verbode liefde

75 0 0
                                    

Alle name, gebeure is fiktief.
Let daarop DAT sommige kruwoorde voorkom!
Dit is slegs n verbeelding van die apartheidsjare.

Gebruik  diskressie.....
Volwasse leesstof.....

Hoofstuk een

Die wind piets geniepsig teen Anna se brandend wange.
Haar gedagtes beredder die oortredings van haar hart, tolbosse windverwaai teen die aanslae van haar emosie, vergrepe na ontvlugting!

Anna sit en tuur oor die verlate vlaktes heen, dor.
Haar lang bruingebrande bene teen haar ken gestut.

Haar gedagtes dwaal ver paaie, weg van al die onmin,haar vader se vurige geaardheid!
Die ewige struweling tussen hom en die plaaswerkers.

Apartheid wat seevier tussen rasse,kultuurgroepe.

Cari haar boesemvriendin kom vly haar langs haar neer.

"Penny vir jou gedagtes?" n skewebek glimlag omring haar sagte pienk mond.

Anna wyf die gedagtes met die waai van haar hand,onrusbarend haar gemoed.

Die struwelinge verdwerg die plaasopset,haar pa se voortdurende drang na alkohol.
Haar ma se bitter lydensbeker.

Cari omvou haar arms om haar vriendin, le haar donker hoof teen die blondekop meisie s'n.

Jare se kameraadskap,saam die plaas skooltjie bygewoon.
Hul sameswering" till death do we part!"

Hoe begeer haar hart, n geseende lewens wens vir haar "kammie!"

Aaron, die plaasaarbeider se seun, beloer  die twee van n afstand,as Anna se Vader moet weet  van sy onbekende gevoelens teenoor haar sal alle hel losbars.

Swart en wit is verwyd van die grenslyn!

N hotnot sal nooit gepas wees vir die pragtige Anna nie!

Aaron bal sy vuiste teen sy mond,uiter n kragwoord.
Bliksemse apartheid!
Die leedvermaak se soetdrange!
Soos n siekte van outyd!
Besmet met elke asemteug!
Die vuilgoed beredder op n ashoop, gestroop van alle emosies, oordonder n donker skaduwee, n skeldnaam.

Anna vee die graspolle van haar ligbruin broek, beweeglike aanstaltes terug plaashuis toe,

Saam stap hul in diepe stilswye,elkeen se gedagtes onherbrugbaar.

"Anna?sien ek jou later?fluister sy digby haar " kammie se  oor.
Kobus se  bulderende stem weerklief die plaaswerf.

Cari druk haar teen haar vas, n sagte drukkie teen haar maat se  hand.

Simpatie flits in die donkerbruin oe, vermoedens hoog verydel!

Kobus se tirannie skroot soos warm lava,donder oor die opstal.

Haar moeder het haar uit die voete gemaak, aandete voorberei.
Sy voortdurend sleeptong irriteer haar ietwat en verdwyn stilletjies na haar kamer.

Waarom Moes drank die middelpunt van hul eentonige bestaan wees.
Hartseer druk  sy haar kop diep teen die sagte kussing  en gee haarself oor aan  die verdriet en trane wat onverbloemd teen haar wange afstroom.
N beter toekoms, verlede tyd se onvervulde drome?

Verbode LiefdeWhere stories live. Discover now