Hoofstuk 8

131 3 39
                                    

Landi word wakker met 'n breë mansborskas hier voor haar oë. Sy verstil en knip-knip haar oë en besef dan teen wie se bors sy so salig lê. Die volgende oomblik voel sy die hand oor haar heup beweeg en sy loer op, net om in 'n laggende Nico vas te kyk. "Goeie môre, ek dog nou net ek gaan heeldag na jou lê en kyk, want jy slaap en slaap en slaap. Ek was amper bekommerd." Landi glimlag en rek haarself soos 'n kat uit. "Ek was nog nooit in my lewe so moeg nie en ek het bitter lanklaas so lekker geslaap. Jy kon my egter maar wakker gemaak het." Hy skud sy kop. "Nooit, dan kon ek nie so lank na jou lê en kyk het nie. Dit het my tyd gegee om te dink ook, want as ek in jou oë kyk kan ek glad nie dink nie." Nico skuif regop teen die kussings en trek 'n gesig toe hy sy bene optrek na sy bors toe. Landi loer na die horlosie, sien dis 5:00 en begin giggel. "Ek moet seker by jou klere leen, anders gaan ek die walk of shame moet doen in my aandrok." Nico kyk na haar en lag. "Nee wat, ek gaan jou in my hemp van gisteraand klee en dan gaan aflaai. Dink net as jou Ouma Susan-hulle dit dalk sien van hulle huis af..." Sy slaan hom met die kussing. "Sies, jy sal hulle harte laat gaan staan. 'n Drafbroekie en t-hemp sal doen dankie." Hy koes en val amper van die bed af, maar Landi gryp na hom en hulle tuimel albei van die bed af. Nico kreun en hou sy knie vas. "Shit... Nico... jou been..." Hy skud sy kop en trek 'n suurgesig. "Ons sal maar sê ek het hom gisteraand seergemaak toe ons balkon af is. Dit sal te erg klink, as ons sê ons het uit die bed geval. Laat ek kyk of ek kan op dat ek jou kan huistoe vat en ek by die werk uitkom. Dan seker dokter en fisio toe." Hy kan egter skaars op sy been trap of die pyn skiet deur sy knie. Landi gee hom een kyk en druk hom op die bed neer. "Jy gaan nêrens heen nie. Kom ek sal jou help klere aan jou bas kry, dan sal ons gou by my huis stop, dat ek kan klere kry en die rottenes op my kop kan tem. Daarna sal ek jou self na die noodafdeling by die hospitaal vat en net hoop jou Ma werk nie vanoggend daar nie." Twee ure later wil Nico mal word van die pyn, maar gelukkig is die personeel flink en vinnig. Daar word vasgestel na 'n scan dat hy weereens sy kruisligmente seergemaak het en hy weet wat dit voorspel. Nog 'n operasie en dan nog ses-of seweweke van niks doen, hy sal vir Oom Karel moet skakel. Terwyl hy wag dat hulle hom prep vir teater, vra hy sy foon vir Landi, maar sy skud haar kop. "Nee... ek het klaar met Oom Karel gepraat en nee hy sal niks sê tot jyself besluit om jou ouers in te lig nie. Ek het ook die personeel daaromtrent ingelig en myself as jou noodnommer opgesit." Hy vat haar hand en trek haar nader, maar is dik van die lag toe hy vra. "En wat is jou verwantskap tot my nogal?" Sy glimlag en lê vorentoe om hom te soen voor die suster hom kan wegstoot en voor sy kan antwoord lag die suster. "Kom Majoor Brody, jou verloofde gaan nêrens heen nie, sy gaan net in die wagkamer vir jou wag." Landi soen sy verbaasde lippe vinnig en waai guitig vir hom toe die suster hom wegstoot. "Lief vir jou Nico..." Hy glimlag breed en lê heel tevrede agteroor. "Mmm... jy is een gelukkige man Majoor. Sy is darem baie mooi van binne, sowel as buite. Sy is nie verniet 'n le Clerq nie, hulle is almal sulke nice mense." Nico knik net en hoop hy kan darem die paadjie in die kerk behoorlik afloop teen hulle trou. Drie ure later sit Landi langs sy bed toe hy sy oë oopmaak. "Hey... hoe voel jy?" Hy gee 'n pynvolle laggie voor hy antwoord. "Asof 'n trop buffels oor my been gehardloop het..." Landi lag saggies voor sy vir hom 'n slukkie water gee. "So... wanneer laatweet ek jou familie van jou operasie?" Nico gluur haar kwaai aan. "Wat my aanbetref nooit nie. Hulle gaan net 'n fuzz maak en my grensloos irriteer. Ek wil hê jy moet my klere vir my gee, dat ek hier kan uitkom." Sy skud haar kop. "Daar's nie 'n manier nie, ek het RJ belowe ek sal mooi na jou kyk, as hy jou teen Vrydag sal ontslaan en ek gaan my woord hou. Jy onthou seker vir RJ wat so jaar jonger as jy is, wat so bang was vir ou Charlie. Hy is jou ortopeet nou, hy help dr. Roos, want hy begin nou spesialiseer in Ortopedie. Wel RJ sê jy mag geen trappe klim nie, so jou woonstel is vir 'n wyle dus buite die kwessie. My huisie het geen trappe nie, dus sal jy Vrydag jou intrek by my neem vir die volgende sesweke. Ek is mos werkloos nou, dus is ek daar om jou te verpleeg, terwyl ek bietjie dink aan wat ek vorentoe met myself wil doen. Ek sal jou by die fisio besorg en ook by dr Monique as jy nog jou terapie wil klaarmaak." Nico hou sy hand op. "Nou goed, ek sal instem en nie moeilik wees nie, maar ek het 'n paar voorwaardes." Landi lig haar wenkbroue vraend. "Nommer een, jy gaan na my woonstel toe, sluit my kluis oop en bring vir my die volle inhoud van my kluis hierna toe. Nommer twee pak asb. my klere dat ek genoeg klere by jou kan hê. Nommer drie, vra vir Oom Karel of hy my asb. kan kom sien hier by die hospitaal sonder om my ouers te laat weet. Dan wanneer hy hier was, kontak asb. my Pa dat hy alleen hiernatoe kom." Landi kyk na sy ernstige gesig en knik plegtig. "Deal. Ek sal nou gaan en alles doen, dan kan jy solank rus." Sy buk oor hom en gee hom 'n soen, maar hy hou haar arm vas, trek haar weer nader en soen haar behoorlik voor hy haar laat gaan. "Dit is hoe 'n mens jou verloofde groet, my Lief." Sy lag net effens verleë en loop uit, waarna sy dadelik vir Karel skakel en vra of hy vir Nico kan kom sien met middagbesoektyd. Sy verduidelik van sy ouers en Karel stem in, waarna sy na Nico se woonstel toe ry. Sy ruim die woonstel op, pak vir hom genoeg klere en toiletries voor sy die kluis oopmaak. Daar is net een groterige houtkissie in en sy sit dit sommer in sy een tas, trek dan alle gordyne toe en vertrek na haar eie huis. Sy skuif meubels rond en pak Nico se klere alles uit in haar kaste, voordat sy met die houtkissie in haar skouersak na die hospitaal vertrek. Nico lê en staar by die venster uit toe sy instap en hy glimlag ingenome toe hy haar gewaar. Sy buk en soen hom, maar word gekeer toe sy op die stoel wil gaan sit. "Nee wag, maak toe die deur en kom sit hierby my op die bed. Jy is te vêr daar op die stoel." Sy doen wat hy sê en toe sy sit, haal sy die houtkissie uit haar skouersak en gee dit vir hom. "Het jy binne-in gekyk?" Sy skud haar kop. "Nee, dis mos nie myne nie, ek het hom uitgehaal en net so vir jou gebring." Hy maak die kissie oop en haal 'n ringdosie uit. "Hierdie is die ring wat ek vir jou laatmaak het voor alles in vlamme opgegaan het en my planne alles geboomerang het. Landi sal jy dié keer asb. aan my verloofraak en binnekort met my trou, voordat iets weer skeefloop tussen ons?" Landi kyk na die ring toe hy die dekseltjie oplig en daar is trane van blydskap in haar oë. "Ja Nico, enige tyd, enige plek en niks gaan skeefloop nie, ons gaan dié keer beslis trou." Hy haal die ring uit en steek hom aan haar vinger voor hy haar nadertrek en passievol soen. 