Bo Itha se verlowingsrok.
Terug by die huis en Itha is verlig om te hoor dat Dietrich 'n skakelhuis op die dorp gekry het. Nou kan hy die een huis inrig vir sy nuwe spreekkamer en hy en Inge het reeds die vorige dag ingetrek in die ander huis. Victor kuier nog en het dus sy intrek by hulle geneem. Haar ma wag egter net tot Alex gery het toe begin die baie vra en ligte verwyte. "Itha ek verstaan net nie die haas om te trou nie. Is jy seker daar is nie iets waarvan ons moet weet nie? Die mense gaan praat as julle nou Saterdag verlowingspartytjie hou en binne tweemaande al trou." Itha kyk geskok na haar Ma. "Mamma regtig? Genade ek en Alex is nie so nie. Ja hy het my gesoen en hy hou my vas, maar nie een van ons is so groot gemaak soos jy nou suggereer nie. Hoekom sal ons dan nou malgaan net omdat ons verloof is. Ons weet om te wag tot na ons huwelik met enige iets anders. Ons voel vere wat die mense sê, hulle kan maar skinder. Hulle doen dit in elk geval al is daar ook nie 'n storie nie, hulle sal wel een opmaak en versprei." Madeleine skud haar kop. "Jy kon net sowel dan jou rok hier laat maak het, en ek kon ten minste jou gehelp het met die keuse. Jy weet jy het nie die beste mode-sense in die omgewing nie. 'n Bruid het haar moeder se hulp en raad nodig met die keuse van haar trourok en alles, nie 'n tante wat sy skaars ken nie. Aangesien ons jou rok en troue betaal is dit tog die moeder van die bruid se voorreg..." Sy wil nog voort praat, maar Itha stop haar. "Ma stop asseblief net daar. Ek het nie lus vir 'n bakleiery nie, maar ek gaan my sê, sê en dan wil ek nie weer hieroor praat nie. Ek sou nie in hierdie dorp so rok gekry het nie en nie eers tannie Martha sou so rok vir my kon gemaak het nie. Ek het nie sulke vrot mode-idees soos wat jy maak nie. Maar na al die tyd kan jy en ander steeds nie verstaan dat ek nie kan boer met die fraaiste rokkies aan nie. Die afgelope tweejaar was vir my ook nie maklik nie, glo my. Al my vriendinne het bedags teepartytjies, bidure en weet nie wat als bygewoon en die mooiste klere gedra, getrou en babas gekry, terwyl ek in die son en tussen skaappoep moes voortsukkel en sweet in jeans, manshemde en stewels. Het jy eenkeer in die tweejaar gedink wat sou van jou duurklere en juwele en teepartytjies geword het as ek nie ingespring en my plig gedoen het en die boerdery oorgevat het nie. Hier was niemand anders as ek om julle op dieselfde lewensstandaard te hou en my liewe broer in Duitsland se studies te betaal nie. Ek het dit gedoen want dit was my plig. As Pa se operasies nie geslaagd was nie, sou ek nie eers vir Alex kon ja sê nie, want dan was my plig steeds hier by julle. Tannie Suna het my die tafeldoeke en uitnodigings as geskenk gegee. Alex het ons linne en huisgoed betaal en ek het my rok en goed uit my erfporsie self betaal. Ek het nie 'n dooie sent van julle geld gebruik nie en ek is bereid om my onthaal ook self te betaal. Dit is my troue Ma ek wil my eie keuses maak. Ek het gedink Ma sal graag my troukoek wil doen, daarom het ek Ma gevra. Ek wou egter nie gehad het Ma moet Ma-self oor 'n mik werk aan die onthaal nie, daarom het ek besluit om die bakkery en hotel te vra om al my onthaal se eetgoed te verskaf en die groot dorpsaal te huur vir die onthaal. Ek is moeg vir al Ma se verwyte terwyl alles op hierdie plaas eintlik gedoen word om Ma te please en Ma van 'n sekere lewensstandaard te voorsien." Haar Ma is woedend en gee Itha 'n klap deur die gesig. "Jou klein merrie, jy praat nie so met my nie..." Sy gryp Itha aan die hare en