Die Pad Na Rustenburg

17 0 0
                                    

My kinderdae was gevul met kaalvoet advonture,
Met granate eet reguit van die wingerd af,
Met heinings wat vas gehou word sodat ek kan onderdeur klim,
Met blonde hare en baie lag.

My kinderdae was gevul met lekker plaaskoffie,
Met gemelkde koeie vyf uur in die oggend,
En dan natuurlik, dieselfde grondpad,
Oor en oor,
Met 'n treinspoor waaroor ons dikwels oor moes ry.
My voete het nooit die bodem van die grond gesien nie.

Ek onthou saam swem in klein poeletjies.
Ek onthou pop speel in 'n deurmekare agterkamertjie.
Ek onthou hoe ons so baie gemaak het asof ons daai ou klavier kon speel.

Jare later sit ek voor daai klavier.
Ek kan hele liedjies speel.
Maar agter my is daar nie 'n speel-speel dominee nie.
Ek sien nêrens daardie ou gesange boek nie.

Ek sien net die fraksies van herhinneringe geskater hier en daar.
Hier is 'n skrapie van hoe ons, ons name probeer skryf het,
Daar is die grondpad wat ons menigmale geloop het.
Hier in my hart is 'n verlange na die goeie ou dae.

In daardie selfde kombuis is die herhinnering van 'n seuntjie,
Hy maak sy hart oop teenoor 'n lewenslange vriendin,
Wat nounet vir die eerste keer in haar lewe aartapels geskil het.

Ek wonder sal dit vir enigiemand meer sin maak,
As wat dit vir ons het?
Kan jy nog die groen bome sien?
Die waterval waar ons, ons toekoms beplan het?

Jare later, slegs 'n skadu teen die muur,
Lê ons.
Ons harte nou verdeeld in ander direksies,
Ons lewens nou 'n ewebeeld van net hoe ver ons vriendskap ons gedra het.
Die laaste keer wat ons mekaar gesien het  was so lank terug
Ek kan nie eers meer jou hand voel in myne nie.
Ek kan nie eers meer jou stem hoor of jou woorde nie.

Ek wonder...
Kan jy?

03/05/2018

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now