Hoofstuk 5

77 3 3
                                    

Hoop nie iemand is bang vir creepy crawlies nie. Bo 'n foto van Madame Rosy, die Chilean Rose pinkish tarentula

Woensdag is 'n besige dag en Herman roep sy agente in. "Middag almal. Bly om te sien julle sien so goed daaruit. Ek het 'n klein operasie vir julle en twee nuwe kollegas. Ahh, hier is hulle nou net. Ek het gehoor Nico en Landi ken hulle, maar julle ander, hierdie is Pieter Coetzee en Niel Smith. So van links om die tafel is Wynand, Wayne, Bernard, Rohan, Lara, Kayla, Jenny, Landi en Nico wat julle ken van basies af. Kom sit dat ons kan begin." Landi rol net haar oë toe Pieter dadelik vir haar ogies maak en Nico lag tot sy hom met die elmboog in die ribbes stamp. "Mmm...ek sien hy het steeds die hots vir jou." Sy gee Nico 'n vuil kyk voor sy vir hom fluister. "Ek sal sy hots vir hom indruk daar diep waar 'n torch nie eers kan sien nie." Dit laat hom saggies lag wat die ander vraend na hom laat kyk, maar hy ignoreer hulle net en luister na sy Pa. "Ons moet 'n tipiese cul de sac-buurt infiltreer. Dis almal prokureurs, dokters, onderwysers ens. Ons moet uitvind wie van hulle is betrokke by 'n human trafficing operation. Daar het nou al 'n paar skoolmeisies en ook college meisies verdwyn en van hulle vriende sê dat hulle aansoek gedoen het vir babysitting jobs en gegaan het vir die onderhoude en nooit weer gesien is nie. Die probleem is dat daar nie 'n spesifieke adres in die koerant verskyn nie, maar net dat dit in die Cul de sac is en dat die onderhoudsvoerder jou by die fontein daar sal kry. Daar is 'n leë huis aan die begin van die straat waarvan af mens al die huise en fontein kan sien. Hulle moet dus ook by daardie huis verby ry om uit die cul de sac te kom. Ons gaan 'n paar van julle in die nag daar insmokkel en dan trek 'n jong couple die volgende dag in daglig in. Julle gaan ongelukkig moet tuinwerk en draf en fietsry ens om gesien te kan word. Dan gaan julle 'n daknatmaak moet hou en die bure nooi, terwyl die crew op die boonstevloer en solder is. Die jong couple sal verseker genooi word na die huise toe en daar sal hulle dus die spywerk doen. Nico, jy en Landi sal die couple wees. Nico jy is 'n rugby coach by die college en Landi jy is 'n onderwyseres by die hoërskool. Gelukkig is dit nou vakansie en sal dit nie snaaks wees as Lara, Jenny en Layla babysitting werk soek nie. Wayne, Wynand, Pieter, Niel, Bernard en Rohan julle is die crew op die boonste vloer en solder wat julle tweetjies nie gebruik nie, want julle het nog nie kinders of so baie meubels nie. Julle het pas saam ingetrek. Julle manne gaan ongelukkig gebruik maak van opblaasmatrasse en julle kit. Julle moet onder geen omstandighede gesien word nie. Indien een van julle betrap word, maak maar asof jy en Landi agter Nico se rug cheat. Nou goed, enige vra?" Daar is heelwat vra en alles word vinnig beantwoord en uitgesorteer. Landi is tjoepstil en Rohan trek vir haar grootoë van oorkant die tafel af en wikkel sy wenkbroue, maar sy rol net haar oë en ignoreer hom. Alles gebeur vinnig en voor sy haar oë uitvee arriveer sy en Nico in hulle twee motors by die huis waar 'n klein meubelwa hulle goed aflaai. Nico maak haar deur oop en blok haar tussen die deur en sy liggaam. "Stop...haal asem, en praat met my. Ons het 'n