verbode liefde....SLOT.....

27 0 1
                                    

Hoofstuk dertien....

Stadig kruie die ou verweerde bakkie al skuddend teen die stowerige grondpad, Aaron trek sy swart baadjie stywer teen sy koue arms heen.

Anna!Hoe graag sal hy haar wil sien, haar vashou,
Die rustigheid waarna hy verlang het,
Beskut en veilig, geborgenheid.
Vry!
N wrang glimlag omvou die kepe van sy mondhoeke...
Sal sy hom weer kan vertrou, haar hart aan hom verleen?
Vergewensgesind wees?

Sal hy net die ruglose bliksem wees, wat haar n toekoms ontneem het...?

Anna.......
Die wind huil om die hoeke van die wit afgepleisterde mure van Leliesfontein.
Anna se barenstyd het aangebreek....

Geduldig dra Tant Truia warm water aan, spons telkemale die vrou voor haar se natgeswete hoof,
Haar gesig vertrek van pyn.....

Kobus sit met sy hande saamgeflans in die klein voorportaal, net om dralend sleepvoetig by die kamerdeur aan te leun..

Na wat voel soos ure wat breek kom die verlossing!
Saggies le Truia die bondeltjie in die pienk kombersie in Anna se wagtende arms neer....

Aaron en Kobus stamp gelyktydig die donkerhout deur oop.

Skaam en verlee tree albei nader.
Kobus wink Truia nader, sy hand op haar slap skouers.
Laat die twee alleen.

Aaron le sy hoof teen Anna se voorkop.
Rou snikke verswelg sy liggaam..
Sidder teen hul aanslag...
Anna le die bondeltjie in sy arms.
Bewend van ingehoue emosie sus hy, die dogtertjie.
Anna glimlag saggies en teer.

Wel hier begin die storie se einde!.....

Wie weet wat die toekoms bewaar?

In elkeen is daar goed en kwaad.
Liefde en Smart......
Al is elkeen dalk verskillende rasse, kulture,

Geloof,
Ons het Een Hart......
En daar eindig dit.....
Geloof, hoop en Liefde.
Maar.... Hiervan bly die Grootste .......
Die Liefde.

Verbode LiefdeWhere stories live. Discover now