Die lewe vat snaakse draaie met ons.
Voor Loexinash het ek in Pretoria gebly.
Ek het toe by my ma gebly.
My pa was iewers sonder ons twee.
Ek het my pa skaars leer ken.
Dis moeilik om so groot te word.
Om altyd te wonder wie hy is.
Maar ek het groot geword sonder hom.
Op die einde was my ma genoeg.
Sy was meer as net 'n ma.
Sy was my enigste vriendin en familie.
Ons het alles saam gedoen en gemaak.
Ja, veral kos gemaak, die lekkerste kos.
My ma het my leer kos kook.
En sy het my leer goed bak.
Min wetend dat ek dit sou gebruik.
Dat ek dit vir ewig sou doen.
My ma se storie is egter hartseer.
Toe ek sewentien word het alles verander.
Sy kry kanker. Sy word baie siek.
Die dokters kan ons nie help nie.
Ek leer vinnig om alleen te wees.
My ma gaan dood van skadelike kanker.
En ek bly alleen, ek word eensaam.
Daardie tydperk was baie donker en seer.
Ek was in 'n gat wat brand.
Niemand kon my troos of bemoedig nie.
Al wat ek kon doen was bak.
Al wat ek kon doen was kook.
Die kompetisie het gekom as 'n roeping.
Na die tyd was die waarheid eenvoudig.
Die engele het die kook kompetisie opgemaak.
Dit was alles hulle plan en idee.
Hul moes vir Yaro 'n vrou kry.
'n Vrou wat kan kook en bak.
Die kompetisie was die maklikste manier daarvoor.
'n Kook kompetisie met 'n groot prys.
Almal wou deelneem en die prys wen.
Die kompetisie se inskrywings was oral bekend.
Ek het my inskrywings vir hul gestuur.
Fotos van alles wat ek kon maak.
Toe bel hul my, ek het geslaag.
Die volgende rondte was 'n bietjie moeiliker.
Ons was uitgedun tot net 24 mense.
Ek was desperaat vir enige tipe verandering.
Enige iets wat my verlede laat wegraak.
Ek maak toe my gunsteling vleis: Blatjang-tjops.
Dis eenvoudig maar smaak soos die hemel.
Die beoordelaars het gelukkig baie daarvan gehou.
Ek was nog nooit so trots nie.
Ek weet my ma sou ook wees.
Die ander deelnemers was egter ook goed.
Almal het geweet wat om te doen.
YOU ARE READING
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...