'n Hele ruk later laat hy haar gaan, en ook maar net betyds voor Oom Karel in die deur verskyn. Landi vat die houtkissie en prop hom en die ringdosie in haar sak, soen Nico op die wang en groet Oom Karel met 'n drukkie. "Ek gaan julle nou verlaat, ek sal jou vanaand sien Nico..." Nadat sy uit is gesels hy en Oom Karel baie lank en baie ernstig en Karel verseker hom, sy werk is steeds daar as hy sy sesweke behoorlik gerus het en sy dr. en fisio die thumbs-up gee dat hy kan begin werk. Karel gaan hom egter gebruik om die Jeugkamp se hele opset deur te gaan en te verander saam met dr. Monique en 'n paar ander arbeidsterapeute. "Ek en Bernice het besluit om die Jeugkamp ook na 'n rehabilitasie sentrum vir kinders en volwassenes na ongelukke en trauma toe te verander. Ek wil egter hoor of Landi nie wil hulp gee met die dogters en vroue nie, want Bernice, Ava en Hazel gaan nie alleen dit kan doen nie. Ava is 'n arbeidsterapeut en Hazel spits haar toe op fisio. Landi kan die vrouens selfverdediging en sulke dinge leer om hulself te kan beskerm in enige situasie en die kinders te help fiks kry, terwyl Shevon ingestem het om as spreker vir die jongvroue op te tree, bietjie te gesels oor diëte, selfversorging en so aan." Dit klink vir Nico na 'n puik plan en hy sê Karel moet met haar daaroor gesels sommer nog vandag."Sy het juis gesê sy wil hierdie sesweke wat sy na my gaan kyk, bietjie haar eie lewe bekyk en besluit wat om vorentoe met haarself aan te vang." Karel glimlag. "Nou dan gaan ek haar sommer nou dadelik sien, nog voor ek huistoe gaan. Jy moet nou rus en vinnig herstel Nico. Ek sal jou seker eers weer sien as jy by Landi is." Hulle groet en Karel vertrek 'n goeie halfuur voordat Herman daar opdaag. Hy gee Nico se been een kyk voor hy sy kop skud. "Ek het nogal gewonder of die dansery gisteraand en die oor die balkonspringery jou been gaan seermaak. Nou wat nou...hoe ernstig is dit?" Nico skud dy kop. "Kom sit Pa, en ja ek het dalk bietjie oorboord gegaan gisteraand, maar nou ja... Dit is nie hoekom ek met Pa wil praat nie. Pa onthou die 1 hektaar plot wat Pa gesê het wat te koop is nader aan die dorp, maar steeds net twee plase anderkant Oom Karel..." Herman knik en hy dink hy weet waarheen hierdie gesprek gaan. "Ja Nico en dus steeds te koop. Daai huis is egter 'n bouval hoor. Jy sal nie met jou been so daar kan intrek nie en jou woonstel op die plaas by ons het te veel trappe. Jy gaan maar eers by ons moet bly." Nico lag en skud sy kop. "Daar's nie 'n manier wat ek terugtrek by julle in nie Pa. Ma sal my dag en nag haunt en ek sal geen oomblik se rus kry met Kayla in die huis nie. Ek hoor hulle trou eers einde volgende jaar. Ek en Landi trek saam in Pa. RJ sê as ek ontslaan wil word moet ek 24/7 iemand by my hê, wat my kan help en rondry vir die sesweke dat my been kan herstel. Ek wil nie in 'n rolstoel of met krukke met Landi in die kerkpaadjie afstap nie." Herman kyk spekulerend na sy seun en sien die vasberade trek om sy mond. Hierdie is 'n koppige kind, maar ook 'n standvastige man. Net jammer hy het Landi vierjaar terug in die steek gelaat. "Nou goed, ek gaan nie vir jou preek nie..." Helen stap die kamer briesend binne. "...maar ek gaan wel mannetjie. Wat de donner het jou besiel om oor 'n balkon te gaan klim met 'n beseerde kruisligment soos 'n regte imbesiel en dan jou operasie vir jou Ma, 'n suster by die einste hospitaal te wil wegsteek. Die dorp is klein en mense praat, veral as my seun se pragtige verloofde hom so mooi versorg... verloofde? Moet ons alles van ander mense hoor Nico. Wat de hel gaan met jou aan?" Sy kwaai Ma is hewig ontsteld en toe Herman haar aan die skouer vat, val sy teen sy bors en huil. Herman glimlag en vryf haar rug terwyl 'n bekommerde Nico toekyk. "Ma... Mams... kom sit hierby my op die bed dat ek kan verduidelik." Herman laat haar sit en trek die stoel vir hom nader. "Ek weet ons het julle geskok gisteraand en ek is jammer, maar as Bernard, Rohan en Oom Riaan ons nie ontvoer het nie, het ons seker nou nog nie met mekaar gepraat nie. Oom Riaan is tot 'n mate reggewees om dit te doen." Nico vryf oor sy gesig en sy Ma kry hom op daai oomblik vreeslik jammer, maar Helen ken haar kind, hierdie is vir hom moeilik om oor te praat. Hy is nie een wat maklik oor sy gevoelens praat nie. Hy was altyd so gelukkige