Twee: Aspersie-en-soetrissie-slaai

2 0 0
                                    


'Julle moet mooi luister na my.'

Oupa Jaivyn kyk na my en Igmar.

Ons het vanoggend vir hom kom kuier.

Dit is iets wat ons gereeld doen.

Dan vertel hy ons stories en fabels.

Ek wonder soms of hul waar is.

Maar hul is goed, altyd, baie goed.

Oupa Jaivyn hou sy kierie styf vas.

Al sit hy hou hy dit vas.

Hy leun efens vooroor, sodat ons hoor.

Sy grys hare min, sy oë helder.

Ek en Igmar sit stil, albei tjoepstil.

Ons weet nog 'n storie is oppad.

Soos met my boeke lief ek dit.

Stories vat my na ander wêrelde toe.

Ek raak verlore in hul diepe intriges.

Ek voel soos die karakters, die helde.

Ek verstaan hoe om te veg, roekeloos.

'Jule moet vandag mooi luister na my.

Ek gaan jul 'n groot geheim vertel.

Iets wat niemand al gehoor het nie.

Net ek en dan nou julle weet.'

Igmar knik, hy wil weet, hy luister.

'Ek gaan julle van my lewe vertel.

Hoe ek by die restaurant aangekom het.'

Ek en Imgar knik, ons bly stil.

Dit wys dat Oupa Jaivyn kan voortgaan.

'Ek het net sestien jaar oud geword.

My partytjie was 'n fees weet jul.

Net soos wanneer julle verjaar elke jaar.

Ons het almal om die tafel gesit.

My ouers het my nog geluk gewens.

Toe is daar 'n man by ons.

Ek het hom nog nooit gesien nie.

Hy het baie kalm vir my geglimlag.

Ek het om my gekyk, gewonder, geweet.

Net ek kon hom sien, net ek.'

Ek leun nader, ek wil alles hoor.

'Toe loop die man, die engel, weg.

Hy het geweet ek sal hom volg.

Ek het vinnig na die tafel gekyk.

Almal wie ek lief het was daar.

Maar ek het dit net innerlik geweet:

Ek was reg vir 'n nuwe avontuur.

Ek het geglimlag vir my ma en pa.

Ek het hul nooit weer gesien nie.

Toe volg ek die engel sonder vrees.

Buite ons huis het hy weer gestaan.

Hy het nog steesd niks gesê nie.'

'Watse engel was dit?' vra Igmar saggies.

Oupa Jaivyn knik, 'Dit was Michael gewees.'

'Michael? Maar ons ken hom dan nie?'

'Hy was nog nooit weer hier nie.

LoexinashTempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang