Aan Vincent
Danie sê die son skyn helder op Sometsetwes,
Maar in jou arms is dit asof elke ligstraal my vel wil raak.
Jy praat, en dis soos 'n vakansie by die see,
Asof ek op die strand sit,
En al my bekommernisse wegdwaal saam met die golwe.Daar is net soveel wat ek kan doen,
Maar jy is alles wat ek nie is nie.
Die goed in jou laat myne lyk soos 'n skaduwee.Ek het oop wonde,
Rofies wat ek oopkrap elke dag,
Elke uur.
Maar jy tik my op die hand,
En sê dit gaan okay wees,
En ek voel myself dit glo.Jy praat van 'n toekoms,
En ek sien dit in die blou lug oppad Pretoria toe,
'n Klein babatjie met jou hare,
'n Vintage tafel in ons sitkamer,
Blomme in my hare op ons troudag.Dis 'n groen lewe,
Vol van die bome wat ek altyd so lief was voor.
Dis geel, en blou, en mooi.2022/12/05
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!