laggende kind, maar sy gevoelens was privaat. "Ek het nie geloop en soek vir moeilikheid met Landi nie. Dinge het net eenvoudig sy loop geneem met ons sesjaar terug toe sy as my rookie ingeklaar het en ek weet ek het drooggemaak toe ons saamgeslaap het, maar...ek het obvious nie gedink nie. Sy was op die pil, en ons het nie gedink daaraan toe sy grieperig was en antibiotika gedrink het, so twee en 'n half maande voor ons laaste ontplooiing saam nie. Swangerskap was die laaste ding waaraan ek gedink het, hel ons het basies toe alreeds amper tweejaar saamgeslaap en niks het gebeur nie. Na ek die skinderstories gehoor het, het ek net een gedagte gehad en dit was om haar naam en rang te beskerm, natuurlik het ek dit toe alles mooi, selfs beter opgedonder, deur nie na haar te wou luister daardie aand, voor ons gevlieg het nie. Ons kind sou nou al vier jaar oud gewees het...ek het haar gefaal toe sy my nodig gehad het en ek kan vandag my eie gatskop daaroor. Niks wat ek nou doen kan daai gemors ongedaan maak nie en dis vir my erger as toe ek my lewelose makkers moes terugbring nou na my laaste ontplooiing. Ek kan nie dink, hoe dra sy al vier jaar aan dit alleen nie. Ek dink dis hoekom ons so baklei het by die werk Pa en ek is jammer daaroor. Sy het my gehaat oor ek haar in die steek gelaat het en ek omdat ek nooit oor haar kon kom nie. Die ergste was vir my toe ons daai as in die see gooi, dit het gevoel of my hart uit my borskas geruk is, so het dit gepyn en ek het gedink aan die dag toe hy gebore is en deur watter hel sy moes gaan. Ons het egter nou vrede gemaak en ek het haar gesê hoe ek voel. Die ring wat ek vierjaar terug vir haar laatmaak het, het ek vanoggend na my operasie aan haar vinger gesteek, want ons het genoeg tyd gemors en ons is lief vir mekaar. Ek het besluit ek gaan nie wag vir 'n vreeslike verlowingspartytjie eers oor ses of seweweke as ek kan loop nie. Daar is nie 'n beter tyd as nou nie, so hoekom wag om almal om ons tevrede te stel." Sy Ma glimlag nou. "Jy weet, ek wou jou kop induik al die kere wat jou Pa my van julle bakleiery vertel het. Ek het aanvanklik gedink dis soos Bernice en Karel wat mal was oor mekaar al op skool en dit eers jare later self agtergekom het. Gisteraand was 'n groot skok en julle het ons almal bietjie onkant gevang, veral toe julle oor daai balkon is, maar julle sal definitief ook met Arno en Shevon moet praat en dinge uitklaar. Veral jy, en ek is bevrees, Arno gaan jou nie maklik vergewe, as jy net by haar intrek nie. Ek weet nie of jy Arno en Freda se verhaal kan onthou of ooit regtig gehoor het nie. Hy het net gisteraand gesê na julle weg is, hy wou nooit gehad het sy oogappel moet deur so iets gaan nie. Soos Freda hom in die steekgelaat het met 'n klein ou babatjie, so het jy sy lieflingskind in die steek gelaat. Jy gaan moet kruip my kind, baie laag seil voor hy jou gaan vergewe." Nico knik en hy lyk ongelooflik moeg en hartseer, daarom besluit sy ouers dis tyd om te gaan maar hy keer. "Pa, daai plot...kry vir my die agent om my môre te kom sien asb. Vra ook vir Oom Arno of hy en Tannie Shevon my môre kan kom sien asb." Sy Pa knik en toe hulle die kamer verlaat lê hy moeg agteroor en raak dadelik aan die slaap en so tref Landi hom aan toe sy laat vir besoek opdaag. Sy pak sy toiletries in sy kassie en sit vir hom vrugte en twee tydskrifte daar neer. Sy wil net wegstap toe 'n hand haar pols gryp en haar so vinnig terugtrek bed toe dat sy bo-op sy bors val. "Het jy dalk gedink jy kan net wegsluip? Kom groet jou verloofde ordentlik my Lief." Hy soen haar voor sy iets kan sê en dit ontaard in 'n warm vryery wat hulle altwee uitasem laat halt roep. "Sien jy nou wat doen jy aan my, ek vergeet skoon waar ons is. Ek is lief vir jou Landi le Clerq, wanneer trou ons?" Sy lag