Een van die groot vensters is gebreek.
n Voëltjie het in hom vas gevlieg.
Dit het al 'n paar keer gebeur.
'n Venster kry 'n lang gebreekte lyn.
Of die vensters kraak van die wind.
Of die vensters kraak van 'n storm.
Partykeer vlieg die voëls heeltemal te vinnig.
Dit is wat sekerlik hier gebeur het.
Ons gaan die gekraakte venster moet vervang.
Die kraak strek al oor my uitsig.
Dis asof hy weet wat gaan kom.
Dalk is 'n deel van my gekraak.
Dis moeilik om die venster te vervang.
Veral nou dat die leer weg is.
'n Hele paar engele sal dit doen.
Hul sal met 'n venster moet opvlieg.
En dan die ou gebreekte venster uithaal.
Die son kom stadig deur die wolke.
Dit is vroeg. Ek is amper alleen.
Net Behati en Uziel is in Loexinash.
Behati hou haar besig met die tafels.
Uziel sit oorkant my en lees stadig.
Hy blaai meer as wat hy lees.
Hy kyk na prentjies van verskillende perde.
Hoekom dit hom interesseer weet ek nie.
Uziel was nog altyd lief vir perde.
My fingers is so geel dit brand.
Dit is tyd vir my nuwe liggaam.
Ek gaan anderste lyk en anderste voel.
Lank en lenig of kort en dik.
Hierdie was sover my gunsteling liggaam gewees.
In die 1800s was ek in Indië.
Verder was Suid-Afrika amper altyd my tuiste.
Ek was saam met die Voortrekker mense.
Ek was saam met die Engelse weermag.
Ek was saam met die Khoi-San groep.
My verlede is soos al die engele.
Intens en 'n ware belewenes van geluk.
Maar in hierdie liggaam was ek anders.
Ek het gevoel soos 'n jong man.
Net my vlerke was eintlik heilig gewees.
Ek was amper menslik in die restaurant.
Veral met Behati en veral met Hein.
Daar moes seker groter gevolge gewees het.
Dinge kon nie regtig so aangaan nie.
Ek het my roeping nie gedoen nie.
Ek het gesondig. Net soos 'n mens.
Hoe kan ander engele na my kyk?
Hoe kan ek weer na myself kyk?
Maar my nuwe liggaam is vir oorbegin.
Hopelik ver van Behati en die restaurant.
Loexinash sal aangaan met al die engele.
Ek weet die Klerk familie sal aanhou.
YOU ARE READING
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...