Landi sit en kyk na die verskrompelde lyfie van haar troetelgedrog Charlie in haar hande. Na twintigjaar het hy besluit om die tydige met die ewige te verwissel. Haar hart is vanoggend stukkend. Twintigjaar al deel hy haar lief en leed en hier gaan staan en vrek hy twee dae na hy twintig geword het. Hy was so groot soos 'n normale size papbord en sy het hom gekry toe sy maar vierjaar oud was en hy maar so sesmaande oud was. Nog 'n fase in haar lewe het tot 'n einde gekom. Sy sit hom in 'n boksie en gaan met hom tuin toe, waar sy 'n gat grou en hom begrawe. Sy huil snot en trane toe sy die groot platklip oor hom rol en die handgemaakte houtkruis, in die grond insteek. Sy het tot sy naam in die hout ingebrand met haar soldeerbout. Sy stof haar hande af en stap die huis in om klaar te maak vir haar boetie en sussie se braai. Sy verkleë in 'n swart jean met 'n swart toeknoophempie en druk haar voete in haar swart tekkies. Op die ingewing van die oomblik trek sy die swart bike uit die motorhuis, gaan terug en vat haar valhelm en leerbaadjie. Die tweeling se geskenke is in haar rugsak. Sy ry stadig op die grondpad, maar dis vinnig genoeg om die spinnerakke, no pun intended, uit haar kop te waai. Sy is laat, maar sy gee nie om nie. Vandag moet niemand haar skeef kyk nie, sy sal of in trane uitbars of moordpleeg. Toe sy stop onder die boom kyk almal op. Hulle het haar nog nie met haar motorfiets sien ry nie en hulle monde hang oop. Sy klim af haal die valhelm af en haar blondehare tuimel tot net bo haar boude. Hulle ken haar net met vashare. Landi swaai die sak oor haar skouer en Callum en Kelsi storm haar en praat gelyk. "Ons dog jy gaan nie kom nie, en hier slaan jy uit met 'n bike van alle goed." Sy lag en sit haar arms om hulle lywe en gee hulle elk 'n stywe druk. "Wat! En mis julle negentiendeverjaardag, so nooit as te nimmer nie. Kom laat ek net almal groet dan gee ek julle geskenke. En die bike staan al maande in my garage. Ek kry net nooit kans om te ry nie." Sy stap nader groet almal so met die waai van die hand en in die bondel. "Hello almal skuus ek is laat." Sy gee haar Pa 'n druk en ook haar Ma, voor sy Daniël en Craig se hare deurmekaar vryf en aanstap. Sy loop agter Riaan en Karel verby en sit haar hand op Riaan se skouer in die verbygaan en gee hom 'n druk wat Arno nie ontgaan nie. Sy lyk vir hom effens beter die laaste week, maar daar is iets fout. Sy lyk amper broos en hy kan sweer sy het gehuil. Sy gesels met almal, maar sy is te vrolik na sy sin. Dis 'n geforseerde vrolikheid. By die drinkgoed tafel op die stoep staan Nico na haar en kyk en selfs hy sien daar is fout en hy weet sy het gehuil. Sy loop die stoep op en begin vir haar koeldrink ingooi toe Nico skielik langs haar praat. "Landi, wil jy daaroor praat?" Sy kyk op en vas in sy blou-blou oë en vir 'n oomblik verstar sy voor sy haar koeldrink vat en wegdraai, maar hom oor haar skouer antwoord. "Nee Majoor en jy is die laaste mens op aarde met wie ek sou praat, indien ek wou praat." Hy vat haar aan haar arm en stop haar. Sy kyk af op sy hand en dan op na hom en hy sien die blink van trane in haar oë. "Moenie..." Hy lig sy hand en laat haar wegstap. Riaan het die interaksie gesien en stap stadig op Nico af. "En waaroor het dit gegaan?" Nico weet hy moet versigtig trap met hierdie oud-marine. "Iets pla vir Landi en ek wou weet of sy daaroor wil praat. Sy is egter hardekwas soos altyd, al kon ek die trane sien blink in haar oë. Dalk praat sy met jou Oom Riaan." Riaan kyk stip na Nico en dit maak Nico kriewelrig. "Dalk is dit nie 'n goeie idee as sy met jou praat nie, ek hoor en het gesien hoe julle bots." Daarmee draai hy om met 'n bier in die hand en stap weg. Landi onthou van die tweeling se geskenke en grou in haar sak. Sy roep hulle eenkant en gee twee klein pakkies vir hulle. Callum en Kelsi maak dit oop en bespring haar behoorlik. "Waar is dit sus, komaan jy kan mos nie dit met ons doen nie." Sy lag en beduie skuur toe. "In die nuwe skuur en ek wil eers julle learners sien voor julle op die pad gaan ry, tot dan verlaat julle nie die plaas met dit nie, al het dit flikkers en als." Hulle hardloop soos klein kindertjies skuur