Ek wonder wat dit is om in jou vel te wees,
Om die lewe te hê wat ek nooit kon nie.Ek wonder hoe dit voel om op ander oewers te staan,
Om fotos te neem in eksotiese plekke,
Om 'n toekoms te hê in 'n plek wat jou dit toelaat.Ek wonder hoe dit voel om te weet jy sal dit maak,
Om nie elke dag in angs deur te bring nie,
Om geleentheid te hê om altyd te verander.Ek wonder,
Maar tog, in my vel,
Bly ek.2022/11/11
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!