Nie baie mense sal jou glo nie.
As jy sê dat jy my ken.
Of dat jy na my geluister het.
Min engele erken dat hul engele is.
Vandag erken ek dit net aan jou.
Ek is 'n engel. Glo my tog.
Ek kan vlieg met my groot vlerke.
Ek dien altyd waar ek kans kry.
Ek ken God en ek ken Jesus.
Maar soos alle engele moet ek eet.
Dit bring my tot by die restaurant.
Loexinash, geleë net onder die Kaapse punt.
Ek kom hierheen vandat hy oop is.
Die Klerk familie is my goeie vriende.
Maar meer as dit, ek bewaar hulle.
Ja, ek is Raziel, die engel, Raziel.
Ek kyk rustig uit oor die oseaan.
Behati het vir my heerlike visfrikkadelle saamgebring.
Dit is 'n baie lekker familie resep.
Buite is die storm in volle gang.
Ek het lanklaas so 'n storm gesien.
Die weerlig laat die restuarant skoon ruk.
Dit reën verskriklik, geen maan wat wys.
Die storm is soos die COVID-19 virus.
Die hele wêreld geskok en heeltemal verslaan.
Wanneer sal dit ophou? Hoekom so lank?
Ons engele eet baie (veral by Loexinash).
Dit is omdat ons nie slaap nie.
Of net geleer het om te ontspan.
Ons ontspan wanneer ons by Loexinash is.
Loexinash word nog donkerder, dit is nag.
Ek voel hoe die koue hier draai.
Maar ek besef dit is iets anders.
Dit kan nie die storm wees nie.
Die koue klou aan my borskas vas.
My wange kan skaars beweeg of voel.
Ek weet die ander engele voel dit.
Die hele Loexinash het meteens stil geword.
Net die reën en weerlig is hoorbaar.
Ek draai om te kyk na almal.
Ek verwag om 'n demoon te sien.
Maar dit is definitief nie een nie.
Die koue kom van iets heeltemal anders.
In die deur staan hy soos altyd.
Groot en gruwelik, die koue om hom.
Hy dra sy swart kroon met eer.
Maar ek sal hom geen eer gee.
Sy hol oë het amper geen kleur.
Oral om hom is net donker skadus.
Hy beweeg in hierdie skaduwees van homself.
Hy het geen vlerke maar kan vlieg.
Dit is die engel van die Dood.
'Wat soek jy hier?' vra Yomiel hom.
YOU ARE READING
Loexinash
General FictionLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...