Aan Vincent
Die aand toe ek jou ontmoet,
Het die sterre geskree oor ons toekoms,
'n Getekende prentjie,
'n Gevormde beeld.In die koue somersaand,
Het ek my gunsteling geel serp gedra,
Gearmd met my versigtige hart,
Soveel kere tevore gebreek.
Maar jy het my in jou sagte arms gevat,
En my porselein stukkies bymekaar gehou,
Terwyl hulle stuk-stuk op die vloer geval het.Oor vyf maande trou ons, herhinner ek jou,
Jy is opgewonde.
Dit het net 24 jaar en 3 maande gevat,
Maar ons lewe sal so begin.
Met jou glimlag,
En my versigtige hart.2023/02/22
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!