en druk haarself regop om langs hom te sit. "Ek is lief vir jou ook Nico Brody. Ons kan praat oor ons troue wanneer jy ontslaan is en by die huis is. Dan kan ek jou 'n blokpapier in die hand stop en jou laat lysies maak van gaste en blomme en weet nie wat als nie." Nou glimlag hy suur. "Ek haat lysies, maar vir jou sal ek dit enige tyd doen. Het jy al aan 'n plan gedink vir ons troue of wil jy nie maar eers met jou Ma praat nie? " Sy kud haar kop. "Ek het môre etenstyd 'n afspraak met Tannie Bernice, Ava, Hazel en my Ma, blykbaar het Oom Karel jou ingelig oor sy aanbod vir my. Dan sal ek met my Ma praat en kyk of sy baie kwaad is vir my." Nico vat haar hand. "Ek het my Pa gevra, om jou Ouers te vra, om my môre te kom sien. Ek gaan verduidelik so goed ek kan en as jou Pa my nie vermink of vermoor nie, gaan ek amptelik ouers-vra al is ons klaar verloof. Dalk kan ek ons verhouding so op 'n beter vlak kry. Ek wil nie hê my skoonouers moet my haat nie. Wil jy by wees môre oggend?" Sy dink so oomblik en knik. "Ja ek dink so, dat ek ten minste kan keer as my Pa planne het met jou." Hy glimlag net en hulle gesels oor sy fisio wat voorlê totdat sy hom behoorlik groet en vertrek. Kort na ontbyt die volgende oggend is Landi daar en help Nico skoon kom. Sy help net sy t-hemp vir hom aantrek, toe die deur oopgaan en haar Ouers daar staan. Sy trek egter net sy hemp agter oor sy rug en help hom meer regop skuif sonder om sy been seer te maak. "Môre Mams, Paps." Arno en Shevon soen haar en toe Nico sy hand uitsteek ignoreer Arno hom. Nico gee egter net 'n skewe laggie. Mmm...ons begin dan so, nou maar goed, ek moet net kalm bly. Landi gaan sit op die bed by hom en hy vergeet 'n oomblik van haar Ouers toe hy in haar oë kyk. Sy glimlag en druk sy hand bemoedigend. Nico draai sy kop terug na Arno en Shevon. "Môre Oom, Tannie, of verkies julle dat ek meneer en mevrou sê..." Shevon kyk kwaai na hom. "Nico moenie vir jou belaglik hou nie." Hy glimlag effens. "Nou goed, ek het julle hiernatoe gevra omdat ek nie kan rondbeweeg nie en ek graag hierdie probleem so gou as moontlik uit die weg wil ruim. Terwyl ek nou al my derms en geraamtes voor almal uitryg, laat ek dit nou doen en klaarkry. Ek wil begin deur omverskoning te vra, dat ek en Landi julle teleurgestel het en ek wil vra dat julle ons nie te hard sal oordeel nie. Ek het nie geloop en soek vir moeilikheid met Landi nie, ek het haar probeer vermy toe ons nog op skool was. Ek glo ook vir geen oomblik as ons met haar basies openlik begin date het, julle sou dit goegekeur het nie. Ek is sewejaar ouer as Landi. Dinge het net eenvoudig sy loop geneem met ons sesjaar terug, toe sy as my rookie ingeklaar het en ek weet ek het drooggemaak toe ons saamgeslaap het, maar...ek het obvious nie gedink nie. Sy was op die pil, en ons het nie gedink daaraan toe sy grieperig was en antibiotika gedrink het, so twee en 'n half maande voor ons laaste ontplooiing saam nie. Swangerskap was die laaste ding waaraan ek gedink het, hel ons het basies toe alreeds amper tweejaar saamgeslaap en niks het gebeur nie. Na ek die skinderstories gehoor het wat op die basis rondloop, het ek net een gedagte gehad en dit was om haar naam en rang te beskerm, natuurlik het ek dit toe alles mooi, selfs beter opgedonder, deur nie na haar te wou luister daardie aand, voor ons gevlieg het nie. Ons kind sou nou al vierjaar oud gewees het... ek het haar gefaal toe sy my nodig gehad het en ek kan vandag my eie gatskop daaroor. Niks wat ek nou doen kan daai gemors ongedaan maak nie en dis vir my erger as toe ek my lewelose makkers moes terugbring na my laaste ontplooiing. Ek kan nie my indink, hoe sy vir vierjaar alleen met die wete geloop het nie. Ek dink dis hoekom ons so baklei het toe ons albei vir my Pa gewerk het. Sy het my