audience van bure wat almal nou net by die huise gestop het. Ek weet jy hou net so min van die situasie soos ek, maar ons gaan moet act hier. En ons moet oortuigend wees, so moet my asb nie nou klap nie." Voor sy iets kan sê buig hy sy kop en soen haar, voor hy terugtree en haar hand vat en haar deur toemaak. Hulle stap hand aan hand die huis binne en gelukkig kry Landi tyd om haar gesig te skool, want binne, maar buite sig, sit hulle crew op die trappe almal en grinnik. Nico maak die deur toe na die laaste 'werkers' weg is, en kyk na die grinnikende klomp mans op die trappe. "So kom op julle poste mense, ons sal nou met julle kom gesels oor laasnag." Toe almal uit is en hy en Landi alleen oorbly kyk hy na haar waar sy die ketel aansit. "Is jy okay Landi?" Sy kyk op en knik. "Ja, natuurlik is ek fine. Wil jy koffie hê?" Hy knik en haal solank die melk uit. Hulle stap in stilte die trappe op en Landi sien darem daar is twee slaapkamers vir hulle reggemaak en sy voel sommer baie verlig. Hulle gaan die solder binne en word gebombardeer met al die inligting. Teen die einde van die week het hulle vriende gemaak met 'n hele paar bure en het 'n idee wie die kriminele is. Gelukkig het sy en Nico vinnig in 'n roetine geval. Soggens gaan hulle saam draf, en aangesien hulle met 'vakansie' is, werk hulle in die tuin en sodoende kry hulle baie geselsies met die bure in en ook baie belangrike inligting. Lara, Leyla en Jenny het almal dieselfde pos van babysitter gekry sommer drie dae na mekaar. Landi vind uit dat Claudine die enigste huisvrou in die buurt al die onderhoude gedoen het, maar hulle het geen kind of kraai nie. Claudine het 'n klein in-en-uitvoer besigheid van die huis af, maar haar pottery en skilderye word sommer daagliks na die hawe geneem, waar dit in 'n container geplaas word vir verskeping aan die einde van die tweeweke. Lara raak weg toe sy kastig arriveer om na Claudine se kind te kyk, terwyl sy en John 'uitgaan' die aand. Die volgende aand raak Jenny weg. Hulle twee senders wys reguit na die dokke toe waar dit wegraak. Landi gaan vir 'n pottebakkersles om die container se nommer te kry, wat sy heel toevallig op 'n papier op Claudine se tafel sien. Die container word dopgehou en toe Kayla verdwyn weet hulle vir 'n feit waar die meisies hulle bevind. Intussen kom nog drie college meisies wat verdwyn en nou maak die hele crew reg om die aand die operasie te lei op die dokke. Landi is besig om haar vuurwapens na te gaan toe sy opkyk en Nico se oë op haar vang. Hy begin glimlag voor hy saggies met haar praat met sy rug na die res van die crew. "Voel soos in die oudae, dra jy steeds jou mes in jou linkerboot en die ander een aan jou regterbeen?" Sy kyk eers net na hom en glimlag dan effens. "Natuurlik, hoe dan nou anders? My instrukteur het my so geleer en die eenkeer wat ek dit nie so gedoen het nie, is ek gevang..." Sy verstar vir 'n oomblik en dis eers toe Nico aan haar wang raak, dat sy besef sy het ge-out zone. Hy vee liggies oor haar wang. "Eendag...moet ons dalk daaroor praat..." Sy skud haar kop. "Nooit..." Hy kyk stip na haar, terwyl hy sy bullett proove vest aantrek. "Jy weet nooit is 'n lang tyd Landi. Ek het ook gedink ons sal nooit weer saamwerk nie, en kyk nou net..." Sy draai weg en sien Bernard hou hulle twee stip dop, sy weet egter