Sewe: Ribbetjies met braaisous

2 0 0
                                    


Jy sal my nooit vang slaap nie.

Ek raak nooit moeg of treurig nie.

Engele waak in die dag en nag.

Ons is oral, altyd, ons is daar.

Ons is hier, ons is met jou.

Woorde van engele is soos soet heuning.

Maar ons praat dit net in geheim.

Daar is nie baie sulke woorde nie.

Maar een woord beteken baie verskillende dinge.

Jy sal dit interessant vind dink ek.

Die tale van die engele maak sin.

Dit is gepraat deur al die eeue.

Selfs voor die Bybel is dit daar.

Voor Moses, voor Jakob en voor Abraham.

Ons taal is net soos soet heuning.

Hein het daarvan gehou, hy het.

Hy wou ons taal self ook praat.

Daar is dinge wat hy wou doen.

Soos saam my gaan in die wêreld.

Hy wou altyd saam na Suid-Afrika gaan.

Dit is te laat vir sulke goed.

Ek hou Igmar dop die hele dag.

As jy hom sien sou jy huil.

Hy is verwildered en hy is deurmekaar.

Maer en verlate staan hy en bedel.

Kaapstad is sy nuwe huis en blyplek.

Maar ek twyfel of hy dit verstaan.

Sy oë kyk rond en fokus nie.

Hy is vuil, hy het lanklaas gebad.

Is dit die Igmar wat ek ken?

Igmar eet wat hy kry, hy huiwer.

Min mense kyk eers sy kant toe.

Hy is net nog 'n arm kind.

Sonder 'n ma en sonder 'n pa.

Sonder 'n familie wat vir hom omgee.

Nie eers 'n vriend om te gesels.

Hein het Igmar altyd 'n held genoem.

Maar Igmar het nie 'n swaard nie.

Hy het geen kleed om te wys.

Daar is niemand om te juig nie.

Niemand sien hom raak, of gee om.

Ek weet dit is nie regverdig nie.

Hy het so baie gehad in Loexinash.

Igmar was so gelukkig en geliefd daar.

Hier onthou hy heeltemal niks daarvan nie.

Hy kan skaars regop of wakker staan.

Ek weet dat hy baie honger is.

Ek sien nou Igmar het 'n bord.

Iemand het daarop geskryf (dit is Engels).
'No food, no home, please help me.'

As ek dit lees begin ek huil.

Loexinash is vol kos en lekker dinge.

Loexinash is die Klerk familie se huis.

LoexinashWhere stories live. Discover now