stop in haar spore toe Klaus in die deur staan en sy stem hard agter haar klap. "Madeleine! Stop dit. Itha is reg en jy weet dit. Hierdie kind het haar oor 'n mik gewerk om ons lewensstandaard dieselfde te hou en Dietrich se studies klaar te betaal na my ongeluk, terwyl sy niks vir haarself gevat het nie. Jy gaan ophou met jou verwyte en demands. Itha gaan voort met die reëlings my kind en stuur alle rekeninge direk vir my. Ek is die Vader van die bruid en ek sal die onthaal en saal self betaal. Hou jou kop hoog my kind, ons het jou ordentlik grootgemaak en maak nie saak wat enige een sê nie. Solank julle weet wat die waarheid is, is dit die belangrikste. Madeleine...studeerkamer nou..." Hy stap uit studeerkamer toe en Itha sug verlig toe die deur agter haar Ma toegaan. Sy het haar Pa nog nooit so streng met haar Ma hoor praat nie. Sy gaan sit en skryf die koeverte van die uitnodigings, waarna sy besluit om dié in die dorp te gaan aflewer en die ander te gaan pos. Eers moet sy egter gou by Alex gaan stop om seker te maak hy is tevrede met die kos en onthaalplek voor sy gaan bespreek. By Alex sien sy hulle is besig met die skoonmaak van 'n stuk grond aan die agterkant van die huis en nog 'n klomp werkers is besig om 'n ander stuk grond naby die ou skuur reg te maak. Sy klim uit en Alex onderskep haar en trek haar die ou skuur binne, waar hy haar vurig soen. Sy druk hom effens uitasem weg en lag skaam. "Hey, stadig Alex, jy het my net twee ure terug laas gesien." Hy lag effens. "Mmm twee baie lang ure mein liebling, maar wat maak jy hier, nie dat ek nie bly is om jou te sien nie?" Sy vertel hom van haar en haar Ma se onderonsie en vra sy raad oor die kos en onthaal. "Dit klink alles vir my reg, reël alles net so. Wat jou Ma en die nuuskieriges betref dink ek ons moet net eenvoudig ons nie aan hulle steur nie. Ek reël 'n groot skaapbraai hier op die plaas vir oormôre-aand vir 'n soort afskeid vir Finn. Ons sal dan sommer ook so terloops laat val dat ons al 'n jaar lank privaat verloof was en nou uiteindelik op 'n troudatum besluit het aangesien jou Pa jou nou kon ingebring het in die kerk in nie. Trek jou mooiste rok aan want ons gaan dans tot sonopkoms." Hy begin haar net weer soen toe iemand agter hulle keelskoonmaak. "UghMhm...julle twee kan maar net nie genoeg van mekaar kry nie nê. Ek is so dankbaar ek is nie arme Wilhelm wat saam met julle twee vryers permanent in een huis sal moet bly nie." Alex sit sy arm om Itha en begin uitloop uit die skuur uit. "Jy gun ons ook niks nie...wat is die rede vir jou ontydige binnekoms?" Hy klink so hoogdrawend dat Itha en Finn altwee uitbars van die lag. "Man, ons wil weet tot waar moet die skuur loop, jy het nie presies gesê nie. Die werkers wag..." Itha groet en Alex soengroet haar by die motor tot groot vermaak van die werkers, Finn en Wilhelm, maar Alex steur hom nie aan hulle nie. Die volgende twee dae word daar hard gewerk. Twee spanne van twaalf elk werk gelyk. Die een span bou skeerskuur saam met Finn en die ander span werk saam met Alex aan die hoofslaapkamer se badkamer waarvan Itha nie mag uitvind nie. Gelukkig is daar 'n paar bome wat die bouery by die huis bietjie verberg, so Itha behoort nie van die skuur waar die braai gehou gaan word af te kan sien wat aangaan nie. Alex het die span net gestuur om te gaan eet toe Wilhelm hom by die bouery voorkeur. "Alex kan ek gou met jou praat?" Alex kyk behoedsaam na Wilhelm en knik. "Laat ek hoor wat het jy op die hart." Wilhelm lyk effens ongemaklik. "Jy sien ek het nou bietjie gedink