nie hy en Rohan het hulle gesprek gehoor nie. Rohan en Bernard kyk vir mekaar en knik. Jip, hier is 'n storie wat net Nico en Landi ken, dalk moet hulle bietjie meer met Pieter en Niel gesels. Hulle het hulle basies saam met Landi gedoen en Nico was ook hulle instrukteur en opleidingsoffisier. By die dokke weet elkeen wat hy of sy moet doen en Herman, Charl en Paul is ook daar op hulle poste. Met die aankoms van Claudine en John en die kopers wat die jongmeisies by hulle koop is almal gereed vir aksie. Met die oorhandiging van die tasgeld en die sleutel vir die container breek die hel egter los en binne oomblikke is almal vas op die grond. Die container gaan oop en daar sit 'n stuk of dertig jongmeisies. Kayla, Jenny en Lara kom verlig orent. "Ons het julle mos gesê voor die einde van die week word ons gered. Kom dat ons julle families kan kontak. Hel Nico ek was nog nooit so bly om my Ouboet se gesig te sien nie." Nico omhels sy suster en lag. "Ek sal jou dan meer moet laat ontvoer sus. Kom dat Pa kan sien sy bloedjie is veilig." Sy sien haar Pa se verligte gesig en omhels hom. "Hallo Paps, ek is piekfyn." Charl kry vir Lara en druk haar 'n oomblik teen hom vas. "Jou Ma het my omtrent die riot act gelees oor sy nie geweet het van hierdie stint nie." Lara lag net en sien hoe Niel haar en haar Pa dophou. Mmm...jy kan maar kyk, jy gaan nog eers by my Pa moet verbykom en voor dit meneertjie gaan ek eers by Landi oor jou uitvis. Landi skud haarself af en begin na die SUV toe te beweeg waarmee sy, Nico, Rohan en Bernard daar aangekom het, maar 'n hand op haar arm stop haar. Sy staan botstil en sien dis Pieter, maar voor sy die hand kan afskud gaan 'n ander groot manshand om sy pols en toe sy opkyk sien sy Bernard se moordadige kyk. "Hands-off pel. Landi word nie bevat en bevoel sonder haar familie se toestemming nie." Pieter lag en lig sy hande op in 'n vrede maak gebaar en kyk na Landi. "Skuus man, ek wou haar net stop. Wil weet wanneer gaan ons bietjie opvang na al die jare Landi?" Sy kyk na hom en trek haar skouers op. "Nee wat Pieter, daar is nie veel om op te vang nie. Ek is maar nog dieselfde ou bedonnerde Landi, wat nie tyd het vir bullshitters nie." Sy draai na Nico wat beslis elke woord gehoor het, as sy na sy laggende gesig kyk. "Kom Nico jy kan by die huis met jou Pa en suster gaan gesels, ek wil die papierwerk gaan afhandel dat ek by die huis kan kom. Ek sien my Ma het my al vier whatsapps gestuur, net-nou stuur sy die polisie uit om my te soek." Nico groet sy Pa-hulle en kom aangestap na die voertuig toe. Hy maak haar deur oop in die verbygaan en loop voor om die neus. "Nou toe manne julle het Landi gehoor. Klim dat ons die papierwerk kan gaan afhandel." Bernard en Rohan klim in en Pieter draai suur weg na die ander voertuig. In die SUV begin Rohan kliphard lag. "Hel Landi, jy is darem maar hard op 'n man. Jy het hom nie eers 'n kans gegee om behoorlik met jou te flirt nie." Nico spring haar egter voor en antwoord voor sy iets kan sê. "Die klein bliksem is 'n snitch, 'n slegte verloorder, 'n rugsteker en 'n opperste cassanova. Het ek iets gemis Landi?" Sy kyk by die venster uit en skud haar kop. "Nope, ek dink nie jy het iets gemis nie." Bernard kyk in die spieël en sien Nico se oë toe hy opkyk. Dit is hard en donkerblou en hy weet daar steek