Igmar en Uziel kyk toe ek gaan.
Vir een of ander rede bewe ek.
Ek is onseker en ek is nuuskierig.
Maar bo alles verwag ek die ergste.
Ek kyk terug: Uziel skud sy kop.
Die gebou lyk verlate en ietwat leeg.
Maar ek weet dat Raziel binne is.
Uiteindelik kom ek by die groot deur.
Die afgelope paar dae was 'n nagmerrie.
Hoe kon alles so vinnig skeef loop?
Loexinash het alles bymekaar gehou vir my.
Die resturant was soos hemel op aarde.
Raziel was Raziel en ek was ek.
Die Klerk familie was toe nog familie.
Ons het nog die lekkerste kos gemaak.
Die Klerk familie was toe my vriende.
Ons was gelukkig. Ek was toe gelukkig.
My hande lyk bleek en baie wit.
Ek vat aan die deur se handvatsel.
Ek druk teen die deur en skrik.
Die deur gaan maklik oop vir my.
Binne is dit donker: daar's donker skaduwees.
Maar ek durf nie binne gaan nie.
Dit is 'n moment wat lank duur.
Ek dink. Ek dink sommer aan alles.
Yaro. Al my tyd saam met Yaro.
Hy flits voor my oë en gedagtes.
Yaro. Ek leun teen die groot deur.
My asem is swaar en ek sidder.
Yaro. My man. Die man van Loexinash.
Die aand voor my troue was stormagtig.
Die wind het baie gewaai om Loexinash.
Mens kon dit hoor om ons huise.
Ek kon nie slaap of rus nie.
In my hart was daar groot twyfel.
Ek was dankbaar vir hierdie groot avontuur.
Om te kan kosmaak en engele dien.
Loexinash was definitief nie die probleem nie.
Ek sou inpas. Ek sou kos maak.
Ek was dadelik deel van die restaurant.
My bydrae sou goud wees weet ek.
Maar Yaro is 'n ander dieper storie.
Hoe het ek so 'n man lief?
Om te trou gaan vir ewig wees.
Ek ken glad nie Yaro se hart nie.
Yaro wat so erenstig en bedees lyk.
Hy glimlag skaars. Hy kyk skaars rond.
Hoe gaan ek hom dan lief kry?
Al my vrae het geen antwoorde nie.
Yaro. Wie is die man nou eintlik?
Dit was vir my 'n groot bekommernis.
Ek sou Yaro moes soen en omgee.
Ons sou 'n paar kinders kry daarby.

BINABASA MO ANG
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...