Itha se oogpunt
Sjoe kan nie glo alles is binne 'n week gereël nie. Hier is ons al by die stasie en my ouers en klein Franco is al in die trein. Die trein begin stadig beweeg en ek waai vir hulle voor ek omdraai en koöperasie toe stap. Ek moet 'n paar goedjies kry voor ek teruggaan plaas toe. In die deur van die koöperasie staan Finn en ek besluit om vinnig by die haberdashery in te glip. Hopelik het hy my nie gesien nie. Ek kyk na die materiaal en stap stadig deur die winkel. Ek raak so ingedagte dat ek in Finn vasloop voor ek hom sien. "Kruip jy dalk vir my weg Ithatjie...mmm? Jy vlieg behoorlik hier in toe jy my sien." Ai tog. "Nee Finn ek het net onthou ek moes vir Vytjie garing gekry het." Ek kyk hom nie in die oë nie en hy buk af en kyk in my oë. "Itha jy vermy my nou al 'n week, ons moet praat. Dit kan nie so aanhou nie." Ek vervies my vir hom. "Daar's niks om oor te praat nie en ek vermy jou nie, ek is besig. Verskoon my ek het nog baie om te doen voor die dag om is." Ek vlieg weer met spoed by die haberdashery se deur uit en sien uit die hoek van my oog hoe Ané Schruder vir Finn voorkeer. Sy vrek al jare oor hom en in die stilte wens ek sy wil hom goed besig hou. Ek loop die deur van die koöperasie storm en loop my trompop teen 'n brieë gespierde bors en twee boomstomp arms gaan om my lyf om my val te stop terwyl my hande op die bors voor my land. Ek staan botstil en voel hoe ek warm word en bloos. Ek lig my kop stadig en kyk vas in Alexander se uitdrukkinglose gesig. Dis net sy glinsterrende blou oë wat my vertel presies hoe geamuseerd hy is. "More Birgitha is jy so bly om my te sien of hol jy alweer vir my broer weg?" Ek probeer hom wegstoot maar hy hou my steeds vas. "More Alexander, skuus ek was net haastig, het nog baie om te doen vandag." Hy laat my stadig gaan maar hou my gewrig in sy hand en bly na my kyk. Al die geamuseerdheid het uit sy oë verdwyn. "Jy weet jy hoef nie alles self te doen nie Birgitha, ek het jou Pa belowe ek sal na jou kyk, dit sluit die boerdery in." Ek skud my kop. "Ek weet, dankie, maar ek het nie nou hulp nodig nie Alexander. As ek vasbrand sal ek jou vra vir hulp, regtig." Ek gewaar vir Finn kort agter my en ek kyk oor my skouer na hom. Hy kyk na Alexander se hand op my gewrig, dan op na ons en gee 'n lelike lag. "So dis die rede hoekom ek nie goed genoeg is nie, dis my ouboet nê? Sekerlik meer ervaring as ek." Ek het lus en klap hom dat hy tol. Alexander los my gewrig en ek draai na hom toe. "Ek dink jy moet jou broer liewers vat en huistoe gaan Alexander voordat ek die anderkant van sy kakebeen ook vir hom inkleur." Ek loop by hom verby en gaan koop die goed wat ek nodig het en sien nie hoe Alexander hom in die bakkie in boender nie. Finn is nou regtig besig om my vies te maak.
*************
Alexander stop net buite die dorp en sluit die bakkie af voor hy na Finn toe draai. "Wat de donder het jou besiel om so aantyging te maak. Ek het haar gevang toe sy die koöperasie ingestorm het en amper my voete onder my uitgeloop het. Dis wat jy gesien het. Wat het jy vir haar gesê dat sy so op die vlug geslaan het?" Finn kyk skuldig op en sit dan deur die venster en uitstaar. "Ek wou net met haar praat, maar sy weier om met my te praat, kruip weg in die haberdashery, en hol toe weg reguit in jou arms in. Dammit man, wat is dit met haar? Is ek net nie goed genoeg nie of wat?" Alex kyk na Finn en dan weg deur die voorruit. "Ek weet dit is nie lekker om te besef iemand voel nie oor jou soos jy oor haar voel nie, maar dis maar die lewe. Dink jy nie dis dalk juis oor sy een van die min meisies is wat nie voor jou voete val nie, dat jy haar juis wil hê nie?" Finn lyk of hy diep dink voor hy antwoord. "Ek weet nie, dis moontlik. Ek weet net ons was al jare bure en saam haar op skool en die eerstekeer wat ek haar in 'n ander lig begin sien het was in matriek, en toe sy saam met my matriekafskeid toe gegaan het.
YOU ARE READING
Adendorpers boek1 Vrou so na my hart
RomanceItha of te wel Birgitha Ziegler is 'n hardekop en eiewys negentienjarige Duits-Franse meisie. Haar Pa Klaus Ziegler is 'n vooruistrewende skaapboer in die Karoo, maar na sy ongeluk wat hom verlam gelaat het, moet Itha die plaas se leisels op haar ne...