meer agter Nico se woorde. In die vroeë oggend ure stap Landi in haar huis in, stort en val moeg in haar bed om vinnig in 'n droomlose slaap te verval. Sy is baie besig die volgende twee dae, en sit diep ingedagte in haar kantoor, besig met papierwerk toe Nico instap met 'n kleinerige boksie in sy hand. Hy sit hom op haar tafel op die papiere neer. "En dit?" Hy lyk effens verleë. "Kom ons noem dit 'n vredes offer..." Hy tree terug en maak haar deur toe voor hy terugkom en voor haar tafel gaan sit. "Landi...ons werk nou ongelukkig saam en ons kan nie aangaan soos ons aangaan nie. Die vibe tussen ons, kan ons werk naderhand beïnvloed. Ek en jy moet gesels...oor ons verlede...en vrede maak. En...ek moet weet, wat presies het gebeur nadat jy gevang was..." Landi sit agteroor en kyk na Nico en skud haar kop. "Ek...ek kan nie...jy moet verstaan... Dit is dinge wat verby is, laat die verlede gaan...asb?" Nico sien sy begin erg ontsteld raak en hy weet dit is back flashes wat sy kry en kan in 'n panic attack omsit. "Okay...Landi haal diep asem...ons sal nie daaroor praat as jy nie wil nie...asem Landi, haal net asem en relax..." Hy praat saggies met haar en beweeg stadig om die tafel en gaan sit op sy hurke voor haar stoel, waarna hy haar hande in syne vat. "Ek is jammer Landi, ek wou jou nie ontstel het nie. Ek wou net sê ek is jammer, oor die manier wat ek dinge tussen ons gelos het en ek wou vra, dat jy my vergewe..." Sy sit en staar voor haar uit, net om skielik na Nico te kyk. "Ek...ek kan jou nooit vergewe nie, nooit ni..." Sy begin vreeslik huil en hy staan op en trek haar teen sy bors vas. Sy klou aan sy hemp terwyl sy huil. Bernard kom vinnig by die deur in en kyk boos na Nico, maar Nico skud sy kop en fluister oor haar kop vir Bernard. "Panic attack..." Bernard knik en trek die deur weer agter hom toe en laat hulle alleen. Nico neem haar tot by die bank in haar kantoor en trek haar saam met hom neer. 'n Hele ruk later het sy bedaar en sy druk haarself regop en skuif weg van Nico af. Sy lyk skuldig en sy voel ellendig oor sy so gevou het voor Nico. "Ek...um..." Hy skud egter sy kop. "Sjuut...ons gaan nie 'n woord hieroor sê nie. Ek sal jou wense respekteer en nooit weer oor die verlede met jou praat nie en wat vandag hier gebeur het, bly net hier tussen hierdie vier mure. Daar op die tafel is my vredesoffer egter steeds. Ek kan hom terugvat, maar...ek wil hom nie graag self hou nie en hy gaan doodgaan as jy hom onbepaald in die boksie los. So..." Sy staan op en vat die boksie, wat nogal swaar is. "Moet hom nie skud nie, die inhoud is bietjie fragile." Sy maak die boksie oop en sien die bo-kant van 'n houtdekseltjie met gaatjies in en lig die glaskassie uit. Sy kan haar oë nie glo nie. Dis 'n Chilean Rose tarentula, seker so groot soos 'n ertjie. "Die outjie by die pet shop het gesê dis 'n wyfie en sy is so 3 maande oud. Sy het tot 'n geboorte sertifikaat in die onderkant van die boksie en ongelukkig het sy so cliché naam soos Rosy." Landi kyk op na Nico en vir 'n oomblik zone sy uit, maar toe hy keëlskoonmaak en opstaan is sy weer haarself. "Ek...um...ek weet nie wat om te sê nie. Hoekom het jy dit gedoen?" Hy trek sy skouers op en beweeg deur toe. "Dit maak seker nie meer saak nie, nê...geniet vir Madame Rosy, sy is reeds mak, ek het haar al