Uit Jou Oë

3 0 0
                                    

Die wind het my deurmekaar gewaai,
Ek verstaan dit nou.
Dit het my gewaai in die braasbesies in,
Daar waar dit my gevlek het
Met die wete dat ek nie meer kon nie.

En daar het ek geskree tot my stem hees was,
Maar my liefde het nooit teruggekom nie.

Jy was die goue lig in my donker,
Eens.
Maar ek het opgegee.
Kan jy sien hoekom?
Sal jy my glo as ek sê ek kan nie meer nie?
Sal jy my vergewe?

2022/11/05

Die Taal Van My GeboortelandWhere stories live. Discover now