toe en stoei om eerste daar te wees. Dan skree hulle kliphard en word die twee veldfietse uitgestoot en bekyk. Dit is Callum wat net die verkeerde ding sê om Landi te knak. "Nou sus, as jy vir ons sulke grand geskenke gekoop het, wat het jy vir ou Charlie gekoop twee dae terug, toe hy twintig geword het?" Landi kyk na Callum en draai weg, maar nie vinnig genoeg voordat hulle die trane sien loop nie. Arno tree vorentoe en trek haar teen sy bors vas, terwyl sy snik. Hy staan doodstil so met haar voor sy hom wegdruk en 'n snik-lag gee. "Hy kon nie langer wag nie. Hy het vanogg die tydelike met die ewige verwissel." Shevon trek haar asem skerp in en begin huil, tot groot konsternasie van Arno. Hy trek haar in sy arms in en troos, maar Anrie, Nitta, Ally en Kelsi huil net so hard saam. Riaan trek Anrie en sy twee dogters in sy arms in en Landi hou vir Kelsi vas terwyl sy van vooraf huil. Karel skud sy kop meewarig. "Ai dat een so harige man, met so baie bene soveel vroumense aan't grense kan hê." Rohan vat vir Landi en Bernard vir Kelsi en hulle troos so al wat hul kan. Toe almal bedaar het en selfs Ava, Hazel, Callum, Daniël en Craig 'n verlore traan afgevee het, is dit Anrie wat almal se vraag op hulle lippe verwoord. "Jy het hom nie net weggegooi nie nê, want hy was familie en moet 'n properse graf en begrafnis kry?" Nico onthou vir Charlie en hoe die tarentula saam haar groot geword het en hy besef dis vir haar 'n groot slag en hy kry haar jammer. "Ek het hom in 'n boksie gesit en begrawe voor ek hiernatoe gekom het. Hy het tot 'n houtkruis met sy naam op, ek kan hom mos nooit net weggooi nie." Callum kyk na haar en beduie. "So dis die rede vir al die swartklere?" Sy glimlag effens. "Nee nie regtig nie, kyk my bike en jy weet ek het 'n swakplek vir enige swart kledingstuk." Nico begin kliphard lag en almal kyk na hom. "Wel, ek weet van een kledingstuk van jou, wat definitief nie swart was in jou driemaande basies nie..." Almal se oë rek en kyk van Nico na 'n blosende Landi. Arno en Riaan se oë vernou en Landi keer net. "Nee dis nie wat julle dink nie en dit was nie snaaks nie Nico. Ek het vasgehaak aan 'n blerrie tak in 'n boom waar ek look-out was tydens 'n oefening. Ek het gegly en my broek het geskeur en julle het my daar laat hang vir 5 min, terwyl julle gekruip het soos julle lag, voor julle gedink het om my uit die boom te haal." Nou skater almal tot Arno en Riaan en Nico lyk skoon verontwaardig toe hy die res van die storie vertel. "Ja en wie moes in die boom klim om jou los te haak? Nie een van jou vrotsige rookie pelle nie, die Sersant moes jou daar gaan afhaal en wat het hy daarvoor gekry? Hy het saam met jou geval en jy het hom soos 'n vrotvel getref en sy neus gebreek in die proses." Nou lê die klomp letterlik soos hulle lag en Rohan draai na Nico. "Watse kleur was die ondergoedjies wat toe uitgesteek het Nico, jy sê dit was nie swart nie?" Nico lag en trek 'n gesig. "Die helderste neonpink wat ek in my lewe nog gesien het..." Dit laat hulle van vooraf lag en Landi klik haar tong. "Well needless to say, ek het vandaar af net swart of regte camo onderklere gedra by die basis. Eenmaal se verleentheid was genoeg vir my vir 'n leeftyd." Sy begin vir haar 'n bord eetgoed pak en almal het die hartseer van Charlie vir die oomblik vergeet, maar sy is bly toe almal haar voorbeeld volg en begin eet. Sy staan nog by die koektafel toe Nico langs haar verskyn. "Ek is jammer ek het jou in die verleentheid gestel met my groot mond..." Sy val hom in die rede voor hy iets verder kan sê. "Vergeet dit...en dankie dit het die hartseer oor Charlie bietjie verlig vir almal." Sy gaan sit tussen haar ander tweeling boeties, Daniël en Craig en begin met hulle gesels. Die middag gaan vinnig om met die kinders wat speletjies speel. Met die braai die aand kondig Roelof en Thuanette aan dat sy swanger is en almal is tog te bly. Dis net Landi wat vreemd stil raak en Riaan vra haar om hom solank die vleis te help aandra braaiers toe. In die kombuis vat hy haar om die skouers en druk haar teen hom vas, min wetende dat daar 'n paar ander ore is wat in die gang staan en luister. "Byt vas my kind, staan sterk. Ek