uitgehad, sy hou daarvan. Bye Landi..." Voor sy iets verder kan sê verdwyn hy so hinke pink die gang af en sy maak 'n vinnige besluit voor sy haar kantoor oppak. Sy skryf haar bedanking en stap na Oom Herman se kantoor toe. Sy klop en stap binne om voor sy tafel te gaan staan. Toe hy opkyk weet hy daar is fout. "Kom sit kind, wat het jy op die hart?" Sy gaan sit op die punt van die stoel en stoot die koevert oor die tafel na hom toe. "Ek is jammer Oom Herman, maar die PTSD, werk my gal nou behoorlik. Hierdie is my bedanking. Ek moet eers gaan rus en klaarheid kry oor my ervarings en verlede, dan sal ek kan besluit wat om met my lewe vorentoe te doen. Soos ek nou is plaas ek almal om my se lewens in gevaar, indien ek in die veld sou stol of enige back flashes kry. Hierdie tipe werk is nie goed vir my PTSD nie." Herman kyk goed na haar bleek gesiggie en sien die kringe onder haar oë en tekens van trane en knik. "Dis goed so Landi, dankie vir die wonderlike werk die afgelope vierjaar, ek hoop jy rus en sorg dat jy 'n terapeut of so iemand gaan sien. Gaan jy hier bly of gaan jy heeltemal weg?" Sy glimlag effens tranerig. "Dankie Oom, ek het dit geniet om hier te werk. Ek het gedink om vir so 'n week see toe te gaan, dan terug te kom en dalk vir tannie Anrie te help, tot ek weet wat ek verder wil doen." Hy knik, staan op en loop om die tafel, waar hy haar teen hom vasdruk. Sy draai vinnig om en loop met trane oor haar wange uit. Sy dra haar paar bokse met persoonlike goedjies motor toe en gaan terug om vir Madame Rosy te gaan haal. Bernard en Rohan staan en kyk na die pink gedoentetjie op haar tafel. "Hey en die nuwe troetelgedrog? Waar kom hy vandaan en waar is al jou goed?" Sy lag effens en tel vir Rosy op. "Bernard...Rohan, laat ek julle bekendstel aan Madame Rosy. Sy is 'n driemaande oue Chilean Rose en sy was 'n geskenk. Ek sal julle nog sien, so by die family gatherings, maar van die oomblik af werk ek nie meer hier nie. Ek gaan nou my ouers groet, dan vertrek ek met vakansie vir so week of twee en daarna sal ek sien wat ek met myself aanvang. My PTSD stel almal om my net in gevaar." Sy gee elkeen 'n druk, vat Rosy en verdwyn soos blits. Nico het so pas sy bedanking ingehandig en kom net verby haar kantoor toe Bernard en Rohan hom na binne ruk en die deur agter hom sluit en Bernard hom voor die bors druk met sy vinger. "So ek kom hier in, sy is in trane in jou arms, jy sê panic attack en nou het sy bedank en verdwyn. Gaan jy praat of moet ons jou opdonder?" Nico lyk uit die geld geslaan. "Sy het bedank? Ek...sy het regtig 'n panic attack gehad. Ons het oor daai laaste operasie saam gepraat en sy het net begin panic...ek...ek is ook net besig om my goed op te pak. Ek gaan jou Pa se aanbod vat as hulpinstrukteur by die jeugkamp. Hierdie tipe werk is net nie meer vir my nie. Dit help my PTSD glad nie beter word nie." Bernard kyk berekenend na Nico. "Snaaks hoe julle altwee dieselfde rede aanvoer vir julle bedankings...ek begin lont ruik hier, en ek gaan agter die kap van die byl kom Nico, en dan..." Nico trek sy skouers op, sluit die deur op en loop uit terwyl hy Bernard oor sy skouer antwoord. "Nou maar sterkte Bernard, ek hoop jy kry jou antwoorde, want ek kon myne nie eers geantwoord kry nie."

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now