Vyftien: Koeksisters

2 0 0
                                    


'Raziel?' roep ek weer die donkerte in.

'Uziel en Igmar het my hierheen gebring.

Ek moet jou sien, met jou praat.

Alles het so vinnig verander vir ons.

Loexinash is weg, klaar, in stukke...'

My stem bewe en ek is bang.

Wat wag vir ons? Wat is hierdie?

Dan hoor ek 'n geluid nader kom.

Die liggie volg die geluid na my.

'n Geskuif, iets wat sleep, baie stadig.

Al wat ek kan doen is praat.

Dalk is hy bang of het seer?

Maar ek ken Raziel, hy is braaf.

Partykeer is hy nie 'n engel nie.

Hy was altyd anders as die ander.

Ek praat weer, die donkerte om my:

'Ek het Igmar gekry. Hy is buite.

Die res van die familie is weg.

Hul het my en Igmar laat gaan.

Dit was 'n groot geveg en fiasko.

Hoe het jy in die gebou gekom?'

Dan ruik ek 'n tipe brand reuk.

Dit is so sterk walms tref my.

Ek hoes, ek luister weer na Raziel.

Uiteindelik praat hy maar baie, baie sag,

'Uziel het my hierheen gebring dink ek.

Ek weet nie hoe baie dae nie.

Bly waar jy is. Moenie nader nie.'

'Ek wil jou sien,' sê ek saggies.

Ons gefluister eggo deur die hele gebou.

'Is jy seker,' sê Raziel bietjie harder.

'Ja, ek moet jou sien, ek moet.

Ons kan nou saam in Kaapstad bly.

Ons sal 'n lewe vir onsself maak.

Alles sal uitwerk, kom Raziel wys my...'

Die geskuif is weer oral om my.

Die klein liggie het lankal dood gegaan.

Ek's nie seker waar Raziel is nie.

'Goed dan, gaan terug na die deur.

Die skakelaar is langs die groot deur.

Dan sal jy my ten volle sien.'

Ek is 'n bietjie gedisoriënteerd om my.

Ek voel-voel oral tot by die muur.

Dan voel ek die deur se handvatsel.

Ek voel langs die deur vir iets.

Die muur, vloer en deur is koud.

Ek skakel die lig aan: dit flikker.

Oral om my is 'n helder lig.

My oë sukkel om gewoond te raak.

Ek draai, ek skree, ek is verbaas.

Voor my staan 'n gruwelike tipe dier.

Die heel eerste ding wat ek kan dink:

Dit is nie Raziel nie. Nee... nee...

LoexinashWhere stories live. Discover now