gehaat oor ek haar in die steek gelaat het en ek omdat ek nooit oor haar kon kom nie. Die ergste was vir my toe ons daai as in die see gegooi het, en ek het gedink aan die dag toe hy gebore is en deur watter hel sy moes gaan. Ek kan dit ongelukkig nooit uitvee nie. Die ring wat ek vierjaar terug vir haar laatmaak het, het ek gisteroggend na my operasie aan haar vinger gesteek, want ons het genoeg tyd gemors en ons is lief vir mekaar. Ek het besluit ek gaan nie wag vir 'n vreeslike verlowingspartytjie eers oor ses of seweweke as ek kan loop nie. Daar is nie 'n beter tyd as nou nie, so hoekom wag om almal om ons tevrede te stel. Ek wou egter hê dat julle weet hoe ek oor julle dogter voel en ek wou vra of ek julle toestemming kan kry om met Landi te trou?" Arno kyk Nico eers amper dood voor hy opstaan en met sy hande in sy sakke voor die venster gaan staan. "Jy weet Nico dis so anders as wat ek my kind se lewe voorgestel het. Ek kan julle egter ook nie oordeel nie...ek was self jonk en onverantwoordelik, maar ek is nie een dag nog spyt gewees ek het hierdie kind gekry om te versorg nie. Landi was van dag een af my alles. Dit was moeilike jare daai eerste vyfjaar so alleen met studies en 'n kind sonder 'n Ma en toe stap hierdie wonderlike vrou ons lewens in en alles verander. Ek en Shevon het groot drome gedroom oor ons kind se troudag." Arno draai om en sy oë is nat, maar hy kyk van Landi na Nico. "En jy is reg, ek sou stuipe gekry het as 'n agtienjarige Landi met stêrre in haar oë by my gekom het met 'n vyf-en-twintigjarige kêrel, al het ek jou geken, of dalk juis oor ek jou geken het. Jy was baie soos ek op skool, 'n regte haan en ek sou my dogter toegesluit het as ek geweet het jy loer na haar. Ek en Shevon het gisteraand lank gepraat en ons is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Ons weet julle slaap weer saam, so om ons almal die ellende van 'n moet troue te spaar en om nie 'n slegte voorbeeld vir jou boeties en sussie te wees nie, gaan ons ja sê. Julle gee die datum en jy en jou Ma kan alles beplan, ek sal betaal. Nico...as jy weer my kind seermaak, belowe ek jou gaan jy seerder kry. Dankie dat jy egter na al die jare die ding probeer regdoen." Hy steek sy hand na Nico toe uit, terwyl Landi eers haar Ma om die hals val en toe haar Pa. "Dankie Oom, Tannie, ek belowe ek sal mooi na haar kyk die keer en ek sal ordentlik vir haar sorg. Ek en Oom moet nog oor iets anders gesels, maar dit kan wag." Arno kyk na Nico en knik toe Shevon Nico op die wang soen en toe vir Arno. "Ek en Landi moet by Bernice hulle uitkom, ek ry sommer saam met haar Arno, dan hoef jy nie nou eers terug te ry plaas toe nie." Landi soen Nico en vat haar handsak voor sy haar Pa nog 'n drukkie gee en loop. Arno draai na Nico. "Nou ek het tyd seun, waaroor wou jy praat?" Hy gaan sit voor die bed en Nico vertel hom van die 1 hektaar plot net buite die dorp en van die agent wat hom nou gaan kom sien. "Ek weet die huis is 'n bouval en ek verwag nie Landi moet daar gaan bly nie, maar ek wil die grond hê. Ek sal 'n ander huis vir haar daar bou, dis nie 'n probleem nie, ek wil dit net as 'n verrassing hou asb." Arno glimlag. "Kan ek jou 'n geheim vertel...daar is net een huis wat sy nog altyd wou hê en dis die huis wat ek vir ons laat bou het toe sy so vier of vyf was. Jy kan seker daai huis in Bloem onthou? Sy het nog altyd gesê as 'n man nie daai presiese huis vir haar kan gee nie, gaan sy nie met hom trou nie. Sy was so hartseer toe ons daar weg is, sy was maar dertien, maar daai was seker ons gelukkigste tye na die eerste vyfjaar se sukkel en ek dink dis die een plek waar sy waarlik gelukkig was. As jy wil sal ek nou-nou saam met die agent gaan en die plek deur kyk. Dalk bietjie kibbel oor die prys, aanbod maak en kyk wat ons kan