Alex se huis bo
Itha loer na Alex terwyl hy bestuur en sy kan steeds nie glo sy het met haar hand in syne wakker geword nie. Hy het die heelnag in die stoel voor haar bed geslaap. Hy het so salig gelyk en sy het lank net na hom gelê en kyk tot sy oë stadig oopgegaan het en sy oë dadelik op haar gerig was. Hy het eers net in haar oë gekyk toe geglimlag en haar hand gelos voordat hy lekker gerek het. Hulle het nie baie gepraat nie, hulle was altwee heeltemal te bewus van mekaar. Nou is hulle oppad dorp toe, dat sy haar verklaring kan doen. Daarna gaan hulle by Ayla-hulle eet. Finn en Wilhelm is vroeg kerk toe en sal hulle by Ayla-hulle kry. "Jy weet jy hoef nie bang te wees nie nê? Ek is heeltyd by jou." Sy kyk vinnig na Alex. "Ek is nie bang nie, ek voel beter vanoggend en amper lus om 'n besoek aan 'n sekere monster se sel te bring en hom goed op te voeter." Alex lag en skud sy kop. "Daar is nie 'n manier wat ek dit gaan toelaat nie. Buitendien moet ek jou nog vertel van die stories wat hy en Alta oor jou die dorp vol vertel het. As dit nie vir Ayla se slimmigheid was nie, sou jy nie vanoggend jou gesig in die openbaar kon wys nie. Sy het die storie heelwat verdraai maar in die proses dit laat klink of ek vir jou kuier met die oog op 'n huwelik. So as die mense ons snaaks aankyk of aannames begin maak oor ons, speel maar net saam." Sy kyk geskok na Alex. "Maar...maar jy...jy...hoe kon jy dit toelaat? Ek kan mos nie vir jou by my gemors net so insleep nie. Hemel Alexander nou voel ek vreeslik sleg. Plaas jy Ayla gestop het." Hy stop net voor die dorp en draai na haar toe. "Ek was besig om na jou te soek...so...die mense het klaar begin wonder oor ons. Ek was nie by toe Ayla die storie in die haberdashery gehoor het nie, dus kon ek haar nie stop nie. Ek sou haar ook nie gestop het nie, al was ek by. Itha dit lyk my jy het alles vergeet wat ek laas Sondag vir jou gesê het. Ek is ernstig oor jou Itha...ek wil jou myne maak. Ek wou van my kop af raak net by die gedagte aan jou êrens saam met daai gemors. My hart het byna gaan staan toe ek jou bakkie langs die pad gekry het. Itha...ek..." Hy trek haar vinnig nader en soen haar. Sy soen hom terug en laat haar arms om sy nek gaan. Hy trek haar tot op sy skoot en sit lank so met haar terwyl hy haar soen. Toe hy haar stadig laat gaan is sy te skaam om na hom te kyk, maar hy lig haar ken en kyk haar in die oë. "Moenie skaam wees vir my nie liebling...vir wat ons voel nie, nooit nie." Hy soen haar weer voor hy haar van sy skoot aftel en die bakkie terug kry op die pad. Hulle ry deur 'n baie stil dorp tot by die polisiestasie toe. Almal is nog in die kerk, maar hier en daar is daar mense by hulle huise in die tuine. Hulle waai en glimlag, bly om Itha en Alex te sien. Itha maak 'n baie gedetailleerde verklaring en Heinz is baie in sy skik met alles wat sy kan onthou. Na hulle klaar is by die polisiestasie ry hulle na Ayla en Björn se huis toe. Finn en Wilhelm het pas voor hulle gestop reg agter Ayla-hulle. Ayla spring uit en storm na Alex se bakkie toe. Sy ruk die deur oop en omhels vir Itha. "Itha...Vader tog...ek was so bekommerd oor jou." Ayla huil en klou aan Itha vas totdat Björn haar in sy arms neem en Alex vir Itha uit die bakkie kan kry. Dit vat 'n hele ruk om Ayla te laat bedaar en Björn maak intussen vir almal koffie voor die mans op die stoep gaan sit en Ayla en Itha alleen los om te gesels terwyl hulle die kos klaarmaak. Alex vertel vir die ander waarop die polisie afgekom het en hoe Gunther die twee onderwyseresse laat doodgaan het van honger en dit ook met Itha probeer het. Die seuns is geskok om te hoor wat Itha beleef het in die kelder en Finn wil net polisiestasie toe om Gunther te gaan opvoeter. "Finn bedaar jy gaan Itha net omkrap as jy so tekere gaan. Dink jy nie dit was my presiese gevoel toe daai gemors met haar by daai deur uitkom nie. Ook maar goed Heinz was by en het Itha in my arms gedruk anders was daar kuikenmoord en het julle nou vir my in die selle gaan