Dertien: Hoenderbredie

2 0 0
                                    


Ek wou heel eerste vir Igmar vind.

Ek wou hom sien en hom vashou.

Hy sal my dalk nie onthou nie.

Maar daar moet iets in hom wees.

Iets wat hom laat onthou en omgee.

Ek is sy ma, weet hy dit?

Ons band moet tog iets hier beteken.

Kaapstad is nog altyd 'n groot stad.

Daar is baie strate en baie huise.

Igmar kon enige plek wees of bly.

Waar moet ek begin om te soek?

Die engele het ons verlaat en gelos.

Ek het nog nie Raziel gesien nie.

Het Uziel hom gered en daar uitgekry?

Het Loexinash nou regtig tot niet gegaan?

Is daar 'n plan vir ons familie?

Ek wil niks hoor van Yaro nie.

As ek kon sou ek hom skei.

'n Nuwe lewe begin met die ander.

Veral met Igmar en veral met Lou.

Ek moet iewers begin om te kyk.

Ek los Lou by Yaro en Aia.

Hulle weet wat ek nou gaan doen.

Hulle vra nie vrae en keer nie.

So ek begin stap, ek vorder vinnig.

Ek kyk na huise en baie geboue.

Ek moet sê Kaapstad is baie besig.

Loexinash was rustig,'n groot stil paradys.

Nou is daar karre wat orals skel.

Mense wat skree en rond hardloop.

Ja, ons lewens het so vinnig verander.

'n Vreemde vrou kom na my toe.

Sy gee my 'n masker en verdwyn.

Ek kom dit nou eers regtig agter.

Almal loop met maskers rond, amper almal.

Ek sit my masker aan en sug.

Dit voel of die masker my versmoor.

Maar om Igmar te kry is belangriker.

Daar is min hoop oor vir vandag.

Stadig draai ek terug na my mense.

More sal ek Igmar kry en vashou.

Dit vat my vier dae en nagte.

Die engele is weg, ons is alleen.

Ons almal slaap in 'n oop veld.

Ons weet nie wat gaan gebeur nie.

Maar na vier dae kry ek Igmar.

Hy staan op 'n hoek en bedel.

Ek erken hom dadelik, hy is vuil.

Hy het baie gewig verloor sien ek.

Igmar het 'n bord in sy hande.

Maar my kind bly my liefdevolle seun.

Ek huil, ek hardloop na hom toe.

Voor hy kan keer druk ek hom.

LoexinashWhere stories live. Discover now