Tien: Karamelkluitjies

2 0 0
                                    


Uziel, my broer, het my kom red.

Hy was nog altyd 'n sterk engel.

Niemand kon ooit deur die muur nie.

Die kamer was beskut en altyd toe.

Ons het almal aanvaar dit is so.

Ons kon net in die kamer kom:

As dit tyd is vir 'n liggaam.

Net dan, anders bly jy ver weg.

Die kamer was betower en 'n mysterie.

Die hout vloere en mure 'n geheim.

Die grootste geheim is egter die stoel.

Wie hom daar geplaas het wonder ek.

Hoe hy gemaak is weet geen engel.

Die stoel en die kamer is geheimsinnig.

Maar alle stories het so 'n towerkuns.

Die kamer is oud. Ek weet dit.

Daar is altyd 'n engel in hom.

Vir vyf dae lank. Net so lank.

Dan kom die volgende engel en liggaam.

Soos 'n fabriek wat werk en produseer.

Vyf dae is tog 'n lang tydperk.

Ek sou dink net 'n paar uur.

Maar vyf dae is hoe dit is.

Die stoel en hout mure is afgewerk.

Engele het respek vir die kamer.

Maar Uziel het alles vandag weer verander.

Hy het vinnig deur die muur gebreek.

Dit is iets wat ek wou sien.

Uziel het wel 'n paar keer geskop.

Hy het die skildery afgehaal met respek.

Toe kyk hy so na die muur.

Buite is al die engele baie benoud.

Engele wat skree en engele wat vlug.

Uziel het nie van my vergeet nie.

Hy het my tog onthou; sy broer.

Hy moes my wakker kry. Hy het.

Dit het lank gevat met min tyd.

Min tyd om die engele te help.

Min tyd om vinnig weg te vlieg.

Min tyd om 'n besluit te neem.

Uziel hou aan op my skree: 'Raziel!'

Ek knik. Ek reageer op my naam.

Ek kyk af en sien my hande.

Hul is klein en het lang vingers.

Ek kyk rond. Die muur is oopgebreek.

Stukke hout lê orals. Dit is chaos.

Ek is eintlik lus om te slaap.

My gedagtes was so oop en lekker.

Uziel kyk rond. Hy was al hier.

Maar die gebreekte muur maak alles dof.

Ek wikkel my tone en my fingers.

Ek kan voel. Ek voel my hare.

Is die vyf dae dan al verby?

LoexinashWhere stories live. Discover now