Ons hou hom al vyf dae dop.
Hy lewe alleen maar doen goed orals.
Hy is 'n ouer man, seker veertig.
Maar alles wat hy doen maak sin.
Bo alles het hy 'n goeie hart.
'n Mooi hart wat omgee en dien.
Ons het toevalig saam op hom afgekom.
Ek en Uziel soek al orals rond.
Zaklele Fuze is moontlik die regte man.
Iemand wat die Klerk familie kan help.
Hy is sterk met gretige groot hande.
Dit lyk of hy goed kos maak.
Eintlik baie goed. Nog 'n plus punt.
Ek dink Loexinash sal hom goed doen.
Uziel is haastig. Hy wil dadelik voortgaan.
Zaklele bly alleen in sy groot huis.
Sy vrou is 'n rukkie terug oorlede.
Al wie oorbly is sy aangetroude seun.
Die seun sien Zaklele minder en minder.
Hy het sy eie lewe en doel.
Daarom is Zaklele regtig alleen. Dodelik alleen.
Blykbaar is daar nog 'n tante iewers.
Sy is blykbaar nie in Suid-Afrika nie.
Dalk Amerika? Ons weet nie regtig nie.
Zaklele bly egter positief. 'n Mooi voorbeeld.
Hy het genoeg geld om te oorleef.
Maar ek kan sien hy soek meer.
Iets in hom wil nie bly nie.
Sy werk is te eenvoudig. Te dieselfde.
Sy lewe te klein en te verbeeldingloos.
Zaklele Fuze kort 'n nuwe beter doel.
Loexinash is sekerlik die antwoord vir hom.
Die Klerk familie sal hom almal verwelkom.
Ek het 'n goeie gevoel oor hom.
Sy nuwe doel in Loexinash is groot.
Hy sal dien en help kos maak.
Hy sal dus 'n nuwe familie kry.
Ek ontmoet hom op die regte tyd.
Dit is belangrik om normaal te lyk.
Om te wys ons is goeie engele.
Om te wys ons gee regtig om.
Dit is die grootste uitdaging vir ons.
Ons wil Zaklele nie weg jaag nie.
Maar ek besef ons tyd is min.
Ek klop aan sy deur vier keer.
Uziel staan langs my en is styf.
Ek kan voel hoe hy stadig asemhaal.
Ons het nog nooit dit gedoen nie.
Nie in honderde jare nie. Nog nooit.
Dit is nie eintlik ons werk nie.
Zaklele maak die deur oop. Hy glimlag.
Dadelik weet ek ons het reg gekies.
'Kan ek julle dalk help?' vra hy.
YOU ARE READING
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...