kuier." Alex skud sy kop en gaan sit op die stoepmuurtjie om te rook, maar Itha en Ayla kom by die deur uit en tot groot vermaak van die res loop Itha tot by Alex, sit haar koffie op die muurtjie neer, vat die siggaret uit sy hand en gooi hom oor die muurtjie tussen Ayla se blomme in voor sy ewe rustig langs hom op die muurtjie gaan sit. Hy sê nie 'n woord nie en kyk net na haar. "Wat? Jy't nie gedink jy gaan rook en my dan weer probeer soen nie het jy?" Die ander begin lag en kyk dan geskok na die twee op die muurtjie toe Alex sy arm om Itha glip, haar nader trek en Itha voor almal soen. Itha is bloedrooi toe hy haar laat gaan, maar hy maak of niks snaaks gebeur het nie en vat sy koffie op die muurtjie langs hom en drink doodluiters sy koffie. Dis Ayla wat die stilte verbreek toe sy vir Björn fluister. "Björn ek dink ons moet hulle maar vertel. My Ouers kom later, maar ek kan nie so lank wag nie." Björn skud egter sy kop. "Nee wag tot jou Ouers hier is, ek dog hulle gaan hier wees vir ete." Sy knik. "Ja hulle is veronderstel om al hier te wees, maar lyk my hulle is alweer laat." Björn verander die gesprek en nie lank nie toe stop haar Ouers. Itha ken hulle goed, sy het baie na skool by Ayla se huis gekuier. Vandag is Ayla se jonger snip sussie Gertrude, wie so oud soos Wilhelm is egter by en Ayla eis waarmee die klein skinderbek vorendag gaan kom. Dit is dan ook nie lank na almal gegroet het voor Gertrude van haar laat hoor nie. "So Itha daar is lelike stories oor jou en Gunther wat die dorp vol lê. Ek het nie gedink jy sal dit waag om jou gesig so vinnig in ordentlike geselskap te wys nie." Haar Ma kyk geskok na haar. "Gertrude! Jy is ongeskik, waar is jou maniere. Jy weet om nie al die stories te glo nie. Vra Itha dadelik omverskoning." Itha staan op en stop haar egter toe sy iets wil sê. "Nee los haar tannie Vicky. Gertrude gelukkig weet ek en my vriende wat die waarheid is. Ek het nie nodig om my te skaam oor iets wat ek weet ek nie gedoen het nie. As my teenwoordigheid jou affronteer sal ek dadelik vertrek, ek hoop en bid net dat jy nooit in jou lewe ontvoer word nie, want jy gaan definitief niks daarvan hou nie. Verskoon my asseblief. Ayla, Björn, dankie vir die uitnodiging vandag, ek is jammer oor die onaangenaamheid. Ek sal julle liewers op 'n ander dag weer besoek indien julle nie gaste het met 'n probleem oor my teenwoordigheid nie." Sy begin verby 'n hoogs bedonnerde Alex skuif maar hy staan op en stop haar deur sy arm om haar te plaas gevolg deur Finn en Wilhelm. "Wag net so oomblik Birgitha voor ons gaan. Jy Gertrude, is 'n opperste snip met geen maniere nie. Ek kan nie glo Ayla is jou suster nie. As jy dit waag om enige van die baie stront stories wat rondgaan oor te vertel of verder te versprei sal jy dit berou. Hier is egter een storie wat jy met liefde kan versprei... Birgitha is myne en die persoon wat haar beskinder of enigsins te nakom sal van my en my prokureur hoor." Hy vat Itha se hand en loop die trappe af saam met Finn en Wilhelm. Wilhelm draai egter halfpad op die trappe om en leun oor na Gertrude toe om iets vir haar te fluister. Sy word bleek en toe bloedrooi voor hy grinnik en tevrede wegstap. In die motor kyk Finn na hom. "En waaroor het dit gegaan? En moenie my try fool nie, want Alex gaan jou in elk geval vra, hy het dit gesien toe hy Itha in die bakkie gehelp het." Wilhelm lag. "Ag ek het haar net herinner dat ek, Kyle, Rudolf, Lucas en my pel Steven gesels het oor elkeen van ons se afsonderlike kuiertjies agter die dorpssaal die aand met Ayla en Björn se troue. Kyle het ons mos gedare en wel ons het almal ons beurt met haar gevat terwyl die ander loer." Finn skud sy kop en kyk ernstig na Wilhelm. "Hel julle was net veertien, as Alex dit weet trek hy jou velle af. Wat presies moes julle doen..." Wilhelm lag steeds. "Toemaar dit was nie so erg soos jy dink nie. Elkeen het net 'n beurt gekry om haar warm te vry en te kyk of sy gewillig is met almal. En glo my sy was, ek dink as enige een van ons