verbode liefde

24 1 0
                                    

Hoofstuk sewe..

Soet drome vervul haar wese, sy nabyheid,riviere van storms woed teen haar gemoed.

Die teerheid in sy oe.

Sy byt haar onderlip, haar hart meegesleur deur hunkering......
Die soeke na sy liefde...

Die oseane van onblusbare passie in sy oe.

Sal haar trane, purper kelders wees van n verlore siel?
Afgemete liefdesvlam, stuiwend teen die reen?

Aaron....
Sy vereelte hande wring saam, hy moet haar weer sien!
Die verlange verterend soos oranje gloed se vuur!
Hunker...... na haar nabyheid...

Die wil om  by haar te wees, haar gesindheid,
Haar Redes bestaan?

Die omgee kom le wasig teen sy hart...
Hoe verstaan sy hom, ken sy harts gebaar!

Ritmies teen versnelde hart se liefdesdans......

Daardie nag sit hy voor die klein stuk kerslig, druppend teen die vergeelde blaker, pen in die hand.

Liewe Anna

Die gemis word al erger, wat sal my bestaan sonder jou wees?

N somer sonder goudgeel son.
Winters in my gebroke hart......

Ek het besluit om more vroeg hiervandaan te vertrek.

Wag vir my!
Liefde Groete
Aaron

Met n onstuimige hart wat in sy borskas klop, begin hy sy koffers pak,Somersdal se stof van sy voete af te skud!
Die plek behou geen bekoring vir hom meer.....
Verlore gees se kind!

Stadig dreun die ou afgeleefde wit bakkie oor die oopvlakte,
Die knop in sy keel,maak hom telkemale snak na sy asem.
Hortend teen die pyn!

Sy Vader se bedroefde oe swem voor hom......
Die beàarde hande vlugtig op sy hoof gele,
Sy moeder se hart verskeur, pynkrete teen die droewig wind, ylend teen haar hoof......








Verbode LiefdeWhere stories live. Discover now