en die saak staan so-die ryery heen en weer skooltoe vat 'n halfuur soggens en nog halfuur smiddae en dan is daar atletiekoefening elke middag, rugby oefening in winter tweekeer per week wanneer ek nie direk na skool oefen nie, maar eers later in die middag. Die petrol werk jou ook baie uit en dan is daar nog die feit dat jy en Itha gaan trou en beslis meer privaatheid nodig gaan wil hê. Geen jong getroude paartjie soek 'n tiener onder hulle voete nie. Die koshuis gaan jou minder kos as die heen en weer ryery tot vierkeer 'n dag. Kan ek nie maar koshuis toe gaan vir die laaste tweejaar van skool nie?" Hy het Alex ietwat onkant gevang met die hele koshuisstorie so by so dat Alex lank net vir hom staan en kyk. "Um...sjoe Wilhelm, ek weet nie wat om te sê nie. Jy verstaan dat Itha besef sy trek in 'n huis in waar skoolgaande studerende jongmans bly. Ons wil nooit hê julle moet voel julle is in die pad of onwelkom in julle eie ouerhuis nie. Dis ook darem nie asof ons heeldag gaan loop en vry die hele huisvol nie...." Wilhelm bloos nou bloedrooi en beduie met sy hande terwyl hy stotter oor sy woorde. "Um...jy weet, dit is nie wat ek...um...e...bedoel nie man. Dis...dis net dat ek nie dom is nie...ek wil julle 'n kans gee om 'n normale huwelikslewe te hê. Jy gaan haar wil...um...um...ag deksels man verstaan tog...jy gaan opgewonde en opgewerk raak en haar in die kombuis wil vasdruk teen die tafel of selfs openlik aan haar vat en sy gaan nie daarvan hou as daar altyd oë is wat julle dophou nie. Dit gaan julle verhouding stram maak. Itha is miskien 'n plaasmeisie, maar sy is eintlik maar skaam. Ek laat nie vir my vertel dat julle nie soms helder oor dag sal wil verdwyn kamer toe nie, maar te bang gaan wees ek stap skielik in van die skool af. Ek het mos al gehoor wat Björn vir Finn vertel van hom en Ayla wat probeer vir 'n baba en waar hulle al orals vasgehaak het...ek luister na die ander ouens om my se stories van hoe hulle op hulle ouer broers en susters ingeloop het waar hulle dit in die kombuis of selfs eetkamer doen. Ras het selfs vertel hy het sy broer en sy vrou eendag in hulle motorhuis betrap..." Alex se ore is nou self bloedrooi en hy gooi vinnig wal. "Magtig Wilhelm jy is nie veronderstel om oor sulke goed te praat nie. Jy plant nou verkeerde gedagtes van Björn en Ayla en mense wat ons ken in my kop. Stop dit. Ek dink ek verstaan presies wat jy probeer sê. As jy wil koshuis toe is dit jou keuse, maar ek weet Itha voel oor jou in die huis soos ek. En as jy wegbly nog naweke ook dan gaan sy begin skuldig voel. So jy weet jy sal moet naweke huistoe kom asook vakansies. As jy dalk vergeet het, ek en Itha is mos ook nie sestien nie, ons weet daar is 'n tyd en plek vir alles." Wilhelm begin lag. "Skuus dat ek lag Alex, maar ek wens jy kan jou eie gesig soms sien as jy na Itha kyk. Die begeerte is duidelik vir ons almal om te sien. Hoe erg dink jy gaan dit wees as sy eers joune is na die troue. Jy gaan nie genoeg van haar kan kry nie." Wilhelm lag steeds, maar Alex begin wegstap. "Wilhelm ek dink jy het genoeg gesê, bly liewers stil. Ek sal reël vir jou koshuisinname en al die papierwerk afhandel as ek dorp toe gaan Maandag. Jy kan dalk vir Itha besig hou op 'n manier volgende week dat ek al die goed wat ek gekoop het en waarvan sy nie weet nie kan weggesteek kry. Dalk moet jy haar vra om jou te help om al die koshuisbenodigdgede bymlkaar te kry." Hy hoop nie Itha beplan om hulle kamer reg te kry kort voor hulle troue nie, want hy sal die week voor dit alles moet inkry en regsit.