dit verder gevat het sou sy ons nie gestop het nie. Sy is nie soos Ayla of Itha nie. Sy is 'n wilde enetjie hoor. Gesels bietjie met die matrieks van hierdie jaar en jy sal hoor. Sy is definitief nie meer 'n maagd nie, nie as jy na die matriek rugbyspan luister nie." Alex ry na hulle plaas toe en toe Finn en Wilhelm die kombuis instap is Itha in sy arms. Voor Finn egter 'n aanmerking kan maak skud Alex sy kop en hulle twee verdwyn kamers toe om hulle pakke klere te gaan uittrek. Hulle glip sommer ook by die voordeur uit en gaan maak 'n draai by die stalle en skape. Intussen vee Alex Itha se trane af en gaan sit met haar op sy skoot op 'n kombuisstoel. Sy kyk op na hom en glimlag skaam. "Ek is jammer Alexander ek weet nie hoekom ek so stupid was om te begin huil nie." Hy sit sy vinger op haar mond. "Shh...jy is skaars gered uit daai hel mein liebling. Dit is net natuurlik dat jy bietjie delikaat voel. As jy wil huil of vloek of skree doen dit asseblief Itha, moenie enige gevoelens opkrop nie. Nie terwille van my of enige ander persoon nie." Sy sit haar arms om sy nek en soen hom saggies op die mond. "Dankie Alexander dat jy vir my opgestaan het, maar jy moes nie. Dis jou familie van wie jy af weggestap het vir my. Hulle gaan jou haat en ek wil dit nie hê nie." Hy maak haar stil met 'n soen net toe Finn en Wilhelm hande in die sye in die agterdeur tot stilstand kom. "A nee a, wat sal Vytjie van die gevryery sê? Ons het die vuur aangesteek. Roer julle en maak pap en sous en 'n slaai. Ons twee sal die vleis gou braai, ons het klaar 'n paar skaaptjoppies en wors uit die koelkamer gehaal." Itha is bloedrooi en vlieg van Alex se skoot af. Hy hou egter haar hand vas en staan stadig op. Hy glimlag net vir haar blos en trek haar saam met hom spens toe, maar Wilhelm stop hom deur haar ander hand te gryp. "O nee, jy los haar net hier by ons. Gaan haal jy die meel en alles self uit. As ons julle daar alleen laat ingaan vry julle net verder en vrek ons van honger vandag." Almal lag nou saam en Alex los haar hand. Sy klap egter na Wilhelm terwyl sy lag. "Sies vir jou Wilhelm, gun jy my dan niks nie. "Hy skater soos hy lag. "Nee ou sussie, ek gun jou al die liefde en geluk in die lewe, maar ek gaan nie toelaat dat mense oor julle twee praat oor julle in die spens gaan vry nie. As ek reg gehoor het, het hier nou net 'n motor gestop." Hy was toe reg want 'n huilende Ayla kom ingestap met 'n knorrige Björn kort agter haar. "Itha ek is vreeslik jammer oor my suster se gedrag. My Ouers het haar huistoe gevat en ek het hulle gesê sy beter jou omverskoning vra of sy is nie weer welkom in my huis nie." Itha sit haar arms om Ayla en troos haar, maar sy het self trane in haar oë. "Ai tog, jy het nie nodig gehad om dit te doen nie. Ek wou regtig nie 'n familietwis begin het nie. Wat nou?" Alex en Björn vat elkeen 'n vrou om die skouers en trek hulle in hulle arms in. "Aylatjie bedaar nou, dis nie goed vir jou om jou so te ontstel nie. Vertel hulle nou liewers ons nuus, terwyl ons almal hier is." Sy bedaar dadelik en kyk opgewonde na almal in die kombuis. "Dis eintlik hoekom ons julle almal daar wou hê vandag. Ons....ons gaan 'n babatjie hê." Almal omhels mekaar en dis 'n opgewonde deurmekaar pratery en gelukwensery. Alex nooi Björn-hulle om daar te braai aangesien Ayla die kos wat sy en Itha gemaak het net so vir haar Ouers ingepak het. Sy was te vies om dit te eet. Alex maak eers self die pap en Itha sê sy en Ayla sal sous en slaai maak. Die twee jonger broers braai later die vleis terwyl Alex vir Wilhelm uitvra oor sy en Gertrude se interaksie vroeër. Wilhelm vertel huiwerig vir sy twee oudste broers die storie en Alex wil sy velle aftrek. "Wilhelm is jy stupid? Waar is jou maniere? Dis nie iets om oor te pronk nie, al is die meisie hoe los jy doen dit nie en jy praat ook nie oor so iets nie. Jy beter nie dat Ayla of Itha jou hoor nie." Wilhelm is dadelik op die verdediging. "My hel jy vra my en toe is ek eerlik en nou trap jy my uit. Ek sou dit nooit