Ek het Igmar verloor en toe Hein.
Geen mens kan soveel seer beleef nie.
Dit het eintlik nogals vinnig gebeur ook.
Igmar het van daardie simpel leer geklim.
Ek het hom soveel keer mooi gewaarsku.
Hy was oud genoeg om te verstaan.
Igmar is nou seker in die Kaap.
Ek kan hom egter nie bereik nie.
Hein se dood is anders as dit.
Het Hein geval of gespring? Of albei?
Iets in my dink dit was albei.
Dat hy ook weg is, is onwerklik.
Daar is egter 'n verskil tussen hulle.
Igmar lewe nog, Hein is weg, dood.
'n Ma blameer haarself na so iets.
Was ek dan nie lief genoeg nie?
Of streng genoeg? Of net daar nie?
Ek moes oor die gat gaan staan.
Die heeltyd hul albei dophou en kyk.
Die gat en die leer toets mens.
Net ons Klerk familie word daardeur getoets.
Die engele kan vlieg en oral gaan.
Ek wens die leer was vroëer weg.
Dan sou ek een seun oor hê.
Lou en Yaro mis hul net so.
Die hele Klerk familie mis die seuns.
Dit is onregverdig. Ek sê dit baie.
Partykeer wonder ek hoe dinge gaan eindig.
Nie alle lewens het mooi eindes nie.
Nie alle stories is so soetsappig nie.
Ek wens Igmar en Hein was hier.
Die kombuis het nog nooit verander nie.
Loexinash, 'n restaurant vol geluk en vreugde.
Na soveel jare lyk alles net dieselfde.
Dieselfde engele kom en gaan maar altyd.
Ons Klerk familie werk hard en toegewyd.
Raziel help met die daaglikse kos aankope.
Ons elkeen weet wat word nou verwag.
Selfs die kinders doen hul deel hier.
Maar dit is nie net werk nie.
Ons dans en sing en lag dikwels.
Daar is stories van die ander lande.
(Stories wat Hein my altyd vertel het.)
Stories van engele en stories van mense.
Ek het lanklaas 'n kerriepastei alleen gemaak.
Gewoonlik help Aia my met die vleis.
Maar Loexinash is te besig en vol.
Die grootste geheim is altyd die voorbereiding.
Die deeg moet 'n rukkie buite staan.
Die son doen dit goed, dink ek.
Ek braai solank die vleis en uie.
Die lekkerste geure vul die hele kombuis.
Die kerriepastei se resep het ek gebring.
KAMU SEDANG MEMBACA
Loexinash
Fiksi UmumLoexinash is meer as net 'n restaurant. Dit is 'n restaurant vir engele want alle engele hou van kos. Die wêreld tussen engele en mense kry 'n nuwe betekenis wanneer Hein sê hy is 'n engel-mens. Maar sal Hein kan vlieg? Sal Hein die taal van die eng...