Ek weet daar is iets groots fout.
Nog voor ek my oë stadig oopmaak.
Nog voor ek uit die bed klim.
Daar is harde stemme wat buite raas.
Mense wat skree en mense wat huil.
Ek kan nie hul woorde uitmaak nie.
Dalk is heirdie deel van my droom?
Maar die stemme gaan nie weg nie.
Dit is skemer en die aarde nuut.
Weereens probeer ek hoor wat hul sê.
Dit is my Pa wat so praat.
Hy is benoud en hy is kwaad.
Ek dink ek hoor vir Dane ook.
My niggie is in trane, sy huil.
Wat op aarde kan nou gebeur het?
Ek spring op en hardloop na buite.Almal staan daar om die groot gat.
Die hele Klerk familie kyk na my.
Dane is ook nog in haar pajamas.
Sy huil, haar oë is klaar geswel.
Ek kyk na my Ma en Pa.
Hul altwee het trane in hul oë.
Lou hou my Ma se hand vas.
Sy kyk met groot oë na my.
Oupa Jaivyn is besig om te praat.
'Hy sal nooit kan terug kom nie.
Dit is die reëls. Dit is geslote.
Ons moet aanvaar dat hy weg is.'
'Kan die engele ons nie help nie?
Ek is seker hul kan hom kry.
Dalk op vlieg en terug bring hierheen?'
My Pa is desperaat, hy is vasberade.
Oupa Jaivyn skud sy kop en sug.
'Nee, Igmar is weg vir altyd.
Hy sal ons nie eers onthou nie...'
'Igmar?' skree ek. 'Wat het hy gedoen?'
My Ma skud haar kop en huil.
'Hy het by die verbode leer afgeklim.
Dane het hom gesien deur haar venster.'
Oom Ruben praat stadig, met groot skok.
'Igmar?' skree ek weer. 'Maar hoekom dan?'
Ek onthou hoe hy hier gesit het.
Net 'n paar dae terug, onthou ek.
Hy het toe al 'n besluit gemaak.
Ek is geskok en kyk weer rond.
Almal staan om die leer en wonder.
Wat gaan van Igmar word daar onder?
'Ek dink dis nou 'n goeie tyd.
Tyd om vir Igmar totsiens te sê.'
Oom Ruben kyk om na ons almal.
'Ek sal begin: ek gaan hom mis.
Igmar was 'n sterk en trotse seun.
Hy was altyd gretig om te help.
Ons was almal baie lief vir hom...'
'Nee!' skree my Ma. 'Hou nou op!
Ons gaan hom terug kry ek sweer.
YOU ARE READING
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...