doen. Wat se prys area het jy aan gedink?" Die agent stap binne en hy gesels 'n rukkie, gee 'n prys wat die eienaar soek en Arno kyk na Nico. "Wel ek was reeds binne daai huis, hy is dalk goed genoeg vir buitegeboue, maar nie vir woon nie. Ek sal dus nie soveel betaal vir net die grond nie." Arno glimlag, slim kind, speel die game. "Nou goed Mnr du Toit, kom ons gaan kyk, dan maak ek die aanbod namens my kliënt. Nico, ek sal jou daai huis se planne kry en alles wat jy nodig het, maar ek gaan dit by my hou, want ek verstaan van jou Pa, jy gaan by Landi aansterk. En as jy nie wil hê sy moet dit sien nie, sal dit maar eers by my moet bly. Ek sal my argitek John Patriolli skakel, dat hy by jou draai met die planne, as daar iets is wat jy wil verander of bysit. Dalk kan hy plan sien met daai bouval. Jy weet 'n man het altyd 'n eie werksplek nodig nê, dalk 'n gym..." Nico lag toe Arno groet en uitloop, ja sy aanstaande skoonpa is reg. Teen die einde van die week het Nico die plot vir 'n appel en ui gekoop, hy kan dus die argitek betaal om die ou huis in 'n gym en werkskamer vir homself te omskep. Hy doen graag loodglaswerk as hy tyd het, of hy het dit soms op skool gedoen, hy kan dalk weer begin, al sy goed is steeds by sy Pa-hulle in sy werkskamer. Vrydagmiddag besluit Landi om vir hulle Pizza te kry nadat sy vir Nico opgelaai het. Hy het onder protes toegelaat dat hy met 'n rystoel tot by die motor gevat is. Sy Ma lag net en help die gehuurde rystoel inlaai. "Majoor jy gaan jou step...ag ek bedoel jou wiel moet ken, met hierdie kwaai verpleegster Luitenant van jou. My kind luister net, want ons wil jou gesond en reg hê vir julle troue, en geen gekafoefel nie nê. Jou been sal dit nooit hou nie." Nico kyk sy Ma amper dood. "Ma! Regtig...dis nie al wat ek en Landi op die brein het nie." Landi giggel en bloos terwyl sy Ma hom uitlag, voor sy die sak met medisyne op sy skoot neersit. "Nico, ek is nie tien nie. Met al die smeulende kyke wat jy vir Landi gegee het die week, kon jy haar al gesmelt het. Soos haar boeties al heelweek sê, jy het die hots vir Landi, there's no two ways about it..." Sy klap die deur toe voor hy iets kan antwoord en Landi trek laggend weg. "Dis regtig wat my boeties sê, ek het hulle gehoor donderdag na hulle by jou was etenstyd." Nico lag verleë, maar hy sit sy hand hoog op haar bo-been en sy verstyf effens. "Okay, ek stry nie, ek voel soos 'n damm sestienjarige skoolseun, ek het die hots vir jou. Ek het 'n week laas met jou liefde gemaak en jy lyk so verskriklik sexy in al die rokkies wat jy dra. Ek het al vreeslike planne uitgedink met elkeen van jou rokkies, jy dryf my teen die mure uit." Sy is bloedrooi, maar sy lag darem vir sy predikament. "Wel...daar is maniere jy weet, sonder om jou been te beseer. Ek is seker ons kan elkeen van hulle ondersoek en probeer..." Nico kyk geskok na haar onskuldige blosende gesig. "Landi, is jy besig om my uit te lok of te tart of openlik net uit te lag? Ek sweer ek sal jou by jou aanbod hou jou klein pes." Nou lag sy kliphard en wil net uit die dorp draai toe hy haar stop. "Wag, gaan vir my apteek toe, daar is twee dinge wat ek moet kry." Sy draai om en toe sy voor die apteek stop, kyk sy na hom. "Nou goed, wat soek jy? Want jy gaan nie self kan inloop nie." Hy lyk vir 'n oomblik uit die veld geslaan. "Shit... skuus... ek het nie daaraan gedink nie." Sy het 'n idee wat hy soek, maar hy het gesê hy moet twee goed kry. "Okay behalwe kondome, wat wil jy nog hê? Jy het gesê daar is twee goed wat jy wil kry?" Hy kyk verleë na haar en sy wange is effens pink. "Um... ek het gedink ons moet dalk net seker maak of jy nie reeds... e... jy weet... swanger is nie..." Sy bloos en kyk weg. Wel hy het 'n punt daar beet, maar sy dink dis in elk geval nog te vroeg om te weet, maar