Vier: Gebraaide uieringe

2 0 0
                                    


Ek en Netzach hou van skaak speel.

Ek het hom al vier keer gewen.

Die ander kere is hy te goed.

Ons spel gaan partykeer vir ure aan.

Ek konsentreer en gee my heel beste.

Vandag is ek wit en hy swart.

Ek maak 'n slim skuif en grinnik.

Netzach kyk nie na die bord nie.

Sy oë is agter my, hy staan.

Meteens is die restaurant stil en donker.

Die ligte flikker en party gaan af.

Buite het die wolke ook nader gekom.

Hul is grys, 'n lelike diep skadu.

Ons almal draai om en kyk rond.

By die ingang staan daar 'n man.

Hy het swart oë soos 'n put.

Hy het donker hare en donker klere.

Hy stap in asof hy hier hoort.

Hy skree as hy praat: hard, duidelik.

'So dit is waar julle almal vergader.

Ek het geweet daar is so plek.

'n Restuarant vir julle klomp, julle engele.

Ek kan die kos ruik, amper proe.'

Die man stap nader, hy kyk rond.

'Gaan julle my nie kos gee nie?

Waar is julle maniere? Is julle doof?'

Die man stap tot voor ons tafel.

Hy kyk diep binne in my oë.

''n Mens?' dit laat hom hard lag.

'Julle maak die kos nie self nie?'

'Dit is genoeg Kokabiel,' sê Netzach sag.

Kokabiel draai na Netzach en leun vooroor.

'Genoeg? Ek het nou eers weer begin!'

Ek is bang, ek wil weg hardloop.

Maar my voete is swaar soos lood.

Kokabiel is 'n demoon, 'n aaklige gedierte.

Iemand wat ek nooit wou ontmoet nie.

Hoe op aarde het hy hier gekom?

Ek kan sien ander engele wonder ook.

Kokabiel geniet die skok op ons gesigte.

Sy hande is groot en baie grys.

Saggies skraap hy my wang en lag.

''n Seun tussen die engele! Oh! Oh!

Kan jy ooit hul taal goed verstaan?

Die taal wat die engele mos praat.'

Ek knik my kop, 'Ja, ek kan.'

Kokabiel stap nog nader aan my sy.

Hy is koud en hy is grillerig.

Maar sy woorde maak my meteens hartseer.

'Jy gaan soos al die mense sterf.

Die engele gebruik jou net liewe seun.

As ek jou goeie raad kan gee:

Kom weg! Kom weg saam met my!'

LoexinashWhere stories live. Discover now