op die bord wat se werk daar vir haar is. O lekker sy moet vir Thor uit vat vir 'n lekker hardloopsessie. Sy begin hom opsaal en die volgende oomblik verskyn Oom Riaan in die deur. Sy weet sy hoef nie bang te wees nie, maar sy is dadelik op haar hoede. Riaan is egter 'n goeie mensekenner en hy besef dadelik sy is senuweeagtig. Thor begin ook rondtrap, want hy voel haar senuweeagtigheid aan. "Landi, liefie raak rustig, ek is nie hier om jou te pla nie, ek gaan net vir Hercules uitvat vir 'n goeie hardloop. Vat jy solank vir Thor, dan is hier meer spasie as ek Hercules uitbring." Riaan is so rustig as kan kom en sorg dat hy 'n goeie afstand van haar af bly. Sy is uit en weg met Thor soos blits. Riaan ry 'n paar minute later in een van die voorbrand paaie langs die lyndrade af. Hy sien die stofwolk 'n ent voor hom en hy trek weg met 'n spoed, toe hy Thor ruiterloos sien terugkom. Hy stop Thor, en vat hom saam met hom tot waar hy Landi in die stof sien sit. Hy sien haar moordadige kyk na Thor en hy skater van die lag terwyl hy afklim. "Sal jou leer om jou nukke op Thor uit te haal, kom gee my jou hand en kom stadig regop." Sy vat sy hand en staan op, maar tree dadelik terug van hom af. "Ek en jy gaan nou gesels, marine tot marine Luitenant le Clerq. Jy kan nie met die perde werk as jy in 'n bui is nie, dus ook nie nou stalle toe ry, terwyl jy agitated is nie, kom ons laat hulle deur die veld bietjie hardloop. Hier is nie gate waarin hulle kan trap nie." Sy sê niks nie, maar stap saam met Riaan tot by 'n boom waar lekker groot klippe lê, waarop hulle gaan sit. Sy kyk na die perde wat naby hulle hardloop en speel, maar vermy Riaan se blik. "Ek weet jy het vierjaar terug gewond en mentally gebreek hier aangekom. Ons is almal daardeur, en ons almal lei aan 'n vorm van PTSD, maar daar is iets meer wat jou pla. Landi, ek is miskien jou Oom en 'n man daarby, maar ek is nie dom nie. Ek sien hoe jy enige man omseil en enige liggaamlike kontak met enige een van ons vermy. Die ou Landi sou Rohan maklik om die nek gegryp het as sy hom 'n week laas gesien het. Of selfs een van haar Ooms behoorlik bespring en drukkies gegee het. Jy weet ek mis daai ou Landi, ek haat dit om jou so te sien. Ek is ook oud genoeg en lank genoeg in die land, om te weet daar het een van twee dinge met jou gebeur. Daar was of 'n man in jou lewe waarvan niemand geweet het nie, iemand wat jou hele lewe omgekeer het, of met daai laaste operasie het iets met jou gebeur, iets verskrikliks soos verkragting..." Sy ruk by die aanhoor van sy laaste woorde, maar bly kop onderste-bo sit en mompel dat hy net-net kan hoor wat sy sê. "Wat van altwee Luitenant Meyer..." Riaan kyk geskok na Landi, maar raak nie aan haar, toe hy die groot trane oor haar wange sien rol nie. Hy weet nie hoe nie, maar hy weet hy moet nie nou aan haar raak nie. "Wie? Die man in jou lewe of die bliksems wat jou gevang het?" Sy skud haar kop en toe rou snikke deur haar liggaam skeur sit Riaan sy arm stadig om haar skouer en sy kantel vanself tot teen haar Oom se bors, waar hy haar in sy arms toevou en sy bitterlik huil. Hy sus haar en vryf oor haar rug terwyl hyself trane in sy oë het. Hy is maar eintlik 'n groot ou softy waar dit sy vrou, kinders en familie aanbetref. Hulle sit 'n hele ruk so voor sy bietjie bedaar en hom wegdruk, waarop hy haar dadelik laat gaan. Sy staan op en gaan sit agter hom met haar rug teen syne voor sy begin praat en hy dink later, dis dalk beter dat sy nie kan sien hoe die trane oor sy wange loop