Is Dit Okay

28 2 0
                                    

Is dit okay, liefling,
As ek voel ek kan nie meer nie,
En jy is my anker wat my vashou op die rof see?

Is dit okay, Engel,
As ek 'n verlange in my het elke dag?
'n Verlange wat my opeet,
Wat my lewe omver gooi?

Is dit okay, lief,
As ek jou sien,
En my hart gaan staan in my borskas?

Is dit okay?
Is dit okay dat ek 'n geluk in my het oor jou,
En 'n hartseer sonder jou.
'n Gat wat weier om toe te gaan?

Is dit okay, vra ek?
Is dit okay dat ek my hart vir jou gee sonder pretensie,
Sonder beheer?

Is dit okay dat ek lief is vir jou?

18/04/2018

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now