weet dit is vir jou erg nou, maar soos almal om jou swanger raak, gaan dit jou meer en meer vang. Jy gaan daardie hoofstuk in jou lewe moet afsluit en na behore afsluit, voor jy ooit sal kan aangaan met jou lewe." Hulle is lankal uit met die vleis,toe beweeg die luistervink eers na buite om ongesiens by die braaiers aan te sluit. Laataand is almal moeg en Shevon vra of Landi nie maar wil oorslaap nie, maar Landi sê sy het nie ander klere of kerkklere gebring nie, sy ry liewers huistoe vanaand. Riaan en Anrie sê hulle sal agter haar ry, maar Oupa Juan wil niks daarvan hoor nie. "My magtig, die kind gaan dan feitlik na dieselfde werf as ek en Susan. Ons sal agter haar ry en kyk dat sy veilig is." Landi lag terwyl sy haar baadjie toerits en haar hare oprol en haar valhelm op sit. "Ai julle laat dit klink of ek tien is. Bedaar mense, ek ry die wêreld vol rond op my eie, ek is mooi groot en kan na myself kyk." Rohan lag. "Behalwe as jou broek vashaak in 'n boom en jy gered moet word..." Dit laat die ander weer lag en sy trek vir hom skewegesig voor sy op haar bike klim, waai en voor haar Oupa uitry. Laatnag lê Arno en Shevon nog en gesels oor hulle kinders en Shevon onthou al die snaakse tye wat hulle met Landi en Charlie gehad het deur die jare. Van die eerstekeer wat sy Charlie ontmoet het. "Onthou jy die dag wat Anrie besef het, Charlie is 'n spinnekop en nie 'n hond nie, toe Landi en Charlie by hulle moes bly tydens ons wittebrood. Die kere wat Landi hom saamgevat het na familiefeeste, verjaardae, troues en doop. Die kere wat sy Ava en Hazel oploop gejaag het met Charlie en die keer toe sy vir Wynand in die boom gejaag het, oor sy wou hê hy moes Charlie vashou terwyl sy saam met die ander kinders speel." Arno lag nou saggies. "Ek onthou toe ek hom gekoop het asof dit gister was. Ek het haar belowe dat wanneer sy vier word sy 'n troeteldier kan kry, want sy gaan self agter die dier moet kyk. Ek het haar Pet shop toe gevat en gehoop vir 'n vis, 'n hamster of dalk 'n hasie, maar nee een van die jong verkoopsmanne was besig om spinnekoppe te versorg en raak toe opgewonde, want die tarentula'tjies het die vorige nag oorleef. Daar was hordes krioelende goedjies in hierdie glaskassie en Landie het by die glas gestaan en kyk en toe sy na links kyk sit daar 'n spinnekop so groot soos haar hand teen die kant. Ek het gewag vir die gil, maar die enigste woord uit haar mond was 'Wow'. Sy het na my gekyk en gesê 'asb Pappa kan ek so een kry' en ek het benoud na die jongman gekyk. Hy het net gelag en gevra of sy die grote wil vashou en natuurlik het sy ja gesê. Hy het oor haar gestap en sy was mal daaroor. Hy was egter amper R900 en ek het gesê nee, sy moet 'n kleiner een vat, wat goedkoper is. Intussen het daar 'n klein tarentula ontsnap uit die hokkie en op die rand gesit. 'n Aardige effens deurskynende dingetjie so groot soos 'n vyftigsentstuk en sy het haar vinger teen die glas gedruk en hy het opgeklim en op haar vinger gestap en op haar hand gaan sit. Sy het gegiggel en gesê 'hallo Charlie' en ek het geweet dis nou maar so. Ons is daar weg met 'n klein glaskassie met 'n houtdeksel en 'n houertjie met pin head krieke en 'n bladsy oor tarentulaversorging. Dit was amazing om te sien hoe hy vervel en hoe erg hy en Landi oor mekaar was. As sy in die middae van skool afgekom het, en sy sit haar tas neer het hy dadelik teen die glas begin opklim. Dan maak sy oop en hy klim op haar hand en tot op haar kop, waar hy sit tot sy klaar geëet het. Later daardie jaar het sy in jou klas geland en voldag by die skool gebly oor my werk vereis het dat ek voldag op kantoor is en Charlie kon nie wag in die aande om uitgehaal te word nie." Shevon lag ook nou saggies. "Dit was wonderlike tye met haar in my klas en julle het my hele lewe omgekrap, maar soveel liefde in my lewe ingebring ook. Ek gaan vir ou Charlie mis..."

YOU ARE READING
Rosendallers boek4 Liefde vir Landi
RomanceDie Rosendallers Bernice, Karel, Anrie, Riaan, Arno, Shevon het geen bekendstelling nodig nie, maar wel die nuwe generasie en al hulle manewales, vreugdes, hartseer, liefde en teleurstellings. Daar is Bernice en Karel du Pont met hulle Jeugkamp en h...