Vyf: Melktert

2 0 0
                                    


Ek het al baie van Metatron gehoor.

Sy is een van die vroulike engele.

Vandag is sy met ons, by Loexinash.

Wit vere, wit vel en wit rok.

Al die ander engele luister na haar.

Ek sit by Raziel en by Uziel.

Daar is baie ander engele ook hier.

Meer as nog ooit tevore, almal saam.

My Ma gee melktert vir die engele.

Ek kyk hoe hul almal dankie sê.

Maar ek verstaan nie die samekoms nie.

Die atmosfeer is tens en baie koud.

Nog engele kom in om te luister.

Hul vlieg almal tot by ons restaurant.

Loexinash is nou amper soos 'n hof.

Die engele is hier om te praat.

Ek verkyk my aan die baie vlerke.

Mooi sagte vere van baie verskillende kleure.

Engele wat lank, kort of lenig is.

Ander engele met groot neuse of ore.

Die engele kom nie agter ek's hier.

Hulle fokus op Metatron, sy staan voor.

Die melktert raak nie op of minder.

Op 'n manier kry almal 'n stuk.

My Ma het genoeg gebak vir almal.

Uiteindelik is daar nie plek oor nie.

Ons is so gepak, ek beweeg skaars.

Almal draai na Metatron wat begin praat.

'Ons laaste ontmoeting was na die oorlog.

Die Tweede Wêreld Oorlog, so lank terug.'

Die engele skud hul koppe, hul onthou.

'Hierdie keer is ek bevrees dis erger.

Of wat begin het kan nog vererger.'

Ek kyk op na Raziel, hy luister.

'Ek kom van Asië vandag, van China.

Ek het 'n lelike dood daar ervaar.

'n Man wat nie meer lewe nie.

Sy longe het ingegee, net so maklik.

Hy het warm koors gehad, erg gesweet.

Sy familie moes by hom aangesteek het.

Twee weke later is hul ook dood.'

'Baie mense gaan so dood,' sê Uziel.

'Dis 'n griep of dalk 'n verkoue.'

Metatron skud haar kop en gaan voort.

'Ek het begin rondloop en oral kyk.

Meer mense was siek as ooit tevore.

Almal met dieselfde simptome en dieselfde tekens.

Die nuus sal binnekort in Suid-Afrika aankom.

Hul gaan dit 'n pandemie hier noem.

Oor 'n maand sal die wêreld anders lyk.

Ek glo vas ons is weer in paniek.'

'Kan ons dit stop?' wil Yomiel weet.

So begin die ander engele ook praat.

LoexinashWhere stories live. Discover now