nie. "Ek was jonk net agtien tydens my basies, ek het op skool 'n crush gehad, maar wat ek toe gevoel het, was niks in vergelyking met wat hierdie man my laat voel het nie. Hy het die swaarkry soos niks laat lyk nie. Aanvanklik het ons vasgesit en toe ek weer sien vry ons skelm om elke hoek en draai. Met my eerste operasie was hy daar en het my opgepas en gesorg dat ek veilig was. Toe kort voor my offisiers eksamen raak hy distant en ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie. Ek vind toe met 'n skok uit dat ek...dat...dat ek swanger is...'n hele 10 weke. Ek het hom genader 'n dag voor ons vertrek...ek wou hom sê, maar hy het dit duidelik gemaak dis verby tussen ons. Ek het...ek...ek het nie geweet wat om te doen nie. Ek wou nie op daai operasie gegaan het nie, maar ek is nie 'n keuse gelaat nie. Ek het gegaan en dit was 'n gemors van ons daar gekom het op daai grensbasis. Twee dae later het ons in 'n lokval geloop..." Dis asof Landi nie kan ophou praat nie. Die woorde tuimel nou net by haar mond uit. "Ek en Alwyn en Kevin is gevang en in 'n gat in die grond gesit. Hulle was gewond en ek het Alwyn se been gespalk so goed ek kon, Kevin het 'n skietwond deur sy voorarm gehad. Hy het egter infeksie gekry omdat ek dit nie ordentlik kon skoonmaak nie. Vir drieweke was ons daar met een ete per dag en bietjie water. Bedags was dit vreeslik warm en snags het ons letterlik gevrek van koue. Een oggend, is ek uit die gat gehaal...toe die leier van die groep my hoed afpluk en my hare tuimel uit, was ek gedoem. Hy het...hy... het my deur sy manne laat vasdruk en my..." Haar stem raak weg en sy fluister die res van die woorde. "...hy het my...verkrag...ek het so baklei...maar...hulle was ses...daarna het hy my omtrent elke uur verkrag vir die res van die dag en my toe die aand teruggegooi in die gat. Ons is twee dae later gered, maar ek het niks vir niemand vertel nie, ek...ek kon net nie. Ek het so vernederd en vuil gevoel. Terug in Simonstad in die hospitaal het die dokter...'n vrou ...want ek wou geen mansdokter naby my toelaat nie, dadelik besef wat gebeur het. Ek het egter dieselfde aand 'n miskraam gehad. Ek het haar gevra om hom...die baba...asb te laat veras en die as vir my te hou tot ek ontslaan is. Ek weet dis nie die gebruik nie, maar ek kon hom nie net so los en laat gaan nie..." Riaan draai om en trek haar rug teen hom vas toe hy haar snikke hoor. Hy sit sy arms om haar en wieg haar heen en weer terwyl hy 'n soen teen haar slaap druk. "My liewe-liewe Landitjie, hoekom dra jy hierdie ding, hierdie smartlike trauma vir vierjaar alleen terwyl jy weet, jy het 'n liefdevolle familie, wat die aarde sal versit om dit vir jou makliker te help maak? Enige een van ons sou verstaan het." Sy snuif en lig haar kop om oor haar skouer na hom te kyk. "My liewe-liewe Oom Riaan, juis omdat ek nie die jammerte soos nou op jou gesig, van my familie sou kon vat nie. Ek..." Hy skud sy kop en draai haar om dat sy skuins voor hom op die klip sit. "Sshh...moenie eers verder praat nie. My hart is seer en ek is 'n ou softy en as jy dit ooit vir iemand vertel sal ek jou kom vermoor in die nag." Dit maak haar darem lag. "Jy weet jou ouers is bekommerd oor jou nê. En as Arno bekommerd is, is Anrie ook omgekrap nê...ek dink jy moet met hulle hieroor praat. Jy besoek Monique, ek neem aan sy loop met jou geheim rond. Ek belowe jou niemand sal dit uit my mond hoor nie, maar dis 'n vreeslike geheim om mee rond te loop. Mag ek vra wat het jy met die as gedoen?" Sy knik. "Ek kon dit nog nooit êrens uitgooi of begrawe sonder dat iemand dit sien of uitvind nie. Ek het die pakkie wat die suster my die oggend met my ontslag gegee het, nog net so bo in my kas...ek weet mens moenie vasklou aan iemand se as nie. Hy bestaan nie meer nie, hy...het nooit 'n kans op lewe gehad nie." Riaan vee oor sy oë met sy arm en gee vir Landi sy sakdoek. "Het jy ooit hierdie man ingelig oor sy seun...weet hy dat hy Pa sou word?" Sy skud haar kop. "Nee, ek het gevoel hy hoef nie te weet nie, hy het my al seergenoeg gemaak. Hy behoort nie die voorreg te hê om te weet nie..." Riaan knik en staan op. "Kom...ons ry 'n ent dat ons gesigte en hemde darem kan droogwaai voor ons by die stalle is." Landi sien nou eers die natkolle op haar Oom se hemp en ook op haar eie hemp. Liewe land maar sy het omtrent getjank. "Ek is jammer Oom Riaan...maar dankie...dankie vir die oor en skouer...en sakdoek..." Hy klop haar op die blad, maar sy trek hom nader en gee hom 'n druk. "Jy weet jy is steeds my favourite Oom nê?" Riaan lag en druk haar voor hy vir die perde fluit. "Moenie dink jy gaan daarmee die stalwerk vanmiddag mis nie, maar dankie. Jy moet darem net ook weet jy is my favourite kleinniggie, maar ek mag jou nie voortrek nie." Sy lag en klim op Thor. "Kom ek race jou tot by die stalle toe my ou Oom..." Sy trek weg en Riaan moet uithaal om haar in te haal. Hulle jaag die werf binne met 'n laggende Landi net 'n kort-kop voor Riaan. Daar is egter 'n hele paar mense wat daar by Anrie rondstaan. Karel en Bernice lag net en skud kop. Bernard, Rohan, Callum, Kelsi, Daniël, Craig, Nita en Ally skater oor Riaan verloor het. Anrie kyk egter na Landi en dan na Riaan, en sien haar man lyk anders, maar hy skud sy kop net effens, daarom laat sy dit gaan. Daniël en Craig kry die perde om af te saal en koud te lei terwyl die ander kyk na die nuwe vulletjies in die stal. Karel keer vir Riaan met sy hand buite die stal. "Ons twee moet gesels, maar nie hier nie. Kry my sonop by die ou Wilgerboom." Sonop die volgende oggend gaan sit Riaan langs Karel op 'n omgevalde stomp langs die water. "So...gaan jy my vertel hoekom jy so sad gelyk het gister en hoekom Landi traanstrepe op haar wange gehad het?" Riaan het geweet Karel skerpoog gaan vra hê. "Ek wens ek kon jou vertel, maar dis nie my verhaal om te vertel nie. Jy weet ek glo daarin om my mond te hou as iemand my met iets vertrou." Karel knik, ja Riaan kan 'n geheim goed hou. Kyk nou met hom en Anrie. Vier amper vyfjaar het hy skelm na Anrie gevry onder hulle neuse. "Nou goed laat ek so vra, is daar iets wat ons as mede marines of selfs familie kan doen om dinge vir haar makliker te maak?" Riaan skud sy kop. "Nie regtig nie, nee...julle kan haar net versigtig hanteer, as sy nie spraaksaam is nie los haar net uit. Sy lei aan PTSD en sy cope nie altyd lekker daarmee nie en slaap maar sleg, ons moet haar net kans gee om self oor alles te praat." Karel kyk na Riaan se gepynigde uitdrukking. "Dit het te doen met daai laaste operasie nê?" Riaan knik. "Ja en ook 'n bliksemse jongman wat haar net misbruik het." Karel is ook nie dom nie en hy verstaan half en half wat Riaan sê. "Sy is dus ook nie meer onaangeraak nie, dalk die rede hoekom sy alle mans, ook Ooms en neefs op 'n afstand hou. Sy trust geen man nie." Riaan knik net, maar sê niks verder nie. Hulle groet en gaan in stilte uitmekaar, elkeen na sy huis met 'n wrok teen iemand, wat hulle nie eers ken nie.

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now