Ek sou nou alles gee vir 'n soet granaat,
Vir jou glimlag tussen die wingerd.
Ek sal alles gee vir 'n drukkie hello,
En 'n slap grappie in daai unieke toon.Partykeer as die lewe te veel raak dink ek terug,
Aan die dag toe ons weghardloop van 'n kwaai ram,
En hy jou sussie stamp.Ek dink aan die dae toe ons agter in jou Ouma se huis pa en ma gespeel het.
Ek het so geglo eendag dat ons gaan trou,
Dat ons daai agteraf plaas ons huis gaan maak.
Soveel planne, soveel drome.Maar eendag is net nog 'n reëndag,
En môre word ek nie wakker langs jou in 'n klein bedjie nie.Ek wens so ons kon teruggaan, my liefling.
Ek wens so ek kon jou weer sien 'n heining vir my laaghou om deur te klim,
Of klavier speel met jou as my dominee,
Wens ek kon tyd terugdraai en elke oomblik saam jou weer en weer oorleef,
Maar ons is nie meer daar nie.En vandag is ek terug in die stad.
2020/05/27
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!