Saterdagaand is Itha se Ma ietwat verbaas toe sy Itha se rok en skoene sien. Itha sien die verbasing duidelik, maar besluit om niks te sê nie. Toe hulle stop op die plaas is Alex dadelik by en help Itha uit die motor en kan nie help om vir haar te fluister nie. "Sjoe, jy lyk verruklik mein liebling, hoe de duiwel gaan ek dit vir nog twee maande regkry om van jou af weg te bly. Kom hier is al heelwat gaste en almal is reeds bewus van ons verlowing. My liewe broers is mos skinderbekke en het reeds bietjie stories laat glip oor ons jaarlange privaat verlowing." Die aand verloop baie gesellig en daar word gedans tot middernag. Itha se ouers is by negeuur al huistoe en Alex het belowe hy sal haarself tuis besorg. Net na 12 sit sy en Alex op die swaaibank op sy agterstoep, elk met 'n koppie koffie. Hy vertel haar van sy en Wilhelm se gesprek die vorige middag en sy bloos bloedrooi. "Hemel tog dis...dis eintlik erg...om te dink die hele gemeenskap en omliggende plase gaan almal weet presies wat doen ons die nag van die 4de Maart." Alex begin saggies lag, sit hulle bekers op die tafeltjie en laat sy arm om haar skouers kruip terwyl hy by haar oor fluister. "Mmm en ons kan seker net bly wees dis nie die middeleeue wat almal in die kasteel se groot eetsaal of voor die kamerdeur bly wag het, sodat hulle die bloederige laken kon kry om te sien die huwelik is waarlik voltrek nie." Itha kreun en steek haar gesig weg teen sy bors. "Ek dink jy moet ophou praat, want jy maak dit net erger klink. Alex...um...ek...e...het jy...het jy al ooit...um..." Hy wag dat sy klaar praat maar sy sê niks verder nie en hy lig haar gesig op na hom. Dis donker op die stoep met net 'n bietjie maanlig, maar hy kan haar gesiggie goed genoeg sien. "Itha jy weet jy kan my enige iets vra nê?" Sy knik en lek oor haar lippe. Hy kreun kliphard en buig sy kop om haar lippe gevange te neem. Dis 'n baie passievolle soen en sy hand is op haar knie en beweeg stadig teen haar been op, maar hy stop op haar bo-been en lig sy kop effens. "Jy weet presies hoe ek oor jou voel en ek het die grootste respek vir jou, maar jy moet liewers langbroeke naby my dra vir die volgende tweemaande, want jy maak die duiwel in my wakker Itha. Jy wil my dinge laat doen wat liewers moet wag tot na ons troue. Ek weet jy is nog 'n maagd en ek is seker dis wat jy my net-nou wou vra. Ek weet dit was verkeerd en ek is nie juis trots daarop nie, maar ja ek het al saam met iemand geslaap en nee dit was nie Alta nie. Dit was Bridget Muller toe ons standerd 8 was. Ek weet nie of jy kan onthou nie, maar ek het met haar uitgegaan van standerd 8 af tot haar ouers Oos Londen toe getrek het aan die einde van standerd 9. Daarna het ek my voorgeneem om te wag tot na ek eendag getroud is. Is jy nou teleurgesteld in my?" Itha weet nie hoekom nie, maar sy is bly dit was nie Alta nie. "Nee, ek is mos nie dom nie, ek weet mans is nie soos vrouens nie en bittermin van julle wag vir tot na die troue. Dit maak nie vir my saak nie. Bridget was darem 'n oulike meisie al sou ek nou nie so iets van haar verwag het nie, maar ek kan haar nie kwalik neem dat sy geval het vir Alexander die Grote nie." Hulle lag altwee oor haar woorde en hy haal sy hand onder haar rok uit en trek haar rok reg voor hy opstaan. "Kom ek vat jou liewers huistoe voor ek in helse moeilikheid is en jou Pa jou kom soek met die haelgeweer."
