Gedig Aan Die Bruidegom

0 0 0
                                    

Soos 'n blindende lig is U heiligheid.
Op die troon van ewigheid,
Aan die regterhand van die Vader.

Daar sal ek staan,
In U troonkamer en altyd sing.

Want U het my kettings gevat en verbrysel,
My las gevat en op U eie skouers gevat,
Soos 'n kruis wat op 'n heuwel gedra was.

Ek was die moordenaar langs U,
Die dief en die egbreker,
Die blinde, melaatse, gebroke vrou.

U het my hand gevat en gesê,
"Kom ons begin oor, my dogter",
En so begin ons oor,
In 'n ewige liefdestorie,
My oë gerig op U glansrykende gesig.

2022/11/09

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now