Aan V
Vanoggend het jy weggeraak in die sonopkoms,
Daar was 'n karavaan agter julle kar,
En trane in my oë.Ek sê vir myself "net drie weke",
Maar eintlik dink ek "'n ewigheid".Jy het laat gaan van my hand,
Te vinnig.Ek sê vir myself "jy moet skryf",
Maar eintlik dink ek "hoe?"Ek het gestaan in die koue wind,
Terwyl jy aan die slaap probeer raak het in die kar,
Jy het nie teruggekyk nie,
Maar as jy het sou jy die trane vlak in my oë gesien het
In my geskeerde ligpienk hemp.Ek sê vir myself "drie weke",
Maar eintlik dink ek "ware liefde is anders".Agt ure terug was ek in jou arms gewees,
En nou sit ek op jou bed,
Die hartseer wil nie my liggaam verlaat nie,
Jou kamerdeur is toe.Ek sê vir myself "hy is nie hier nie",
Maar eintlik dink ek "hy gaan nou instap".Jy praat vanaand oor hoe die Gariepdam gelyk het.
Daar is vreugde in jou stem,
Ek is jaloers,
En ek weet nie hoe om vir jou te sê ek huil weer nie,
So ek laat die trane stil by my wang afloop.Ek sê vir myself "dit sal vinnig wees",
Maar eintlik dink ek "hy is nie hier nie".2022/12/16
ŞİMDİ OKUDUĞUN
Die Taal Van My Geboorteland
Şiir'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!