opgehaal het as sy nie met ons Itha begin skoorsoek het nie." Ayla praat van die stoep af en waar hulle onder die boom staan en braai hoor hulle haar duidelik. "Ayla en Itha het klaar gehoor, jou klein wetter, maar sy bring haar slegte naam oor haarself. My arme Ma sukkel haar byna dood om Gertrude op die regte pad te hou. Dalk moet hulle haar koshuis toe stuur." Alex trek Itha eenkant toe terwyl die ander oor Gertrude en die voor en nadele van koshuislewe praat. "Hey, is jy okay?" Sy knik en glimlag skaam. "Ja piekfyn dankie." Hy vee met sy hand oor haar wang en trek haar onder sy blad in. "Kan ek en jy gesels vanaand voor ek jou huistoe vat?" Sy knik en wonder waaroor sal hy nou wil gesels. Is dit nou omdat sy so ou tjankbalie is vandag. Hulle val ongesiens in by die geselskap wat gaan oor ou Kersaand en Itha bevestig dat sy steeds daar sal wees. Die ander vind dit nie snaaks toe Alex Itha se stoel regsit en haar kos inskep en vir haar gee nie. Hulle het klaar aanvaar dat die twee bymekaar hoort en hulle sit almal heerlik en smul langs die vuur. Teen laatmiddag vertrek Ayla en Björn en Alex nooi Itha vir 'n wandeling langs die dam. Hy vat haar hand en stap met haar dam se kant toe terwyl Finn en Wilhelm die kombuis gaan opruim en skottelgoed was. Hulle stap 'n rukkie in gemeensame stilte voor hy haar agter die groot ou Wilgerboom intrek en haar begin soen. "Jy weet nie hoe in die versoeking was ek die heelmiddag om dit te doen nie. Itha ek was ernstig laas Sondag, ek wil hê jy moet dink aan 'n toekoms saam met my hier op hierdie plaas. Ek weet egter dit gaan nie maklik wees met Wilhelm nog in die huis nie, ons gaan nie regtig enige privaatheid hê behalwe in ons slaapkamer nie." Sy bloos en kyk weg as hy saggies lag. "Finn gaan darem seker net vakansies by die huis wees. Ek weet net nie wat Wilhelm na skool wil doen nie. Hierdie is al huis wat hulle ken, maar ek wil jou hier by my hê en vinnig ook." Dis haar beurt om hom stil te maak met haar vinger op sy mond. Hy dink egter nie tweekeer voor hy haar vinger in sy mond insuig nie. Haar oë word groot en hy lag. "Ek het nie 'n probleem met jou broers in die huis nie, jy behoort dit te weet. Ek weet net nie wat my Ouers gaan sê nie, gaan hulle toestemming gee, gaan my Pa so gou reg wees om die plaas weer self te bestuur." Hy gaan sit teen die boom met sy rug en trek haar tussen sy bene in met haar rug teen sy bors. "Ek dink nie ons moet ons te veel bekommer oor jou Ouers se reaksie nie, maar ek sal daarvan hou as ek hulle toestemming het om jou die hof te maak en ons gebooie op te gee dat ons gebooie kan loop. Sy draai haar kop en kyk effens verbaas na hom. "Gebooie....maar..." Hy lag vir haar gesig. "Ja Birgitha Ziegler...gebooie soos in trou." Sy draai op haar knieë so tussen sy bene. "Trou...maar jy het my nog nie eers gevra nie....." Alex kom ook regop op sy een knie voor haar. "Dan moet ek dit dadelik regstel mein liebling, al het ek nog nie 'n ring vir jou nie...Birgitha Ziegler sal jy asseblief met my trou? Ek het hals oor kop vir jou geval my klein Itha, ek wil jou myne maak. Ek wil vir die hele wêreld vertel jy is myne....ek is lief vir jou." Sy glimlag ondeund toe sy haar hand in syne lê. "Alexander die Grote, ek moet bieg...ek het al van skool af 'n enorme crash op jou gehad. Die laaste paar maande wat ons so baie saamgewerk het, het my respek en ook my...my liefde vir jou net groter geword...ja ek sal graag met jou trou." Hy wag nie verder nie, maar trek haar vinnig tot teen sy bors, dan soen hy haar lank en passievol. 'n Ruk later gaan hy sit met haar en trek haar saam met hom op die gras neer. Dit is al sterk skemer voor hy haar baie onwillig huistoe vat.

YOU ARE READING
Adendorpers boek1 Vrou so na my hart
RomanceItha of te wel Birgitha Ziegler is 'n hardekop en eiewys negentienjarige Duits-Franse meisie. Haar Pa Klaus Ziegler is 'n vooruistrewende skaapboer in die Karoo, maar na sy ongeluk wat hom verlam gelaat het, moet Itha die plaas se leisels op haar ne...