Itha stap op en af in Alex se studeerkamer, haar senuwees is gedaan. Sy het Alex nog nooit so kwaad gesien nie. Sy hoop nie hy doen iets wat hom in die tronk gaan laat beland nie. Sy besluit om liewers vir haar 'n koppie tee te gaan maak as om so te loop en top. Sy kry Wilhelm en Finn in die kombuis besig om ontbyt te maak. Hulle loer net skrams na haar toe sy begin ketel regsit, maar sê eers nie 'n woord nie. Finn kan dit naderhand nie hou nie. "Ithatjie vertel nou vir ons wat gaan aan want ons kon net hier en daar iets hoor. Asseblief man moenie ons in die donker hou nie, dis erg genoeg dat ons nie eers weet hoekom Alex in die tronk gaan land nie." Sy sug en draai na hulle toe en vertel hulle alles. Hulle lyk self of hulle kan slange vang toe sy klaar is. Wilhelm is reg om die geweer te gryp en Itha en Finn keer net. "Nee Wilhelm los dit, ek gaan nie vir jou ook uit die tronk uit gaan haal nie. Glo my Alex is op hierdie oomblik besig om daai vent goed op te dons. Ek het Alex laas so kwaad gesien toe ons die bakkie gesteel en in die kanaal in loop voeter het. Itha jy moet net mooi pleit en verduidelik hoekom jy hom nie in die eersteplek gesê het van Victor se onwelkome attensies nie. Ek is seker hy sal afgekoel het teen hy terugkom." Itha maak koffie en gaan sit langs die tafel. "Ek is nie so seker hy gaan verstaan nie, hy is heeltemal te kwaad." Hulle praat nie verder nie, maar sit en eet ontbyt. Hulle is amper klaar met ontbyt toe die bakkie met 'n vaart ingery kom op die werf. Wilhelm en Finn kyk vir mekaar en dan met jammerte na Itha. Alex storm die kombuis in en sien nie vir Itha waar sy besig is om sy beker vol koffie te maak nie. "Waar is sy, as julle haar laat wegkom het is julle dood vandag..." Hy volg hulle altwee se oë toe hulle stoof toe kyk skuins agter hom. Itha staan met sy beker koffie in haar hand. Hy loop reg op haar af en haar oë rek groter as wat dit reeds is toe sy die bloed op sy hemp, arms en moue sien. Hy vat die beker uit haar hand en sit hom op die tafel neer voor hy terugdraai na haar toe. Sy hou haar hande op. "Alexander ek is jammer, ek moes..." Sy kom egter nie verder nie. Hy tel haar op en gooi haar oor sy skouer en stap studeerkamer toe. "Alexander sit my neer ek kan verduidelik..." Sy spartel en skop, maar hy gee haar 'n hou op die agterstewe met die plathand. "Bly liewers doodstil Birgitha, niks wat jy nou sê maak enigsins saak nie." Finn en Wilhelm se oë rek en hulle weet Alex is nog nie afgekoel toe hulle die studeerkamerdeur hoor toeklap nie. Hulle kry Itha bitter jammer vandag. Sy sal haar storie met die verduidelikings moet ken. Intussen gaan sit Alex met Itha en keer haar op haar maag om oor sy kneë. Hy druk haar vas toe sy spartel en fluister hard by haar oor. "Ek kan baie vat Birgitha, maar die feit dat jy my nie genoeg vertrou het om jou behulpsaam te wees met daai skurk se onwelkome attensies nie, maak my briesend." Hy gee haar 'n hou en sy knyp haar oë bottoe en byt op haar tande. Sy sal hom nie die genot gee om 'n geluid te maak of te probeer verduidelik nie, hy kan gaan vlieg met sy ring en al. "Tweedens Birgitha maak dit my briesend dat jy so lank stilgebly het voordat jy vir Ayla vertel het wat aangaan, wat beteken jy wantrou nie net vir my nie, maar jou eie familie en naaste vriende ook. Hoe kon jy wag tot hy 'n onderduimse plan beraam het en dit uitvoer om jou sodoende in 'n huwelik in te dwing " Nog 'n hou volg die eerste een, maar sy maak nie 'n geluid nie. Hy voel die klammigheid van haar trane op sy kaal been net waar die kortbroek ophou, en hy voel sleg, maar hy is nog nie klaar met haar nie en hy druk deur. "Derdens dink jy ek is so monster dat ek jou nie sou glo dat sy attensies onwelkom is nie? Of het jy gedink ek sal sy stront stories oor julle sogenaamde verhouding glo?" Hy gee haar nog 'n laaste hou voor hy haar haar regop tel, maar hy het nie rekening gehou met haar nie. Sy spring soos blits weg van hom af en om sy studeertafel. Sy staan voor hom en die trane rol oor haar wange terwyl sy met hartseer oë na hom kyk. Sy oë rek toe sy haar ring van haar vinger aftrek en hom op die tafel neersit. Haar stem is hees van die trane toe sy praat. "Gaan soek vir jou 'n vrou wat so volmaak soos jy is. Een wat in elke situasie reg sal optree, nooit foute maak nie en een wat daarmee geneë is dat jy haar nie 'n kans gaan gee om enige iets te verduidelik as sy foutteer het nie en haar dan nog boonop slaan daaroor ook. Want ek is beslis nie daardie vrou nie." Hy vlieg op maar sy is reeds by die deur uit. Sy hardloop verby 'n geskokte Finn en Wilhelm, spring in haar Pa se motor en trek weg dat die klippe spat toe Alex op die stoep uitgehardloop kom. Dit is Finn wat hom stop toe hy wil agterna jaag. "Alex nee...gee haar kans om af te koel. As jy haar nou jaag, maak sy dalk nog 'n ongeluk...jy wil nie nog iets hê om oor spyt te wees nie." Hy draai na Finn en vir 'n oomblik kry Finn hom jammer toe hy die verslae uitdrukking op sy gesig sien. Hy onthou egter dadelik die houe wat hy en Wilhelm duidelik tot in die kombuis kon hoor en hy verhard sy hart. Alex draai weg en gaan die huis in stilswye binne en die studeerkamerdeur gaan hard toe agter hom.
ESTÁS LEYENDO
Adendorpers boek1 Vrou so na my hart
RomanceItha of te wel Birgitha Ziegler is 'n hardekop en eiewys negentienjarige Duits-Franse meisie. Haar Pa Klaus Ziegler is 'n vooruistrewende skaapboer in die Karoo, maar na sy ongeluk wat hom verlam gelaat het, moet Itha die plaas se leisels op haar ne...