sy sal hom maar humor. "Ek is nou terug, jy klim nie uit nie, verstaan jy my. Jy gaan jou net seermaak." Sy koop kondome en twee swangerskaptoetse en giggel toe sy besef, hoe funny dit moet lyk vir die kassier. Die kassier knip egter nie 'n oog nie en maak geen aanmerking nie en daarvoor is Landi dankbaar. Sy klim in die motor en gee hom die pakkie aan sonder 'n woord. "Nog iets voor ek die pizzas gaan oplaai, want ek het dit nou amper vergeet." Hy skud sy kop, leun oor en soen haar. "Dankie." Sy knik net en ry pizzaplek toe. By die huis glip hy behendig in die rolstoel en vat die pizzas en sit dit op sy skoot met die apteekpakkie en ander sak met medisyne bo-op. "Jammer jy moet nou my tas dra Landi, vrek dit piss my af." Sy skud haar kop. "Gaan jy afgepiss wees oor alles wat ek vir jou doen? Want dan gaan laai ek jou by jou woonstel af en jy kan sien en kom klaar. Relax, ek doen alles uit liefde en omdat ek wil hê jy moet daai been kans gee om te herstel." Nico kry skaam en rol homself die huis binne. "Landi ek is jammer, ek haat dit net om 'n nuisance vir ander te wees, maar dankie dat jy bereid is om my te help. Ek sal probeer om nie 'n grump te wees nie, ek belowe." Sy buk en soen hom op die hare. Kom, ek is nie kwaad vir jou nie, ek weet jy is 'n onafhanklike man. Laat ek jou wys waar alles is voor ons eet. Gelukkig kan jou stoel orals inkom en ons eet sommer by die tafel." Saterdagoggend voel Nico heel beter en is net besig om die ontbytskottelgoed vir Landi af te droog toe daar 'n klop aan die deur is. "Joehooeee, Landi is julle decent, kan ons inkom?" Landi lag toe Bernard en Rohan om die kombuisdeur loer. "Ja julle twee kriminele, ons is natuurlik decent." Hulle kom versigtig in en kyk van Nico in sy stoel na Landi voor die wasbak."Um...hallo Nico, luister ons wou kom omversk..." Nico stop hulle met die ophou van sy hand. "Los dit, moenie eers omverskoning vra nie. As dit nie vir julle inmenging was nie, was ek nie nou hier in haar kombuis nie. Julle het ons 'n moerse guns gedoen, al was dit bietjie van 'n onortodokse manier om ons te kry praat. Vergeet dus alles. As julle iets wil drink, kry daar in die yskas of maak sommer vir ons almal koffie, terwyl ek en Landi die skottelgoed klaar maak." Bernard lag net en hulle vier gesels sommer oor alles en nog wat en oor hulle kinderdae en Nico besluit dis nou tyd om sy plan inwerking te stel. "My lekkerste vakansie was die een by Landi hulle in Bloemfontein toe ek so sestien was. Ons het skaars gestop daardie dag, toe kom Hazel met 'n helse geskree die trappe af met Charlie op haar kop en skree: 'haal hom af, haal hom af'. Daai was darem 'n lekker huis en ons het baie pret gehad daar. Dis daai selfde vakansie wat jy Bernard, vir Callum en Kelsi ingeprent het, dat hulle die special forces is en hulle hulself met modder gekamoefleer het om die dief wat hulle lekkers steel, 'n hoogs swanger Tannie Shevon te vang en met toue vas te bind. Dit was priceless." Landi lag nou dat die trane loop toe sy al daai manewalesse van die tweeling onthou. "Jy is reg Nico, daardie was die beste tye vir my as kind. Daai huis het soveel hoekies en gaatjies gehad waar ek kon gaan sit het met my boeke, as die helions my malmaak. Ek was so hartseer toe ons daar moes trek, dit was my veilige hawe daai." Nico glimlag en vat haar hand in syne. "So is daar enige iets aan daardie huis, wat jy sou verander het as jy kon, of was dit regtig so perfekte plek?" Landi dink so bietjie voor sy antwoord. "Die huis was perfek, maar die kombuis was te modern, ek sou 'n meer rustic kombuis binne die hele moderne glas en kliphuis wou gehad het en 'n binneshuise swembad, want Bloem was 'n groot gedeelte van die jaar te koud om te swem.

Rosendallers boek4 Liefde vir LandiWhere stories live. Discover now