Die volgende twee maande vlieg omtrent verby en Alex het sy hande vol om Itha van die huis af weg te hou. Hy en Wilhelm ry self al haar klere en persoonlike goedjies aan een middag so twee dae voor die troue. Sy wil met alle geweld saam tot Wilhelm haar in die spens voorkeur toe sy gaan koffie maak voor hulle kan ry met haar laaste goed. "Kyk Itha as Alex weet ek sê dit vir jou is ek so dood soos 'n mossie, maar kry iets anders om te doen hier. Moenie aanhou om saam te wil gaan Zimm's toe nie, jy maak Alex se senuwees gedaan. Eerstens het hy 'n helse groot verrassing vir jou en as jy vandag saamgaan is al sy planne daarmee heen. Hy werk al aan 'n plan vandat julle van Port Afred af teruggekom het. Tweedens behoort ek dit nie te sê nie, maar as jy nog nie agtergekom het nie, het jy 'n verloofde wat sy oë en hande in die laaste tyd nie van jou kan afhou nie. Hy is helfte van die tyd so ingedagte en opgewerk deur jou dat hy nie reguit kan dink nie, hy kry swaar en glo my hy is meeste van die tyd lus om jou oor sy skouer te gooi en te verdwyn kamer toe." Itha se oë is so groot soos pierings en sy is bloedrooi. "Wilhelm regtig? Moet jy so bar wees? Jy word erger as Finn, Alex is nie so erg soos julle beweer nie, en hy is alles behalwe vatterig soos jy beweer. Maar ok, ek sal nie 'n voet op die plaas sit voor die dag van ons troue nie." Sy maak die koffie en maak nie weer melding van saamgaan om haar goed uit te pak nie. Toe hulle groet om te ry het sy klaar 'n verskoning uitgedink. "Hemel tog ek het heeltemal vergeet. Ek moes by Ayla gedraai het. Tannie Suna hulle sou vandag gearriveer het." Alex is verlig en sy sien dit. Nou wonder sy waarmee wil hy haar verras en waarmee is hy so besig. Sy ry toe maar regtig na Ayla toe op die dorp. Sy stop reg agter oom Zander en tannie Suna wat net besig is om uit te klim. "My waarlik en hier is die bruidjie ook nou. Kom kind kom gee 'n handjie met die goedjies vir Ayla, sy kan darem nie enige iets help dra nie. Die mans kan die res van die bakkie afpak. Oom Zander en Björn moet nog stasie toe. Ek glo die ander goed is al daar, ons het dit darem al Maandag op die trein gesit." Ayla is vreeslik verras met die baie pakkies en toe sy oopmaak huil sy sommer en kyk beskuldigend na Itha. "Jy het hiervan geweet jou klein pes, dis hoekom jy so wal gegooi het toe ek sekere babagoedjies wou koop nê?" Itha lag en knik. "Ja maar ek kon mos nou nie Tannie Suna se verrassing beduiwel nie. Jammer Ayla." Gelukkig vergewe Ayla haar dadelik en toe die mans van die stasie af inkom is sy eers in trane toe sy die mooi bababed sien wat hulle indra. Itha vertrek kort voor aandete terug plaas toe. Sy is skaars by die huis toe stop Dietrich en Inge ook daar met blye nuus of te wel dit lyk of Dietrich bly is maar Inge lyk nie eers opgewonde nie. Hulle gaan ouers word en Madeleine is vreeslik bly om te hoor sy gaan ouma word. Hulle bly vir ete en Itha is net bly Victor is die vorige week terug Duitsland toe. Wat sy nie weet nie is dat Dietrich hom gevra het om te gaan, aangesien hy etlike kere met Heinz slaags geraak het oor sy geflirt en onthaal van skoolmeisies in die hotel, onder andere Ayla se klein sussie Gertrude. Itha lê later in haar bed en wonder hoe dit sal wees om 'n bed met Alex te deel. Op watter kant slaap hy graag? Snork hy dalk? Sjoe daar is steeds baie goed wat sy nie van hom weet nie en binne die volgende paar dae en weke gaan uitvind. Trou is maar 'n onsekere besigheid. Geen wonder die spreekwoord lui nie verniet dat trou nie perdekoop is nie.
YOU ARE READING
Adendorpers boek1 Vrou so na my hart
RomanceItha of te wel Birgitha Ziegler is 'n hardekop en eiewys negentienjarige Duits-Franse meisie. Haar Pa Klaus Ziegler is 'n vooruistrewende skaapboer in die Karoo, maar na sy ongeluk wat hom verlam gelaat het, moet Itha die plaas se leisels op haar ne...