verbode liefde

43 1 0
                                    

Hoofstuk twee
Onbeheersde skeldwoorde bars oor Kobus se lippe,sambokhoue reen oor die verskrikte jong werker se rug.

Lafras tree nader,moord in sy donker oe.

Weerhou hom daarvan om sy werkgewer te lyf te gaan.

Kobus strompel binnenshuis,sy drank benewelde asem klief deur die soel naglug.

Anna sluip kombuis toe,ledig die laaste melk in die glasbottel, keer terug na haar kamer .

Die flou liggie van die kers flikker skadus teen die growwe wit muur,

Haar gedagtes keer terug na die aanranding op Buks, diep gekelder voel sy die pyne wat teen sy lyf reen.
Sy krimp ineen,dolke snydend deur haar gemoed.

Haar hand reik uit na haar verslete ou dagboek.
Haar hartsgeheime toegesluit en versluier teen indringers oe.

Haar enigste besitting!

Koesteringe van n tyd toe haar lewe ongekimpliseerd was, verlede tyd!

Die skel skreeu geluid van n jong haan, ruk haar wakker van stormagtige drome.

N nagmerrie wat so werklik is, haar moeder wat alleen swoeg teen die vergetel aangesig van haar Vader se drankeuwels.

Demone wat uitreik na haar.
Bloedbeholpe OE en lang kloue grypend na haar bleekwit keel, krete wat ongehoord verbygaan.
N donker kis wat saamsmelt met eindelose bloedvloei.

Aaron maak sy opwagting met n mandjie varsgeplukte vrugte.
Sy tone boor in die blinkgepoetse houtvloer van die warm kombuisie.

Die reuk van varsgebakte brood sweef deur die klein vertrek.
Vinnig le hy die mandjie op die donkerhout tafel neer en maak hom uit die voete.
Anna glimlag onderlangs,
Wonder wat hy makeer?

Gebukkend sit by voor die ou kremetart boom, sy oe gekeer na Bo......
Waarom moet Al's soo ingewikkeld en seer wees?
Hoekom Moet hy swart wees,hoe hunker hy daarna om haar styf teen hom aan te druk, haar te koester en te Bemin!

Haar weg te neem van al die ellendes, n nuwe hart se hongersnood!

Verbode LiefdeWhere stories live. Discover now