Dankie aan al my getroue lesers, ek waardeer elkeen van julle se comments en die feit dat julle my boeke wel lees.
Dit is soms moeilik om aan te hou skryf as jy sukkel met die app of sukkel met jou pc of tablet en dele van jou stories raak soek op die app of die chapters wil nie publish nie.
Wat dit nog moeiliker maak, is as jy geen terugvoer van lesers kry nie. So jy weet nie of jou boek, die inhoud, die karakters, jou skryfstyl en die storie die lesers werklik geval nie.
Ek het begin met 'n hele nuwe boek en het al vyf chapters as drafts opgehad en ek kry dit net nie gepublish nie. Ek vra toe hulp by die Wattpad helpdesk, want ek raak toe nou bietjie bedonnerd oor ek so moet sukkel. Hulle sê log uit en weer in. Nou ja ek luister toe na iemand vir 'n verandering en kaboem weg is al vyf my chapters. En natuurlik omdat ek te lui was om dit êrens anders op my tablet te bêre het ek alles verloor. Die lus om dit oor te doen is nie daar nie, want ek is eenvoudig net te afgepis(skuus vir my afrikaans) met die Wattpad helpdesk se Gabby. En alhoewel ek dink hierdie was nogal 'n goeie storie wat ek beetgehad het, sal dit hopeloos te veel vat om dit weer te skryf.
Nou ja, genoeg gekerm, gekla en vieslik gepraat
Blessed be
Mamba44
BINABASA MO ANG
Rosendallers boek4 Liefde vir Landi
RomanceDie Rosendallers Bernice, Karel, Anrie, Riaan, Arno, Shevon het geen bekendstelling nodig nie, maar wel die nuwe generasie en al hulle manewales, vreugdes, hartseer, liefde en teleurstellings. Daar is Bernice en Karel du Pont met hulle Jeugkamp en h...