Een: Plaatkoekies en sjokoladesous

3 0 0
                                    


Dis waar: Alle engele hou van kos.

Hulle eet baie en is altyd honger.

Vandat ek kan onthou is dit so.

Liewe leser ek word genoem Hein Klerk.

Hein is nie 'n familie naam nie.

My ouers het dit lank terug gehoor.

Toe noem hul my sommer net dit.

My lewe het te doen met engele.

Ek kan jou baie vertel van hul.

Maar bo alles hou enegle van eet.

Niemand weet hoekom hul so eet nie.

Maar dit is goed so, dit is.

Daar is min boeke soos hierdie boek.

Glo wat jy wil, dis die waarheid.

Ek kan al jou uitdrukking hier beskou.

Engele hou van eet, bid en dien.

Engele eet baie en is altyd honger.

Maar as hul bid is dit anders.

Daar is 'n God wat altyd luister.

En die engele ken daardie God goed.

Ek het al gekyk hoe hul bid.

Dis nie soos wat mense bid nie.

Hul taal is sag en amper dof.

Net hul lippe beweeg, geen ander spier.

Hul oë toe amper asof hul slaap.

Al die engele bid wanneer hulle kan.

Die gebede is lank en altyd passievol.

Dan kom ons by die laaste werkwoord.

Engele se grootste eer en diepste roeping.

Hul almal wil, kan en moet 'dien.'

Engele beskerm die mense in ons land.

Hulle is altyd besig om te dien.

Ek weet hoe groot verskil hul maak.

Hulle dien deur die dag en nag.

Want engele slaap nooit, dit is so.

As engele dien verwag hul niks terug.

Meeste mense weet nie eens dit gebeur.

Om te 'dien' is soos 'n vetkoek.

Die engele is die olie, die hitte.

Sonder die olie word niks gaar nie.

Mense se lewens is rou sonder hulle.

Engele eet baie en is altyd honger.

Dit is hoekom ons die restaurant besit.

Loexinash is die naam in engele taal.

Raziel het vir my sy betekenis vertel:

Dit is iets soortgelyk aan 'lekker kos.'

Woorde wat pas by so 'n restaurant.

Ek maak al kos vandat ek onthou.

Kos vir engele, regte engele met vlerke.

Hulle is my vriende, hulle is vriendelik.

Om so groot te word is goed.

Of so glo ek my hele lewe.

Ons restaurant en die engele maak sin.

LoexinashWhere stories live. Discover now