Aan V
Agt uur in die aand is daar net een stem wat my kan wakker maak,
Stil soos die wind aan die buitekant van my venster,
Diep soos die sterrelose lug.Die wolke in my is die son in jou,
En die maan in jou is die sterre in my hemelruim.Ek sien jou môre,
Sing elke stem in my hart,
Maar vanaand praat ek oor alles en niks,
My hart oop in jou arms soos die boeke wat ek vir jou lees.Jy moet gaan,
Nee, bly,
Tog is dit totsiens.2022/11/25
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!