Jare later wens ek nogsteeds die kar sal stadiger ry.
Vir 20 jaar staar ek,
Vir 20 jaar droom ek,
Eendag, dink ek, maar eintlik, nooit.Ek soek nie 'n mansion nie,
Ek soek nie 'n groot kombuis,
Of 'n grand televisie nie.
Ek soek vintage meubels,
En hout vensterrame.
Ek soek 'n storie.Die son skyn nie die helfte so lig,
Soos in jou hoekie nie.Ek dink aan jou eienaars.
Miskien 'n bejaarde paartje.
Hulle kinders is al lankal nie meer in die huis nie.
Hulle drink partykeer tee in hulle tuin.
Die karre deur die dorp is hulle al lank gewoond.Elke Sondag middag eet hulle tuisgekookte kos.
Haar ma het haar geleer hoe.Vir 20 jaar staar ek,
Vir 20 jaar droom ek.Party dae dink ek aan hoe jy gebou was.
'n Ou myner,
Of 'n ryk handelaar.'n Storie is agter jou, huis.
Jou deure mag dalk geslote wees,
Maar ek soek heeldag na die antwoorde.
Ek bestudeer die wind deur jou bome,
Kyk na die mooi van jou kuns.Eendag, dink ek.
Maar eintlik, nooit.2022/10/21
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!